“Pussy-Politics”

31c15b4653b19364ff67ce41626a4e28

Voordat ek nou die hele relaas van my lewe hier kom neerpen (self-terapie, jy weet), het ek iets op die hart wat my nou mooi afpis, hoor!  En dit is pussy-politics onder (veral) vroumense.

Só besluit ek toe mos om ‘n stoutgat partie te reël.  Daai met die sexy “crotchless panties” en die torre met “batteries” (minus die “strippers” want ek is ook nou nie só kômmin nie).  Nie dat ons van plan is om ons mans se kredietkaarte uit te “max” nie maar ‘n giggel en ‘n wyntjie saam met ‘n klomp oorwerkte middeljarige vrouens is mos altyd welkom.  Wat ons is GATVOL – gatvol vir knorrige mans en kinders wat moan en die hele tyd net geld soek vir data en “random” kak en drama.  Ons wil ook maar net “chill” – verkieslik by iemand se huis sodat ons, ons name kan plank sonder om te wonder wie ons almal gesien het.

Anyway, so nooi ek toe al die grapjasse en hartsmense, en sal dié ene toe nou vir my reken sy gaan nie kom nie want daai ene gaan.  Fine.  Suit yourself…  Ek lek nie gatte nie!

Die naweek ná die stoutgat party, gaan ek weer saam met ‘n ánder groep vroumense weg vir die naweek om die een se verjaarsdag te vier.  Sal dieselle bogenoemde klein kak toe mos nou reken sy gaan wééreens nie die samekoms bywoon nie want daar gaan wéér iemand wees wat sy nie smaak nie.  Slat my met ‘n tampon!

Nou, as jy twee “events” van die hand wys omdat jy ‘n probleem met twee verskillende mense het wat óók gaan, dan moet jy bietjie gaan sit en “soul search”, huh?  En “by the way” dié twee vrouens het haar niks aan gedoen nie.  Sy hou net nie van hulle nie.  Sommer maar net… want sy kan…

Wat is dit met sommige vrouens wat so onverdraagsaam is?  Ons almal, iedere en elke een het ‘n “battle” wat ons in ons harte “fight”, maar daar sal altyd ‘n katwyf wees wat die lewe nóg moeiliker wil maak.  Ok fine, as dié een dáái ene se man afgevry het, “by all means” – vermy haar soos die pes.  Maar hierdie gaan oor stront.  Is ons nie veronderstel om mekaar te ondersteun en te aanvaar met foute en al nie?

Mense, dis nie cool om ‘n bitch te wees nie.  Ek is redelik wêreldswys (só beweer my sielkundige) maar één ding wat my liewe man my geleer het, en ek haal aan:  “Niemand like ‘n bitch nie.”  So as jy met ‘n doos van ‘n “attitude” deur die lewe wil gaan, moet jy nie verbaas wees as jy eendag ‘n skouer nodig het om op te huil en mense hol vir jou weg nie, ok?

En daarmee bedoel ek ook nie jy moet tjommie-tjommie met elke persoon wat jou pad kruis nie.  Stel “boundaries”.  Nie almal kan vertrou word nie, maar fokkit, nie almal is poepholle nie!  Wees net verdraagsaam.

Ek het so paar kere by ‘n vriendin gaan kuier, en dan het sy gewoonlik een van háár ander vriendinne óók genooi.  En dié vroumens het my erg ongemaklik laat voel want sy het die manier gehad om my uit te kyk asof ek “medical waste” was.  Een aand sit ons so om die boma en ek besluit toe, “se moer” en ek gaan neem ‘n sitplek in langs haar in.  En ek begin met haar praat.  Ek het haar uitgevra oor haar werk, haar kinders.  Jy weet, “small talk”.  Maar ek het uit my pad gegaan om meer van háár te leer (want sy het my so kak laat voel met die uitgekykery dat ek gewonder het of ek hulle op ‘n tydstip uit ‘n huurhuis gegooi het)  Net die uur wat ek spandeer het om haar te leer ken, het álles verander.  Ons vrouens is selfsugtig.  Hoe kan ek nou elke keer ‘n uitnodiging van my vriendin van die hand wys omdat haar ánder vriendin my ongemaklik laat voel.  Mens offer op vir dié waarvoor jy omgee.

So “chicks”,  gaan gee ‘n bitch ‘n lekker ou drukkie vandag en stop jou kak!

 

 

2 thoughts on ““Pussy-Politics”

  1. True, maar na my 40ste verjaarsdag het ek onbewustelik my voet neer gesit. As ek jou nie like nie, dan like ek jou nie. Ek gaan jou nou nie trip in die local Spar se isles nie, maar moet nie te veel van my verwag nie. My lewe is kort en my tyd kosbaar.

    Ek vrees byeenkomste waar ‘n klomp henne bymekaar kloek. Elk bly eerder by die huis en was my hare of lees ‘n boek.

    Like

    1. Ek dink net ek is saf gebaklei in my lewe. Met my eks man, my stiefpa en my ma. Ja, nie almal kan jou vriend wees nie, maar ek probeer beleefd wees. Of soos ek genoem het, dalk sweef ek op die Venlor wolk.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s