Vrydag…

Een van my grootste “treats” is ons Vrydagaand-kuiers.

Dan bring die Mister ‘n lekker tjoppie en wors en ek maak bykosse.  Maak ‘n bottel Cabernet’tjie oop en dan poer-poer ons so langs die vuur en soms eet ons eers as die kinders begin kerm hulle is honger.  “Da, hier’s ‘n pak tjips… maak vir jou ‘n tjips-broodjie!”

Maar kom ons praat eers oor MY musiek-stokkie.  Hy is vir my so “special” ek dink ek moet hom spesifiseer op my Santam versekering.  Ek mal dit mos om terug te gaan na my tienerjare se musiek-era.  AC/DC, Aerosmith, Queen, Def Leppard, Nirvana, INXS, Smashing Pumpkins, Nine Inch Nails, Soundgarden, Pearl Jam… en so kan ek aan en aan en aangaan.  Dan, as mamma nou so bietjie gewyn is, dan “like” ek dit om vir die Tiener ‘n musiekles te gee.  Dan sal ek nou ‘n ou “song” speel en vir haar bietjie agtergrond gee oor die kunstenaar(s), die geskiedenis van die “song” en so paar staaltjies.  Hoe ons met ons Doc Martins “ape shit” gegaan het en so ge-“headbang” het dat ons die volgende dag met nekspasmas rondgeloop het.  “Those were the days…”  En dan sal die Tiener maar sit en luister met die beentjie wat so op en af wip want sy is honger, sy stel nie belang hoe hulle ons op Veldskool prober “corrupt” het teen AC/DC deur te beweer dat die naam beteken “After Christ Devil Comes” nie.  Meh!

Só kom dit toe dat die Tiener tóg geluister het as ek vir haar ‘n musieklessie ingejaag het.  Die ander dag moes sy die een of ander mondeling oor ‘n musiek kunstenaar of “band” lewer.  Die een praat oor Kurt Darren, daai ene oor Karlien van Jaarsveld (‘skuus, ek wil net gou die kots in my mond gaan uitspoeg…..)

….  Ek is nou weer terug…

….

….

 

Anyway, die Tiener lewer toe ‘n “speech” oor AC/DC.  Ná die “speech” vra haar juffrou (wat ook haar netbal afrigter is) of die Tiener dan na AC/DC en Aerosmith en so aan luister?  Sy antwoord toe nie eintlik nie, maar sy word groot met daai musiek want haar ouers is aleweig besig met die ou stokkie, jy sien.  As die Tiener haar Justin Bieber en Selena Gomez-kak wil luister dan moet sy dit maar in haar kamer gaan doen.  My radio in die kantoor vang net OFM op so ek kry ‘n oordosis stront in – nie dat álles wat hulle speel stront is nie maar ek wil net soms vir hulle sê:  “Dude… you’re killing the song!”

Juffrou sê toe:  “Jy lyk glad nie soos ‘n AC/DC kind nie… Impressive”.  Ja-nee.  As jy in vandag se tyd met ‘n Guns ‘n Roses T-shirt, ‘n lang swart romp met klokkies op die soom en Docs gaan rondloop dan gaan hulle vir jou lelik “label”, hoor!

 

 

8ef8155dd69a7b37ff41e4a9347fca4f

 

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s