Ken jy jou ma?

Ek is sedert die ouderdom van 21 in en uit ‘n diep gat van kliniese depressie.  Ek het vrede daarmee gemaak dat ek vir altyd op medikasie gaan wees en van tyd tot tyd berading moet kry.  Ek kry ook nie meer skaam daaroor nie.  Mense soos my oom (‘n “pastoor” – as ek daai word hoor dan wil ek in my broek poefies!) wat beweer dat dit ‘n siekte van Satan is, pla my nie meer nie.  Ék ken die waarheid.

Saam met die sielkundige het ons al deur verskeie “issues” gewerk.

  • My biologiese pa wat my verwerp het (dit is soms nog ‘n teer punt).
  • My stiefpa (regte dônnerse generaal-korporaal-doos) wat my emosioneel deur sy gat getrek het (alhoewel daar nog ‘n paar voortspruitende punte is wat steeds‘n impak op my lewe het).
  • Vergifnis van my kind se pa wat haar verwerp het (hy het háár verwerp omdat ek hóm verwerp het, so ek dra baie skuld gevoelens).
  • Vergifnis van my eerste man wat ‘n alkoholis was (groot jammerte want hy was ‘n goeie mens).
  • Vergifnis van my tweede man wat enige iets met tiete gespyker het en my besteel het (ek het nog so baie “anger-issues” met hom en sy familie – maar meer met sy familie).

Alles gaan maar op die ou einde om vergifnis – maak nie saak aan watter geloof jy behoort (indien enige – en dit is ook OK) en om tot die besef te kom dat mens nie verantwoordelik gehou kan word vir ‘n ander se aksies nie.  Maar vergifnis is makliker gesê as gedaan.

Ek het rondom Maart verlede jaar die sessies gestop want ek het te besig geraak by die werk en “life happened”.  Onlangs toe besef ek dat ek weer “afferig” begin voel.  Die feit dat ek ook glad nie saans kan slaap nie, het dinge ook vererger.  Die een Maandagoggend  het ek ‘n angsaanval gekry (ek dink die meeste angsaanvalle vind plaas op Maandae want dit is maar ‘n kak dag!) en toe besluit om terug te gaan vir berading by my sielkundige.  In haar spreekkamer het ek basies al my torre verloor en ek is opgeneem in ‘n psigiatriese eenheid.  Gelukkig net vir drie dae.  Die rokers word vinniger gesond – “true story!”

My grootste bron van frustrasie, angs en depressie is my ma.  Sý, die feit dat ek vir myself die lelikste, vetste mens is en ‘n eetsteurnis het.  So nou lê daar een moerse berg wat ek weereens moet uitklim.

My ma is nou eers vir my die belangrikste probleem om te “tackle”.    My hart wil breek as ek sien hoe “close” van my vriendinne met hul ma’s is – as hulle gaan koffie drink en oor en weer kuier.  Ons het nie daardie tipe verhouding nie.

Sy het geen benul van hoe ek voel nie, maar skielik (nadat ek uit die hospital ontslaan is) is sy baie liefdevol teenoor my.  Dit is drukkies en soentjies en dit gee my eerlikwaar die “creeps” want sy was nie so tipe ma gewees nie.  Fisiese aanraking was vir verjaarsdae en Kersfees.  As ek terug dink aan die tyd toe ek nog ‘n kind was, dan sien ek hierdie perfekte mooi vrou met die bitter trek om haar mond.  Nie net het my stiefpa mý opgefok nie, maar vir haar óók.  Maar soms dink ek nog verder terug, nog vóórdat sy met hom getroud was en sy was tóé al nie baie liefdevol nie.  As tiener het ons ook nooit gekommunikeer nie.  Sy sou my nooit vra hoe my dag was nie en ons sou nooit saam vir my klere gaan koop het nie.  Ek moes maar tevrede wees met wat sy gedink het ek nodig het.  Soms vra sy vir my of ek die en daai dag kan onthou toe ons saam iets gaan doen het dan dink ek by myself:  “Fokkit!  Een van ons twee het geheue probleme want ons het net mooi niks saam gedoen nie.  Dan antwoord ek maar net rustig en kalm:  “Nee ma.  Dit was seker ma en sussa…

My ouma was maar my moederfiguur – o ek mis daai dierbare mens!  Sy is laas jaar oorlede.  Ook maar beter so – haar ouma-hart sou my hartseer nie kon “handle” nie.

Nou wil my ma práát.  En ek wil álles weet.

Ek wil weet oor haar kinderjare.  Ek wil weet hoe sy my pa ontmoet het en watse tipe mens hy en sy familie was.  Ek wil weet wat deur haar kop gegaan het toe sy op 17 uitgevind het dat sy swanger was met my en my oupa haar uit die huis weggejaag het.  Ek wil weet hoe ek as baba was – watse nukke ek gehad het.  Ek wil weet hoe sy gevoel het toe my pa haar gelos het vir sy “high school sweetheart” (bladdie lelike ding gewees daai!).  Ek wil weet van al haar “boyfriends” en telleurstellings.  Ek wil weet wat daartoe gelei het dat my ouma en oupa my wou aanneem.  Ek wil weet waarom sy toegelaat het dat my stiefpa my aangeneem het en ek wil weet hoekom sy my nie teen hom beskerm het nie.

Ek wil weet of ek werklik so “probleemkind” was soos wat sy altyd beweer het en of haar skielike ontvlugtings na Mauritius (en al die slaapterapie) in my tienerjare mý skuld was of was dit as gevolg van my stiefpa se rondlopery – goeie moer daai ding se korosie was “all over the place!”  In die Spur se kakhuis, in sy kantoor, in die jacuzzi – terwyl my ma in hul kamer is, nee wat, hy kon dit nie inhou nie.  Soos ‘n jagse straatbrak!

Ek weet my stiefpa was nie lief vir my nie.  Ek het vrede daarmee gemaak.  Ek dink nie hy kan enige iemand liefhê nie.  Ek wonder soms of hy my sussie, sý eie kind, liefhet?

Dit is asof ek gedwíng word om iemand intiem te leer “ken”.  Grense kan nie werklik gestel word nie, want hierdie vreemde mens is my ma en skielik wíl sy ‘n ma wees.

971ec41def60c2464d1d705e9a215966

 

One thought on “Ken jy jou ma?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s