Nog ‘n “dude” daarmee-heen…

1850e71756d74196f562c15db4981563

Ek is maar tranerig vandag ná die nuus van Chester Bennington se dood.  Op die dag wat Chris Cornell sou verjaar het – ‘n goeie vriend van hom wat ook op 18 Mei vanjaar sy eie lewe geneem het.  Bennington het nog “Hallelujah” gesing op Cornell se begrafnis.

Wat de moer?  As dinge só aangaan sit ons op die einde net met “Bubblegum Music” – Justin Bieber, Miley Cyrus, Selena Gomez… fokken die Van Jaarsveld-clan en Kurt Darren.  Nee kak my ore gaan nie gelukkig wees nie…  Wie is volgende?  Eddie Vedder?

Onder is ‘n boodskap wat Bennington geTweet het ná Cornell se dood:

DAHoAlcXkAA375l.jpg

‘n Duet deur Bennington en Cornell:

 

Een ding is vir seker.  Waar hulle ookal is, vandag word daar êrens in ‘n ander dimensie befokte goeie musiek gemaak en ek wens ek kon dit aanskou!

Rock on!

 

Stiefpa – Die Einde

Dit was in Desember 1998 toe my ma my kom sien het en my meegedeel het dat sy besluit het om my stiefpa finaal te los.  Sy het vir my ‘n paar rand en haar kar sleutels gegee en gevra dat ek, my sussie en my boyfriend van daai tyd (ôg, ek was GEK oor hom, maar daai is ‘n storie vir ‘n ander dag…) die volgende dag afry kus toe na my oupa-hulle toe.  Ek dink nie sy wou ons blootstel aan die trauma wat sou volg nie.  Ek moes ook my woonstel sleutels vir haar gee net vir ingeval my stiefpa sou weier om uit die huis te trek en sy ‘n plek van veiligheid sou nodig hê.

Ons het ‘n gatskop-tydjie by die see gehad ná die jaar se kak-en-drama.  Ek het nie met my ma kontak gemaak om te hoor hoe dinge by die huis gaan nie want ek het nie werklik vertoue gehad dat sy hom vir goed gelos het nie.  Ek het ook nie meer omgegee nie.  Sy het hom dan al soveel keer gelos en teruggevat en ons lewens in die proses verontrief.  Een oggend toe sit ek op die trappie by my oupa se huis en kyk oor die see uit toe my oupa langs my kom sit en vra:  “Waarom het jy nie vir my gesê julle is hier omdat jou ma besluit het om hom te los nie?”  Ek:  “Want my sussie weet nog nie, en ek weet nie of dit werklik finaal is nie… oupa weet mos wat laas gebeur het met die egskeiding toe ons ook hier kom kuier het?  Die dag ná die egskeiding in die hof gefinaliseer was, toe vat sy hom terug.  Ek vat haar nie meer ernstig op nie want sy het hom ook al ‘n paar keer weggejaag ná hulle geskei is.  Ek het geen geloof in haar meer nie…”

Toe sê my oupa:  “Nee, nee… hierdie is finaal.  En dit is lelik.  Hierdie ding gaan Hooggeregshof toe.  En ek dink nie jou ma het die geld om hom te betaal wat hy nou soek nie.  Pleks sy hom maar net nie teruggevat het in 1994 nie.  Nou het sy baie om te verloor…”

Dit was nie ‘n egskeiding per se nie, omdat hulle nooit weer getroud was ná hul egskeiding in 1994 nie.  Maar, daar was regsaspekte omdat hy her-aangestel was as ‘n mede-direkteur  van die besigheid.  Omdat hy so te sê net met ‘n kar uitgestap het, het hy besluit om my ma hof toe te vat.  En toe besluit my ma se moer, sy gaan hom roer vir onderhoud vir my sussie.  En so het hulle mekaar heen en weer gedagvaar vir goed waarvan ek al vergeet het…

Toe ons van die see af teruggekom het, toe sit ek sonder ‘n woonstel.  Ek is met my vakansie-tassie reguit na my ma se huis se spaarkamer toe.  My ma het gaan staan en my woonstel sleutels vir my stiefpa gegee en hy het toe eenvoudig besluit om te plak.  Kyk, en hoeveel simpatie ek ookal met my ma gehad het, ek WOU nie weer saam met haar óf my stiefpa onder een dak gebly het nie.  Sy het maar net aangeneem dit sou vet-pret wees, sy en haar twee dogters onder een dak, maar dit het lelik ge-backfire want ek was bitter heilig oor my woonstel gewees.  Plus, die elektrisiteit en Telkom rekeninge was in my naam.  My meubels, my klere… fokken alles.  Skielik bly my grootste aardsvyhand in my persoonlike spasie, op mý onkoste en SY het hom daar gesit!

Ek was verby befok vir haar!

Met my stiefpa wou ek niks te doen gehad het nie.  Alle oproepe van hom het ek geïgnoreer en kontak met hom geweier.  Hy het my een aand gaan opsoek by ‘n nagklub wat ek gereeld besoek het.  Ek moes later uitvind dat hy toe my boyfriend gebel het om uit te vind waar ek op waste tye sou wees sodat hy my kon sien – op daardie stadium toe voel ek asof almal om my besig was om aan my holhare te krap want duidelik dink ék anders as wat mense vermoed.  Toe ek hom sien instap toe het my hart amper gaan staan.  Ek het na hom gestorm en, in pleks van ‘n drukkie en ‘n soen op die wang toe skree ek op hom:  “Waar is my woonstel se sleutels?!”  Hy wou nog maatjies maak toe laat ek hom net mooi verstaan dat ek ‘n veer vir hom voel nie.  Dat hy volgens my van die aardbol kan verdwyn en dat ek nie van plan is om kontak met hom te behou nie.

