Ek weet van julle, maar julle weet nie van my nie…

Van my klein-tyd kan ek net hier en daar iets van my regte-egte pa onthou.

Die gekoude Chappie wat hy in my beker Coke gegooi het – dit het soos ‘n wurmpie gelyk en ek het die Coke vir lánk daarna laat staan.

Die een dag toe ek tussen sy bene gestaan het terwyl hy en my ma gepraat het.  My ma het oorkant hom op ‘n bank gesit en vreeslik gehuil.  Daarna het hy uitgetrek.  Ek was twee.  (Ek weet, daar is dinge wat ek van moer lank terug kan onthou!)

Ek onthou die BMX wat hy vir my gekoop het toe ek ses geword het, maar ek het hom self leer ry.

Toe ek sy “girlfriend” geskop het toe sy my wou optel.  Cathy was haar naam.  Ek het haar net daai een keer gesien (waarvan ek kan onthou) maar teen dié tyd dink ek sy lyk dalk soos Camilla Parker Bowles.  Ook die “ander vrou” gewees.  Glad nie so mooi soos my ma nie.  “But the heart wants what it wants…”  Seker ‘n platinum “va-jay-jay” gehad, ek weet nie.

Alles in daardie volgorde.

Toe droog die kuiers op.

Toe ek agt was het hy my afgeteken en ek het nooit weer van hom gehoor totdat ek 22 jaar oud was nie.

Hy het my vir ‘n naweek afgevlieg George toe en my in ‘n gastehuis in Wilderness weggesteek vir Cathy en hul twee dogters – my half sussies – en my net kom optel wanneer dit hom gepas het.  Ek was bitterlik telleurgesteld want ek was so opgewonde om my twee sussies te ontmoet – ons deel so bietjie bloed, jy weet.  Maar sy vrou mag nie geweet het ons het weer kontak gemaak nie en sy dogters weet nie van my nie.

Daar was níks.  Geen band en my vrae was subtiel afgeskiet.  Ons was meer gesuip as enige iets anders.

Terug by die huis ná ‘n telleurstellende naweek toe vind ek uit dat ek swanger is met iemand wat ek van plan was om te los.  Die oproepe tussen my en my pa het opgedroog.

Ek het op die kalender gaan uitwerk wanneer hy weer uit op die see sou wees (hy het vir Mossgas gewerk).  Dit het oor Vadersdag geval.  Toe bel ek na sy selfoon want hy het iets laat val dat dit nie help hy vat sy selfoon saam as hy uitgaan op die see nie.  En, soos wat ek dit wou gehad het, het Cathy geantwoord.  Cathy, wat nie mag weet dat ek en my pa weer kontak gemaak het nie.  Toe vra ek haar:  “Hey, is this Cathy speaking?” (hulle is Ingelse)  En sy sê toe:  “Yes, who is this?”  en ek antwoord toe:  “This is Blah-blah.  Your husband’s daughter.  Please tell him I said Happy Father’s Day.”  En toe druk sy net die foon dood.  So iemand het lekker glasstukke gekak toe hy van die see afgekom het.  Maar justice is ‘n bliksem, né?

Nou die dag toe besluit ek om op Facebook rond te krap en ek kom op hom af, dis nou my “regte-egte pa”.  Hy is nou geskei.  Nog ‘n aantreklike man vir sy jare.  En ek gaan soek verder na my half-sussies wat nie weet van my nie.  Die een se profiel is privaat maar wat ek kan aflei is dat sy al getroud is met ‘n kind.  Mooi vrou.

Die jonger ene is ‘n hippy in Knysna en lyk my dit gaan maar lekker daar in die bos.  Die kind kort ‘n bad en sjampoe, is al wat ek kan sê, en sy is redelik openlik daaroor dat sy gereeld “high as a kite” is.

Dalk sal ek my sussies eendag ontmoet op sy begrafnis, jy weet, net om dinge te gaan op “stir for old time sakes”…

Dis mos hoe ek rol…

24f0ff8ffbc705c1e0c080e72d5c9798

9 thoughts on “Ek weet van julle, maar julle weet nie van my nie…

  1. Jip, justice is ‘n bliksem.

    En ja, ek weet waarvan jy praat, ek is net so de moer in vir my regte egte pa. Snaaks genoeg, ek het net die naweek besluit om weer iets oor hom te skryf.

    Like

  2. Miskien is hy (jou pa) ook maar net ‘n produk van sy verlede? Dalk moet jy probeer regmaak, op ‘n mooi manier. Selfs met sy vrou. Maar doen dit persoonlik, nie oor die foon. Wie weet – dalk kan jy jou pa nog geniet in sy laaste jare … lekker verhouding bou. Dit behoort die moeite werd te wees. Sterkte!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s