“It’s over, man…”

6f5b2ec3b18c5383bbbb33257565eed1

Die naweek het gekom en gegaan en ek het twee dinge besef:

  • Ek weet té veel… van dinge…

Die meisie wat vir ons die torre met die “batteries” en verleidelike onderklere kom demonstreer het, het my glad nie geamuseer nie.  Ek moes die heeltyd vir die ander gaste verduidelik wat sy bedoel het met sekere stellings wat sy kwytgeraak het.  Soos waar die G-spot sit.  Dat ‘n vrou twee tipes orgasmes kry en (“surprize, surprize”) mans ook.  Dít kon die vrouens nie glo nie, maar dis iets wat maar onder die mat gevee word omdat mans nie gemaklik voel daarmee nie.  Probeer jou vinger een dag “in the height of passion” in jou man se hol druk dan kyk jy bietjie wat gebeur… ehm… Dat jy kan sukkel met inkontensie al het jy nie normaal geboorte geskenk nie.   Hoe belangrik “Kegel exercises” is – dis eintlik “no big deal” – jy kan dit doen terwyl jy in die ry by Pick ‘n Pay staan”.  Lees mense nie meer nie?  Eindig die lewe dan as jy ‘n histerektomie gekry het?

Die konsultant skat ek seker so 22 en ek “scheme” maar net dat iemand van daai ouderdom eerder die onderklere moet “model” want van seks het sy my net mooi  fôkhol geleer nie – so asof sy alles soos ‘n papegaai uit ‘n handboek geleer het en dit is waar dit stop.  So, met ander woorde:  Ek is seker maar ópgeseks!  Net jammer ek is soms so “frigid” in die kooi – seker maar omdat ek nie gemaklik in my eie vel voel nie.  Maar ek en my sielkundige werk daaraan.  As jy nie goed voel oor jouself nie, dan gaan die seks maar erg “mediocre” wees.

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek het al “mind blowing” orgasmes beleef.  Self tot ses ná mekaar.  Met my eie man.  Maar sekerlik moet daar méér as dit wees?  Soos, ek sal byvoorbeeld wil weet hoe ‘n “blow job” vir ‘n man voel.  Iets wat ek as ‘n vrou nooit sal weet nie…  Wat ís dit van orale seks wat mans so aan die gons het?  Is dit só “amazing” dat hulle net nie uitgepraat kan raak daaroor nie?  En “cocaine” gaan ek nie van sy tril af snuif nie want ek is “plain straight” nou te oud vir sulke kak.  My eksperiment-dae met dwelms is “long gone” en ek stel nie belang nie.  My man is “anyway” nie so petjoinks nie! Die “dominatrix” ding gaan ek nie doen nie want ek het té veel opgehoopde woede in my.  Daar sal net ‘n hoop vleis oorbly as ek uit die “playroom” kom en my onderdanigheid eindig in die kombuis.  “Finish en klaar”.

Ek het maar ‘n paar onderkleertjies en “lube” gekoop, so kom ons kyk maar of ek my geld gemors het…

  • Ek het oud geword.

Kyk, ‘n paar jaar terug sou jy my nie twee keer genooi het om skelm te gaan dans het as manlief en die kinders vir drie aande nie by die huis was nie.  Maar nee, ek was ‘n soet dogtertjie.  Vrydagaand het ek so bietjie gebak en brou, ‘n vuurtjie aangesteek en met ‘n bottel rooi en goeie musiek gaan sit en brei,  FOKKEN BREI – ekke!  Met wol en twee naalde!  Ek moet erken dat mens duidelik aan die breiwerk kon sien waar die wyn begin inskop het en ek moes om die ou einde ‘n paar rye lostrek…

Ná die “sex toy party” Saterdag het ek en ‘n vriendin vir nog so uur of twee langs die vuur gesit en kak praat en suip, en toe pak ons die skottelgoedwasser en gaan slaap.

Sondag het ek die hele dag gelê en tjips vreet en Coke drink (‘n luuksheid vir my) en “Catch-Up” en “recordings” op DSTV gekyk want dit is mos nie my “human right” om te kyk wat ék wil op die TV nie.  “Game of Thrones”, “Transparent”, “Come Dine With Me”, selfs “Judge Judy”.  Vir eens was ek “Master Of The Remote”.

En dit was SALIG!

Ek dink die dag toe ‘n “bouncer” by ‘n kuierplek my so ses jaar terug nie wou deursoek nie omdat ek, volgens hom, te oud is om bomme by publieke plekke in te smokkel, was die laaste van my gat-skuur dae.

Drol!

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s