Met die commotion in die club toe raak hy hardegat met my en sê vir my:  “Máák my daar uittrek!” en dít is waar ek besef het dat ek nou ‘n plakker sit…

Ek het in die dae daarná in ‘n diep depressie geval en my ma het dit goedgedink om my vol Valium te pomp.  Een Saterdag het ek nog so gelê en slaap in die spaarkamer en toe word ek vir ‘n oomblik uit my semi-koma uit wakker.  Uit die venster kon ek sien waar my ma en my boyfriend op die swembad se rand sit – sy met haar voet wat vroetel tussen sy bene.  Ek het destyds nie geweet of ek beneweld was en of ek dit werklik gesien het nie, maar vandag weet ek dat, wat ek gesien het, werklik gebeur het want sy het jare daarna dieselfde met my tweede man gedoen.  Vrouens wat besig is om te skei of vars uit ‘n lang verhouding is, is gevaarlik.  En ek veralgemeen nie.  Ek was ook daar!

My stiefpa het geweier om uit my woonstel te trek en ek moes weer begin werk het maar hy wou my nie toegang tot die woonstel gee om ordentlike werksklere te gaan haal nie.  Ek het ál meer frustreerd geraak want ek het gevoel dat my ma hierdie kak veroorsaak het deur my woonstel sleutels vir hom te gee.  Ek het toe eenvoudig geweier om terug te gaan werk toe.  Ek het basies vir haar laat weet:  “Ek gaan nie werk toe voordat jy nie hierdie kak uitsorteer nie”.  Ek het ge-strike, maar vreedsaam – al wou ek haar fokken huis afbrand.  Al wat ek wou hê was om terug te wees in my woonstel, alleen, weg van die insanity wat volwasse mense in my lewe veroorsaak het.  Terug in my spasie waar daar orde en vrede heers.  Weg van almal wat besig was om my te na te kom.  Ek het ook my munisipale- en telefoon rekeninge vir my ma gegee om te betaal want ek het gewéét my stiefpa sou nie.  “Jou probleem… Betaal!”

Om ‘n lang storie kort te maak:  Dinge het ál meer smerig geraak en ons het ‘n advokaat in Pretoria gekry – ene Barry Roux wat vir Oscar Pistorius verteenwoordig het.  Tóé begin dinge gebeur.  Hy het sommer vinning ‘n uitsettings bevel gereël – my stiefpa het ‘n uur gehad om my woonstel te ontruim.  Ek onthou hy was briesend!  Hy het al my panties en bra’s op die grasperk van die woonstelblok gegooi.  Daardie tyd was die woonstelle nog nie omhein nie en dit is geleë op ‘n hoekerf in die sentrale besigheidsdistrik.  Die hele dônnerse dorp moes die spektakel beleef!

‘n Interdik (met ‘n Sielkundige se verslag) is ook uitgereik met Barry se hulp.  My stiefpa mag my glad nie gekontak het of binne ‘n sekere afstand van my gekom het nie.

Op die ou einde het die hof beslis dat my ma my stiefpa R200 000 moet betaal, wat my oupa toe gedoen het want regskostes is nie perdekoop nie.  Ons het hard ge-party toe alles uiteindelik verby was.  Maar, in my agterkop het ek nog steeds gevrees dat my ma hom sou terugvat.  Tot vandag toe kry ek gereeld nagmeries dat hy weer terug is in ons lewens.

In 2009 het ek hom weer vir die eerste keer gesien by my sussie se verjaarsdag partytjie en ons het soos beskaafdes gepraat en selfs so bietjie grappies gemaak.  Hy het gesê hy verlang na my, en toe hy die Tiener sien, toe kry hy trane in sy oë.  Ek het my kind gevat, in my kar geklim en vroeër huistoe gegaan.  Ek sien net nie weer kans nie…  Mense verander nie.  Verál nie Narsissiste nie.

My sussie trou op 28 Oktober en hy gaan daar wees.  Hierdie tannie gaan in ‘n donker hoekie met ‘n láng dop sit en alles geduldig aanskou want my ma en my tweede stiefpa (wat ook net so ‘n drol is – net ‘n bietjie meer pateties) se gatte is nog lekker suur vir hom en ék gaan nie my sussie se troue bedônner nie!

cd7e0f56ff1881c6dc7032def4f6dbb5.jpg

Dag 1

So, daar is nou ‘n nuwe neut wat jy in klein stukkies sny en fyn maak en jou blykbaar inside-out skoon skrop.

So, ek het nou so twee maande se voorraad by my dealer gekry en gisteraand my eerste dosis gevat.  En soos wat ek maar van nature is, het ek so bietjie méér gevat as wat die tannie op YouTube aanbeveel.  Met ander woorde, as ek vir my ‘n “Katjie” gooi, dan gooi ek altyd ‘n bietjie méér as die gebruiklike dubbel in.  As ek bubblebath in my badwater gooi, dan gooi ek twee proppies in pleks van een.  Ek was so toe ek gerook het ook – daai single pulle was nie vir my nie.  Ek het all the way ge-double-clutch, pappa!  Julle wil nie weet hoe ek tekere gegaan het met die morfien-pompie toe ek ‘n rugoperasie gehad het nie!

