In die “office” op hierdie prag-dag!

Dit reën te heerlik vandag…  Nes ek dit “like”.  Somer is nie my ding nie.  Die Ierse (of Skotse) DNS van my kan hitte nie verdra nie.  Nie die Afrika-hitte nie.  Ek was al vir bloedtoetse want ek het gedink ek gaan deur “early menopause” want dit voel of ek warmer kry as die mense om my.

My hartsbegeertes vandag:

  • Old Brown Sherry Oxtail in die “slow cooker”.
  • Om die Mister se Jeremy Clarkson boek te begin lees.
  • ‘n Lááááng snoesige middagslapie onder my oorle’ ouma se skaapwol kombers wat my oupa vir my present gegee het hierdie week.  Nogals met haar naam opgeskryf want hulle besteel die oumense so in die inrigtings.

Maar dís nou waar my bubble bars want ek sit op kantoor en hierdie is die uitsig wat ek uit die venster moet aanskou (en dan wil mense weet waarom ek so suurgat is)

officer

Nogals “depressing”…

Ook, my “slow-cooker” is in sy moer in, maar ek dink ek gaan sommer gou ná werk ‘n nuwe ene koop en hopelik kry ek “oxtail”.  So daai kan dalk werk.

Die boek-lees en middagslapie?  “Not going to happen” want Laatlam is by die huis en my man gaan teëls uitkap – ons is besig om die kombuis bietjie op te “jack.

Ek wonder of daar êrens hier naby ‘n gastehuis is wat kamers by die uur uitverhuur?

Ek is SENIOR MOEG vandag!

Nou praat ek net kak en maak myself kwaad.  Laat ek eerder my werk doen…

2 thoughts on “In die “office” op hierdie prag-dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s