“18”…

Kan drome mens so ontstel dat jy met trane in jou oë jou kookwater-met-suurlemoen en sigaret vir die oggend aandurf?

Toe ek nog op Trazodone was het dit baie gebeur.  My drome was uiters intens  en “weird beyond imagination”.  Maar dit was nie so ontstellend nie, net vreeslik eienaardig en soms wreed.   Soos dinge seker is as jy ‘Shrooms geëet het (nog ‘n ding wat ek altyd graag wou doen maar nou is ek te skeit bang daarvoor).

Ek het gisteraand so ‘n droom gehad.  Ek wou sommer my man bliksem toe my oë oopgaan!

Kom ek vertel julle eers oor my man.  Hy is my ou “darling”.  Ek het die laaste van die beste gekry.  Hy is sag, simpatiek, sensitief en hy loop die “straight and narrow”.  Ja, ek was op my tyd – voor ek hom ontmoet het, ná man nommer twee – ‘n manne-hater.  Met goeie rede!

Hy het sy foute soos iedere elkeen van ons. En hy kan “moan” – veral as die Tiener se “boyfriend” kom kuier en hulle net gate in ons bank sit en snot pik.  Of as hy sien hoe my kar binnekant lyk (maar ek speel mos taxi vir die kinders!?) Maar soms dink ek dat ek dié man van my nie verdien nie.  Hy gaan fok nie rond ná werk nie.  Hy help in die huis.  Hy het gehelp “pajama-drill” met die Laatlam en hy bad haar elke tweede aand.  Hy is ‘n “pen-pusher” maar ook ‘n “handy-man”.  As ‘n ding breek, dan word dit reggemaak.  Die hond se drolle word getrou elke oggend opgetel en hy tap soggens my badwater in.  En met ekke wat soms my torre verloor, is hy baie geduldig.  As hy sien ek is die dag hiper ontsteld dan sal hy ‘n tydjie afknyp by die werk en kom kyk of ek “ok” is by my werk.  Hy is my steunpilaar, my gat-gabba en sommer my ou staatmaker.  En die liefde van my lewe – ek wens net ek het hom vroeër raakgesien – jy sien, hy was jare net hier onder my neus maar ek het ‘n reël gehad dat ek nie ouens “date” wat  maerder is as ek nie. En ek kry hom nie vet gevoer nie.

Maar kom ons kom tot die punt…

Gisteraand toe droom ek – FOK! Nou dat ek daaraan dink, ek het GESLAAP!

“Anyway”, gisteraand toe droom ek dat ons by die een of ander huis met vreemde mense kuier.  Hier stap hierdie jong bokkie in en sy gaan plak haar langs my man neer en begin oombliklik met hom te “flirt”.  In die droom spreek ek haar toe baie ferm aan en die ander mense probeer my kalmeer.  Ek is toe uit die vertrek uit en toe kom ek in ‘n slaapkamer in.  En daar lê my man en die slet en pomp!  En ek haal vir haar daar uit die bed uit maar ek gee vir haar ‘n paar (en sorry vir my woordkeuse want die naam van die Groot Man en hierdie woord gebruik ek nie) poes-klappe met saamgestelde rente.

Daar was net ‘n hompie hare en derms van haar oor.  En ek kak my man uit oor hy rond-neuk en hy staan daar met hierdie “evil grin” op sy gevreet en sê:  “Hierdie was die agtiende keer wat ek jou verneuk het…”  AGTIEN!  Daai nommer sal ek nog vir dae lank in my kop hê! Ek weet nog ek het in die droom die hele scenario gesit en bepeins – ek gaan nou skei EN ek gaan tronk toe vir moord!

Toe skrik ek wakker en Laatlam lê salig langs my en slaap (sy is nou op daai ouderdom wat sy saans uit haar kamer wegloop en by ons kom inkruip).  Maar ek vlieg daar op!  My man was besig in die kombuis om koffie te maak.  Hy wou nog “hum-en-haa” toe gryp ek sy gesig tussen my twee hande vas en ek sê:  “Ek sweer ek sal jou meer seks gee en jou minder “for granted” vat.  Moet asseblief net nie rondloop nie.  Ek het genoeg seer gehad!”  Hy het net “gesmile” en my op my voorkop gesoen want hy ken van hierdie lelike drome wat ek kry.

Ek hét al hierdie tipe drome gehad.  My sielkundige sê dit is maar net die vrees om weer verneuk te word wat nes geskrop het in my onderbewuste.  Ek dink as ek my huiswerk mooi gaan doen, sal ek vind dat my tweede man dalk agtien “affairs” gehad het want hy kon nie sy kubus in sy broek hou nie.   My ma sê sy kry nog steeds sulke drome en sy en my stiefpa is al sewentien jaar uitmekaar uit.

Weet enige iemand of daai pilletjie wat hulle sê is soos “Viagra for Women” al op die mark is?

Maar daai nommer “18”… dit “tickle” my…

affair.jpg

One thought on ““18”…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s