Anyway, so hier-en-daar ‘n amperse  nat-poep gehad maar niks ernstigs nie.  Deur die nag moes ek baie opstaan om te gaan pieps en ek het erg gesweet maar die tannie op die YouTube video sê dit is normaal.  Mens detox op drie maniere:  sweet, pis en skeit.  Vanoggend het ek lekker met my selfoon op die kakhuis gaan sit en dinge het sy normale gang gegaan.

Ek het vanoggend ‘n pomelo en yogurt geëet (wat sommer kak is want ek hou van bacon, eiers, toast, gebraaide tamatie en baked beans vir breakfast) en ek is toe werk toe met ‘n lied in my hart want  “If junk goes in, then junk comes out” – só sê die tannie op YouTube.

By die werk gekom toe begin die poppe dans, hoor!

Nou, ek is nie ene vir publieke toilette nie maar hierdie ding is ‘n perd van ‘n ander kleur!  Daar waar jy plek kan kry om te skeit, daar moet jy skeit want ek gaan beslis nie my nuwe Ginger Mary outfit bekak nie!  En ek het bootse aan… ôg nee ek… ek KAN net nie!

Ek het nog my kantoor se deur oopgeruk om toilette toe te sukkel (want mens is te BANG om te hardloop) toe staan iemand voor my:  “Mê’m where’s the union?” (want daar staan mos Information Centre op my fokken voorkop!)  Bliksem, en dit is nie in my aard om mense ‘n dowe te klap en net weg te wagel soos ‘n pikkewyn nie maar hierdie whitey gaan haarself nié vandag verneder deur te skeit in die gange nie!

Ek was in totaal dertien keer vandag toilet toe en ek is saf, fokken sáf geskeit!

Dit is seker veilig om te sê dat ek ge-overdose het!

Dit voel nou of dinge bedaar het.  Ek dônners hóóp so want ek moet netnou ‘n leerling-agent vat om huise te gaan canvass in die lanie woonbuurte…

Tsk… Wat ‘n vrou nie alles sal doen om maer te word nie!

 

Stiefpa – Laaste 3 Jaar…

Ode aan my stiefpa…

Ná skool is ek vir ‘n jaar Potch toe gestuur na ‘n – wag vir dit, nee fokken-wag-daarvoor – AFRONDINGSKOOL toe.  Daai was ‘n paar duisend randjies wat in die gutter (saam met ‘n paar van ons meisies) beland het.  My ma en stiefpa het seker gescheme hulle stuur hul rebel weg sodat sy ‘n dame kon terugkeer en die fêmily-empire tot verdere hoogtes kon opbou.

Toe nou fokken nie, hoor!

Nou moet julle ook mooi verstaan, teen daardie tyd was ek net mooi gatvol vir my stiefpa se kak.  Ek het vir my so oulike prim-en-proper boyfriend gekry dat ek tog net soms uit die huis uit kom gaan want ek mag nie eers gepoep het sonder dat my stiefpa ondersoek ingestel het nie.  Hy het dit so onaangenaam gemaak, ek sweer.  Daar was al ‘n aanrandingsaak en ouens wat by my kom kuier het was gedreig met vuurwapens.  O fok nee, al die drama!

In pleks van ontpop in ‘n dame, het ek al die ander meisies leer rook en drink, in manskoshuise en kokkelol-jolle rondgehang  en gelewe op rysslaai, Bully Beef en dooswyn.  Ôg, ôg en Bourbon’s Street se Gummy Berry Juice!  Totdat al die kapperjolle een aand ‘n vieslike nadraai gehad het en ek dieselfde lot oorgekom het as talle ander studente meisies wat nooit-ooit daaroor  sal praat nie.  My drankie was gespike.  Ek was onsedelik aangerand deur ‘n paar studente wat onderwys geswot het.  Al wat ek kon onthou was dat ek in ‘n leë koshuiskamer wakker geword het sonder my denim aan en toe ek vrae begin vra, toe word ek ‘n pakkie morning-after-pill in die hand gestop.  Ek het darem ‘n lift huistoe gekry.

Ek het die hele petalje onder die mat ingevee want my stiefpa sou mý vrek gemaak  het.  En, tot vandag waar ek hier sit voel ek dat dit my skuld was.  Wat het ek in elke geval in ‘n manskoshuis gesoek?

Maar dit is nou verby… Ek praat nie weer daaroor nie.  Die Tiener weet daarvan want sy is vies omdat ek haar nie weg wil stuur om te gaan studeer nie.  Mens dink mos omdat die outjies bevoorreg en gekultiveerd genoeg is om te gaan studeer dat hulle die shit is, maar onheil broei ook tussen die grootste kennis en klas…

Ná Potch is ek terug na my ouerhuis – alles behalwe ‘n dame – en het ek dadelik begin werk by die familie besigheid as ontvangsdame.  Ek kon nie weer aanpas deur saam met my ouers onder een dak te woon nie, en het ná vier maande in een van my ma se woonstel ingetrek.  En moenie dink ek het mahala daar gebly nie, hoor!  Ek het deposito betaal en maandeliks dieselfde huur betaal as my buurman.  Ek het met my eie geld geverf, matte ingesit en meubels gekoop.  Swaar tye, maar die beste ooit!  Weg uit Potch en weg onder dieselfde dak as my stiefpa.  Of so het ek gedink…

Hy (my stiefpa) sou allerhande tye van die nag en vroeg soggens by my woonstel aankom om “inspeksie” te doen – om nou te kyk of ander mans nie oorslaap nie.  Hy het my een Sondag gevang maar toe herinner ek hom dat ek huurgeld betaal en my huurkontrak nêrens stipuleer dat ek nie kuiergaste mag hê nie.  Ek het ál meer en meer haatdraend teenoor hom geraak.

In hierdie tyd het ek aansoek gedoen vir werk oorsee.  My stiefpa het my planne daar ook in die wiele gery…

Toe ek nog op skool was het my stiefpa twee groot drukkers op ‘n veiling gekoop en dit was my Sondag-werk so op die sideline.  Dít en vuurwapen-patrone wat ek gemaak het vir die local skietclub.  Behalwe dat hy sy roes afgeslaap het en die geld wat kliënte ons betaal het in sý sak gesteek het – my betaling was ‘n bord Sondag kookkos.  My ma?  Sy was steeds haar patetiese ou-self.  My pa het destyd baie betrokke geraak by die ANC – ek moes self eenkeer ‘n huis vir ‘n sekere Premier (wat steeds sy hand in die jam-jar het en wie se naam ook al in dieselfde sin as die een of ander Gupta genoem is), gaan wys het. Ons moes eenkeer oor ‘n miljoen pamflette vir hulle druk.  Redelike groot kontrak gewees vir ‘n klein besigheidjie wat net van die huis af bedryf word.  Amper in my mond gekots – om te dink ek staan daar in daai yskoue kantoor tot party oggende vieruur en werk en kry nie een dooie sent nie.  Hy het ALLES in sy sak gesteek.

Die kere wat hy op kantoor was het hy my verskree en verneder – soveel so dat ‘n kliënt wat toevallig destyds vir die arbeidsdepartement gewerk het, hom wou rapporteer.  Die kere wat hy nie op kantoor was nie, het hy saam met sy grillerige maatjies by die hotel gaan kuier.  Met hul duur whiskey en sigare en onderduimse gekonkel – die regerende party is nie van vandag af al korrup nie, hoor.  Mandela draai in sy graf om as hy weet waste skuim in sy bedeling al sous geskep het.  Of dalk nie.  Dalk was hy baie goed bewus daarvan.  Maar kom ons soek nou nie vir kak so vroeg op ‘n Maandag-oggend nie.

Voordat ek die kantoor sou sluit, sou hy my bel om sy aktetas vir hom hotel toe te vat.  Dan sal sy skivvy-besigheidskennisse wolf fluit en ktsssss-ktssss en hy sou gedink het dit was ‘n moerse grap.  “Sit, kom drink ‘n dop saam met ons…”  En as ek nie wou nie:  “Sit en doen wat ek vir jou fokken sê. Jy werk vir MY. Wat drink jy?”  Ek:  “Black Label, asseblief…”.  Hy:  “Ek het jou nie grootgemaak om Black Label te drink nie…  Een glas droë wit, asseblief”

Jy fokken weet..!

Die laaste druppel in die emmer water en die eerste keer dat ek vrees in sy oë gelees het, was toe ek en hy ‘n argument gehad het omdat ek my motorhuis se slot afgesaag het.  Ek het die woonstel se sleutels saam met my motorsleutels per ongeluk in my kar gelos die vorige aand en die motorhuis se slot gesluit.  Ek moes absoluut daardie sleutels kry want my sussie het die aand by my oorgeslaap.  As ek alleen was, sou ek dit nog gewaag het om met ‘n oop deur te slaap, maar my sussie is soos my eie kind.  Hy dreig toe om my te dagvaar vir sakebeskadiging, gee my 24-uur kennis om my woonstel te ontruim en hy fire my.  O, en hy vat my kar se sleutels (wat my oupa vir my gekoop het).  Alles net om my bang te maak, ek weet.  Maar sien, daar kom ‘n tyd wat vyftien jaar se bang nie meer lekker afgaan nie.  Maar fokkit!  Ek het al die dokumente en kak van sy lessenaar afgevee en my gesig in syne gedruk en geskree!  “Jy gaan NOU fokken kak jou fokken DOOS!  Vir wat jy aan my ma gedoen het en wat jy aan my gedoen het!”

Ek het toe dadelik my oupa gebel want as daar nou één mens is vir wie my stiefpa skeit-bang was, was dit my oupa.  Kort-en-kragtig het ek my oupa vertel dat ek gefire is, huisloos, werkloos en karloos is en die foon neergesit.  Drie minute later toe bel my stiefpa ewe stroperig:  “Skat, kom kantoor toe om jou kar se sleutels te kom haal.  Kom ons praat hieroor…dit is ‘n misverstand…”  ek het net die foon dood  gedruk.  Misverstand se sussie se vissie! Teen daai tyd het ek al ‘n wasgoedsak gepak en was ek al vêr oppad van almal af saam met ‘n boyfriend want toe begin ek bang raak.  Iemand wat saam met my gewerk het, het my laat weet dat my ma en stiefpa in ‘n flat-spin was want my ouma en oupa was toe oppad van die see af vir damage-control.  Jy sien,  NIEMAND fok met my oupa se witbroodjie nie maar, dit is ook nie noodwendig goed vir my oupa se gesondheid nie en my ouma was toe pas gediagnoseer met Alzheimer’s… en hier staan en loop die witbroodjie weg!

Vir twee dae kon niemand my kry nie, en toe my ouma my eventueel bel toe stem ek in dat ons almal die aand vir aandete by die Spur (Spur – People With The Thirst For Fists!) kan ontmoet en dinge kan uitsorteer,  “dit is besig om jou ma te vang…”  Die ding is, ons kon nooit oor familie-kwessies met niemand praat nie.  Sommige mense het onraad vermoed maar is vining oor die vingers getik as hulle uitgevra het.  Ek mag eenvoudig met niemand, nie my ouma en oupa en selfs die sielkundige oor my probleme met my stiefpa gepraat het nie – anders sou hy die gebruiklike nat belt ingespan het.

Daardie aand toe ek by die Spur aankom, toe sit almal daar.  Lekker gesellig.  Selfs my oom en tannie, niggies en nefie.  Ek het reguit na my stiefpa toe gestap en my hand uitgehou:  “Kar sleutels?”  Hy het dit ewe nederig vir my gegee.  Ek het een-vir-een na elkeen gekyk:  “Ek gaan nie saam met julle eet nie.  Ek gaan nie weer saam met hierdie fokken vark aan ‘n tafel sit en eet nie.  Hy mishandel ons op allerande maniere waarvan julle nie bewus is nie.  Of dalk is julle maar julle kyk net anderpad.  Hy neuk rond met ander vrouens.  Hy dwing my om arbeid te verrig sonder betaling – vandat ek ‘n snot kind was.  Met my matriek eindeksamens moes ek miljoene verkiesings-pamflette druk, deurnag, terwyl hy sy gat lê en afslaap en ek die volgende dag eksamens moet skryf.  Hy het my as kind geslaan dat die hale gesit het.  Hy hou my woonstel dop om te kyk wie kom kuier.  My ma mag maar aangaan met hierdie fake bull-shit as sy wil, maar ek is klaar…”  Ek het omgedraai en geloop…

Daarná toe het die Spur te bestuurder (‘n ou familie-vriend) my nog oor die vingers getik:  “Jy praat nie weer so met jou pa in mý restaurant nie…”  Ek sê toe vir hom:  “En jy?  Wat van die getroude omies wat jy toelaat om jou waitresses te spyker in jou restaurant se toilette?  Jy’s fokken kômmen, man!”  Daai is my relletjie met die Spur!

My ma het my die volgende dag gekontak en gesê dat ek bietjie “time-out moet vat.  Dat sy my salaris sal aanhou betaal.  Ek moes net verstaan dat my stiefpa haar verbied het om met my verdere kontak te hê.  My ouma en oupa is terug see toe sonder woorde – hulle het haar so half-en-half afgeskryf omdat sy my stiefpa bó my gekies het.  Oor die woonstel was ek nie bekommerd nie want ek het hom ‘n jaar vooruit betaal.  Ek het vir ‘n klein koerantjie gewerk maar sou onmoontlik ‘n lewe vir myself kon maak met daardie salaris.  Ek sal my ma ewig dankbaar wees vir haar bydrae.  My gesondheid het baie agteruit gegaan.  As ek nou terugdink, kan ek pin-point dat my angs en depressie in daardie tyd gemanifisteer het.  Ek wou net slaap en slaap en slaap.  Ek sou negeuur saans gaan slaap en eers die volgende middag drieuur wakker word.  Ek is dokter toe en daar is gevind dat dit Post Traumatiese Stres Versteuring as gevolg van dit wat gebeur het.

So twee maande later het ek my ma vir die eerste keer weer gesien en sy het my gesmeek om terug te gaan werk toe.  Vandag weet ek dat my oupa gedreig het om haar te onterf sou sy dinge met my nie regmaak nie.  My stiefpa het sy bes probeer, maar ek?  Ek was klaar met hom…

Met ons laaste werksfunksie met my stiefpa in die prentjie, toe kom hy met so lekker swart shiner daar aan.  Blykbaar het hul buurman die vorige aand die rook uit hom uit geslaan.  Hy en my ma weer een van hul lelike onderonsies gehad en hy het haar rondgejaag met sy pistool.  Hy het die sneller getrek en die buurman skrams gemis.  Dankie-fokken-tog want hy was ‘n  goeie skut.

Eendag toe het daar ‘n pragtige man homself aangesluit by die politieke spulletjie vriende.  Hy was ‘n vlugteling van êrens (onthou ek praat onder korreksie want my ma wil nie meer praat oor hierdie dinge nie) – ek vermoed Irak.  Dit het al te jolig gegaan en my ma het haarself toe betrokke begin maak by hul kuiertjies. Om ‘n lang storie kort te maak:  Die vlugteling het erg verlief geraak op my ma en homself so bietjie meer as wat nodig was in die vriendekring ingewurm (hoewel ek vas glo dat daar nie ‘n affair was nie), hy is skielik dood en toe besluit my ma om my stiefpa finaal te los.

Ook maar beter so.

Ek dink ek was heeltemal in staat gewees om hom (my stiefpa) van kant te kon maak…  Veertig keer, in die hart…  Fok, ek weet selfs waar die kluis se sleutels was waar hy die pistool gebêre het.

Haai, ek praat nie nou mooi nie!  Ek het hoeka ‘n ou vriend gehad wat vandag lewenslange tronkstraf uitdien omdat hy destyds sy stiefpa vermoor het.  Hy en die tuinjong.

Ander se weë is duister…

Friday Playback

  1. “Last Kiss”– Pearl Jam
  2. Jump Around”– House of Pain
  3. “Monkey gone to Heaven”– The Pixies
  4. “Money For Nothing”– Dire Straits
  5. “Walking In My Shoes”– Depeche Mode
  6. “Goodbye Stranger”– Supertramp
  7. “Where Are You Going?”– Dave Matthews Band
  8. “Believer”– Imagine Dragons
  9. “Somewhere Only We Know” – Keane
  10. “Dare”– Gorillaz

 

Last Kiss – Ek fokken tjank sommer myself droog!

Anywhoo:  Julle moet ‘n lekker naweek hê.  Ek gaan so bietjie teken want my Sielkundige dring daarop aan dat ek terugkeer na my kunstige “wortels” – apparently is kuns goed vir die torre in die kop.  Ek het toe besluit op ‘n projek vir my onthaal-area.  Wish me luck want ek het op skool laas geteken.  Ek het kuns gehad tot einde matriek (selfs ‘n onderskeiding op my matriek-sertifikaat gehad – uhm, fokken ja!) maar nooit portrette gedoen nie.  Meer stillewes (en my lewe is álles behalwe fokken stil!) en etse.

Hier is een waarmee ek tans besig is…

aaa4bc60e9086799b82a5dcd22622990

DANNNNNN!  My Bestie-estie (vandat ons negejaar oud is) het teruggetrek en ons gaan so bietjie wyn-proe môre (meer soos shit-faced raak!).  Ek is poep-bly sy is weer terug, die ou bleddie blom van my!

Ok toodles!

 

Mamma se blou swietie..

Kyk, ek is poep-moeg soos wat ek hierso sit.  Ek moet net keer of my kop slat ‘n keyboard!

Ek het so twee weke terug ge-switch na ‘n ligter slaappil want die ene wat ek gebruik het, het my so bietjie-baie opgefok.  Ek het dit altyd “Mamma se blou swietie” genoem, maar later toe is dit nie meer snaaks nie, hoor!  Ek het in my beneweldgeit erg munchies gekry, ‘n paar imaginary friends gemaak en gesprekke met Rummikub teëltjies gevoer.  Nee o fok, die goed het lelik gesmokkel met my kop.  Ek kan nie glo dat dit wettig is nie!  Daai is nou die kak wat ek fyn sou gemaak en gerook het in my jonger dae…

Nou is ek op ‘n (heelwat) ligter slaappil maar ek kry darem ‘n slapie in tot so drie-uur soggens, wat beter is as niks.  Glo my, slaaploosheid kan jou heeltemal van jou sinne beroof!  Die laaste twee aande is egter ‘n bietjie van ‘n fokop!  Maandagaand het ek so drie ure slaap ingekry en ek lê al van vanoggend twee-uur af en tiewie kyk.

Maandagaand, terwyl ek en die Mister geslaap het, toe word hy wakker vir ‘n slukkie water.  Met díé skrik ek wakker en soos mes toe is ek uit daai bed uit en by die alarm se paneel en ek druk toe die panic button want ek reken toe daar is ‘n boef in ons kamer.  Die Mister het sy pis bitter geskrik!  Verbeel jou – jy wil net ‘n happie water vat en dan gaan die sirenes om jou af.  Daar is twee jaar terug by ons huis ingebreek terwyl ons geslaap het en ek dink nie dit is heeltemal uit my sisteem nie – volgens die speurders was daar bewyse dat daar ses van die etters in die huis was.  En deur alles het nie een van ons wakker geword nie.  Dit is ook waar my slaap-probleme begin het.  Fokkit dit voel of jy jou huis wil sloop en oorbou as daar ongenooide gaste by een van jou vensters ingekom het.  Blerrie robbies!

Vanoggend net voor 02:00 toe gaan die TV in ons kamer sommer net vanself aan.  Met die remotes wat daar doer lê en die troeteldiere, bygesê, in hul aangewese slaapplekke.  Soos… wat de fok!?  Toe skrik ek myself des-moers want ek het die ander aand hoeka gesit en skinder van iemand wat dood is toe dink ek so by myselwers:  “Hier’s sy nou, koei!  Mens loop nie en kak praat van die dooies nie!”

Ek kon nie weer slaap nie.  Toe gaan lê ek en Sirens kyk – ‘n redelike ou fliek en ek moet sê, ek het my deel van tiete, bos-mossels en tollies gehad vir die res van die jaar, hoor.  Maar kyk, Elle Macpherson het ‘n mooi paar boobies in daai fliek – Me want toooooo!  Maar nee, ek moet mos my geld blaas op kinders met skewe tande en sulke stront.  En as die tande klaar betaal is dan moet die badkamers oorgedoen word…  So ek gaan maar klyte toe met stel borste wat in ‘n halglike kondisie is (come to think of it… hulle lyk nog oraait as ek my arms oplig…)

Later toe staan ek maar op en braai bietjie uie en gooi ‘n stuk pot-roast en wortels in die slow-cooker vir vanaand se aandete.  By die huis gaan ek net ‘n ou basmatie’tjie en ‘n roast veggie aanmekaar slaan en DAN gaan ek ‘n glas rooi met ‘n kwart blou swietie drink (ek het nog so vyf in voorraad vir noodgevalle) saam met so tien druppels Cannabis oil en in die kooi klim.  Niks se ge-TV kyk en stront vanaand nie.  Ek gaan huistoe, eet, ‘n glas wyn met my meds drink, in die bad klim en kooi toe anders gaan ek dalk net poef aanjaag waarvoor ek nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Lekker aand en soete drome, almal…

Emosionele Vampier…

Julle weet mos ek het al ‘n maatjie van die Tiener genoem wat so half-en-half ‘n kêffie-kat is?  Nou, ek wil nie lelik met die kind wees nie want ek was ook ‘n kêffie-kat en kyk hoe befok oulik is ek vandag, né?  Die Tiener is nie soos ek nie.  Sy maak een maatjie en vir haar is dit genoeg.  Terwyl ek baie vriendinne het (MAAR – ek het net 3 beste-este maters).

Nou met die boyfriend wat uitgemaak het en so aan toe sê ek vir die Tiener dat sy en die maatjie lekker kan jol die skoolvakansie – eintlik maar met die idee dat dit die Tiener se gedagtes van die drol wat haar hart gebreek het sal aflei.

Big-fucking-mistake!

Die woord “Emosionele Vampier” spring onmiddelik by my op as ek aan dié kind dink.  Aan die einde van die dag gaan dit nie meer oor my kind wat ‘n gebroke hart het nie.  O, nee!  Ons sit nou al omtrent ‘n week met ‘n ekstra stel estrogeen onder ons dak.  Voeg daarby ‘n patologiese leuenaar en iemand wat geen, maar GEEN verantwoordelikheid vir haar eie kak vat nie en dan begin jy die negatiewe vibes te voel.  Dis soos statiese elektrisiteit in ons huis met daai kind.  Voel kompleet asof Satan homself ook daar tuisgemaak het!  Nee o fokkit!

Om ‘n lang storie kort te maak:

Haar ma het ‘n woerts-warts verhouding met die pa gehad en toe sy uitvind sy is swanger, toe los sy hom en verbied hom toegang tot die kind.  En met goeie rede – hy was ‘n dwelmslaaf, en is steeds een.  Hy sit basies op straat – een van daai wat ek kort-kort pla en wegjaag terwyl hy en sy tjomme “blue-tooth” met heroin.  Kakker as slangkak!  Ek oordeel nou, ek weet.  Ek het self in my tyd baie kak in my nostrils opgejaag maar myself reggeruk ter wille van my kinders!

Nou, dié het nou besluit sy gaan vir die res van haar lewe teef en teem oor haar patetiese lewe…  “Tannie, my ma voel niks vir my nie.”  “Tannie, my boetie kry al die aandag.”  “Tannie dít”.  “Tannie dát”.  Bitch en moan van die môre tot die aand.  Sy het op ‘n baie vroeë ouderdom seksueel aktief geraak en dit is haar ma se skuld want sy het daddy issues (moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – ek het ook al ‘n ongesonde porsie bedmaats gehad omdat my siening van vaderskap lelik skeefgetrek was toe ek jonger was, maar dit is niemand se skuld nie – stront gebeur!).  Sy het dwelms gebruik en dit is haar ma se skuld want sy wou van die pyn vergeet.  Sy het rondgefok met Ouija en al sulke kak en dit is haar ma se skuld want… fok ek weet nie maar ek weet net dit is haar ma se skuld.  Sy is al geskors uit ‘n koshuis en dit is haar ma se skuld – al het haar ma in ‘n ander dorp gesit.  Sy het gewigsprobleme en dit is haar ma se skuld want sy het low self-esteem.  Sy is gediagnoseer met ADHD en dit is haar ma se skuld – waarom weet ek nie, maar dit IS.  Sy hou net nie op nie!  En, ek moet dalk net byvoeg dat ek al ‘n HELE paar keer met haar ma gesels het.  Daai arme vrou het haar kind al by ál wat ‘n berader, psigiater en sielkundige gehad.  Hulle het min in die lewe, maar sy hou aan fight met die hoop dat haar kind sal regkom en eendag ‘n gebalanseerde volwassene sal word.  Sy het al vir my gesê:  “Ek weet nie meer waarheen met haar nie… ek bid my knieë saf.  Ek vra mos nie vir geld nie.  Ek wil net hê my kind moenie so kwaad en bitter wees nie.”

Jy weet, ekke sit soms álles in die huis af.  Al die radios, TV’s en goeters want ‘n spul geraas werk soms nie lekker met my angsversteuring nie.  Ek onthou nog die een aand (ek het net teruggetrek in my huis, toe ek en my eks besluit het om te skei) het ek al die breakers by die DB Board afgesit want ek kon fisies die elektriese strome hoor en dit het my vreeslik geirriteer – I shit you not!  Daai volgende oggend toe sit ek met ‘n paar rand se skade want die alarm se back-up battery het uitgeloop.  Maar, laat ek terugkom na my storie…

Nou, dié kind het soos ‘n bliksemstraal in my huis gekom en al die goeie chakra energie (of wat de fok hulle dit ookal noem) totaal-en-al opgefok!  Niks voel gebalanseerd nie.  Die negatiwiteit slat jou soos ‘n vuis in die maag as jy by die deur inkom.  Nie eers ‘n duur bottel wyn proe lekker nie – alles wat aangenaam en vreedsaam was in my huis het hierdie kind kom omvêr gooi.  Selfs ouma-kat en my Lexi-hond is omge-ally.  En toe tune sy my nogals een aand:  “Ek wens tannie was my ma… tannie verstaan my…”  Goeie fok, nee!  Toe sê ek vir haar:  “Nee my skat… hierdie tannie se skouers is nie breed genoeg vir al jou kak nie!” (Neem in ag dat ek al ‘n paar glase Chardonnay voor was!)

Sondagaand toe sorteer ek die Laatlam se speelgoed uit en ek hoor weer hoe die kind haar bek uitspoel en ek raak opgewen.  En daar kry ek ‘n asma-aanval vir die eerste keer sedert ek opgehou rook het.  Toe besef ek dat dié madam haar pie moet vat en waai want as ‘n ou fisies begin goor voel…  As haar teenwoordigheid nie goed is vir my nie, wat doen dit dan aan my kind?

Gister toe stuur ek vir die Tiener ‘n WhatsApp dat haar maatjie nou huistoe moet gaan.  “Mamma is so bietjie gatvol vir die negativity wat daar rondhang…” Sy vra toe:  “Wat bedoel ma?”  En ek antwoord:  “Jou maatjie gaan maak dat ek nie huistoe gaan kom nie.  Sy bring slegte vibes in ons huis in en ek as haar ma haar nie gaan moer nie, dan gaan ek! As ek vanmiddag by die huis kom dan moet sy weg wees.”

So gesê, so gemaak.

Ek voel so “lig”.  Die huis voel “lig”.  Die Tiener lyk nie meer so bedruk nie.

En…  Lexi-hond se stert swaai weer…

Nou lees ek dié stukkie want meer as een persoon het al vir my gesê dat ek ‘n “empath” is.

b2f3a37dfece85cbd69b90abf03ad6f7.jpg

 

Strate-toe!

Ek glo daaraan dat sommige getroude mense in ander se arms in gedwing word.  Soms voel mens so moedeloos, eensaam, ongewaardeerd, vet en on-mooi dat die geringste bietjie aandag van ‘n derde (of vierde) party die wiel baie spoedig aan die rol kan kry – so verkeerd as was dit is.  En voordat iemand nou my kop afbyt, ek was al al ablei klante van die weiveld hoor!  Maar, daai is ‘n storie vir ‘n ander dag – ek verstaan nie waarom ek nie geskryf kan kom oor die twee eks mans nie.  Seker maar oor’lat dit vir my ou stories is wat my verveel…

Ek het die ander dag hierdie briefie op my Facebook Messenger gekry.  En ek dag so by myselwers:  “Oe, dié is vir kak soek, hóór!  Ek gaan nie ‘lat my verlede my nou hier kom loop staan en inhaal nie.”

Screenshot_2017-07-07-11-56-28.png

Ek het toe maar net ‘n screenshot gevat en die ou geblok.”  Maar steeds – vir ‘n oomblik het my hart gebokspring want iemand dink nog al die jare aan my… Die lewe is geneig om ons vroumense saf en dood te maak hier van binne af.  Ons voel lelik en net goed genoeg om ons mense se pense vol te hou.

Die Mister moes Woensdag in die hopitaal oorslaap vir ‘n mediese prosedure’tjie (waaroor ek nie nou wil praat nie want ek is nog poesig vir hom daaroor!)  Met die Tiener se hart wat nog in stukke is en die Laatlam wat by ouma oorslaap, besluit ek dat ek my oudste bietjie uit gaan vat vir ete en om die dorp te gaan rooi verf.  So is ons hier en daar – en ek gee sulke monster gape want ek is nie meer lus vir lê in die strate nie.  Ek wil huistoe, my jammies aantrek en met ‘n glas wyn en my woef-kardoes en “Animal Kingdom” of iets gaan kyk.  Jy weet… kwyl oor mans wat ek nooit kan kry nie…

Ek besluit to om na ‘n ou uithangplek van my te gaan – en wie sit daar?  Die Mister se kollega.  “Kom sit, kom sit! Wat drink jy?  So… waar is Kosie?” – sy bynaam vir die Mister  “Hy is in die hospitaal”, antwoord ek toe.  “Nou wat maak jy dan hier?”  En ek is sommer dadelik op die defence“Ek kom raak shit-faced!  Het jy ‘n problem daarmee?  Julle tweetjies wat so graag Vrydae ná werk gaan sit en dop en daai een middag die audacity gehad het om my voor sononder uit ‘n kroeg te gaan haal toe ek saam met ‘n, let wel, GAY vriend gesit en kuier het?  Mág ek ook maar in die strate lê?!”

 “Ok, chill man ek vra net.  Wat van ‘n Schooter?”

En hoe later, hoe kwater en mamma-beer skud so bietjie…

Op ‘n stadium toe vra een van daai funny dudes met die baarde en bollas my op te dans.  Fokkit!  Toe is die gort mos klaar – toe sit die kollega én die Tiener met dik-bekke.

Ek besluit toe om eerder huistoe te gaan.  Soos… negeuur die aand…

Dis faktap om oud te word!