“Bitchy” vs “Bully”

Die ander dag toe vra die sielkundige my of ek selfmoordneigings het.

Ek hét.  Soms.  Nie altyd nie.

Ek sal ry en ‘n boom sien en dink:  “Miskien moet ek in hom vasry?”  Maar dan begewe my moed my want die Jeep se bull-bar sal my “probably” beskerm.  En ek voel jammer vir die boom…  Of ek sal êrens op die “highway” ry, ‘n trok van voor af sien kom en dink: “Miskien moet ek net regs voor hom inswaai, dan is álles verby.  Die ou wat die trok bestuur sal mos oraait wees?”  As ek aan selfmoord dink, dan dink ek altyd aan ‘n beplande motorongeluk (maar niemand anders moet seerkry nie).  Dit moet soos ‘n ongeluk lyk want ek het gehoor polisse betaal nie uit in selfmoord gevalle nie.

Toe vra die sielkundige my waarom ek dit dan nie doen nie?  En my antwoord?  Wat word van die Tierner?

Jy sien, ek het die Tiener te veel beskerm van kleins af.  Nog steeds.  Sy is die sagste van sagte mense wat ek ken.  Emosioneel en fisies.  As sy kopseer het, dan wil sy dood.  As sy deur ‘n liefdestelleurstelling gaan, dan wil ek al die pille in die huis wegsteek.  Op laerskool het die hoof gedreig om haar prefekbalkie terug te vat omdat sy so ernstig was oor alles.  Ek het haar verlede jaar ook by ‘n kindersielkundige gehad wat my verseker het dat die Tiener nie aan kliniese depressie ly soos haar ma nie.  Sy is net baie sensitief en ‘n introvert.  En ek blameer myself.  Van kleins af het ek haar grootgemaak dat jy die ander wang moet draai.  “Shame on me”.  Nie dat daar fout mee is om ‘n introvert te wees nie.  Maar dis kak as jy nie vir jouself kan opstaan nie.

So, as ‘n ander kind die Tiener poef “tune”, dan is sy in trane en kan sy nie vir haarself opstaan nie.  En hier by laerskool rond toe begin hierdie mamma mos besef dat sy drooggemaak het en nou maar vir die kind moet baklei.  Want wie anders gaan dit doen?  Sy het nie ‘n pa nie.

En dit maak my moeg om so te wees.

Toe ek jonger was het daar ‘n vrou saam met my gewerk.  Sy was kort-kort in die skoolhoof se kantoor of by oueraande besig om soos ‘n tierwyfie vir haar kinders te baklei.  Later was dit só erg dat die mense in die dorp begin skinder het oor dié ma wat alewig haar kinders se “battles” moet “fight”.  “Rumour has it” dat die jongste ene hoofseun sou word, maar omdat die ma so erg tekere gegaan het, het die skoolhoof sommer besluit dat hy nie eers prefek sou word nie.  Alles omdat die ma hom so geïrriteer het.

Nou het ék in daai ma ontaard.  Dit is kort-kort ‘n bakleiery in die skoolhoof se kantoor (ek haat hom nes hy my haat!).  Of ek is op die foon besig om die een of ander kind en sy (of haar) ouers gas te gee.  Een dag het ek sommer ‘n outjie by die skool se hek ingewag wat vir die hele skool vertel het dat Laatlam die Tiener se buite-egtelike kind is.  Nou die dag het ek ‘n meisiekind gebel en haar vertel wat van boelies word.  En, nou dat ek so daaraan dink, beskou ek nie regtig die kind as ‘n boelie nie.  Sy was net ‘n “bitch”, soos die meeste hoërskool meisiekinders vandag is. Ek dink die Tiener is net erg fyngevoelig.  En, so “by the way”- ék is geboelie op skool, so ek ken van.  Maar ek het sommer net een dag, op hoërskool “left, right en centre” begin klappe uitdeel  as mense met my gesukkel het so ek was “ok” op die ou einde.

Ek is moeg hiervoor.  Gatvol.  Uitgeput!  Jissie man ek het ‘n voltydste werk en ‘n drie-en-‘n-half jarige óók wat die pis uit my vat.  Ek wil nie nog vir ander mense se kinders maniere leer nie!  Hierdie kak moet stop – vir my én die tiener se onthawe.

Ek roep toe vir Tiener en spreek haar aan.  “My kind, jy weet ek was nou die dag opgeneem?  Jy sal moet regkom.  Jy word 16 hierdie jaar.  Jy sal nou moet begin dikvellig raak en die kinders ignoreer.  Hier, vat my “pepper spray” as jy voel dat jy fisies in gevaar is.  As jy hom onnodig gebruik, sal jy die gevolge moet dra.  Ek sal verder uitvind van selfverdediging klasse as dit jou beter sal laat voel maar ek dink jy sal eerder moet werk aan jou “attitude”.  Maar jy moet nou regkom.  Ek kan nie meer so baklei nie.  Dit is nie goed vir my nie en ek doen jou nie ‘n guns nie… Vertel my nog steeds álles en ek sal my eie oordeel gebruik, maar dié dinge gaan my dood beteken…”

Sien, ek is een van daai wie se bloeddruk die hoogte inskiet as ek moerig raak en dan kry ek die bewerasies en so rooi “rash” in my nek en dan gaan ek “ape-shit” en ná die tyd is ek só uitgeput dat ek soms nie kan kosmaak nie.  Soms kots ek selfs ná so ‘n uitbarsting.  In die “anger-management” sessie wat ek bygewoon het, het hulle gesê dat, as mens só voel ná ‘n uitbarsting, jou kanse op ‘n beroerte baie groot is.

Ek?  Op 38 ‘n beroerte kry omdat die Tiener nie haar “battles” kan “fight” nie?  “Oh HELL no!”

Ek gaan nie Gods water oor Gods akker laat loop nie, maar dié kind van my wil oor twee-en-‘n-half jaar weg gaan “swot”.

Dan beter sy nóú mos leer om alleen te sien kom klaar!

“I’m done!”

5a74ad4327e5a5dcef2c5e50da7fd251

 

 

 

6 thoughts on ““Bitchy” vs “Bully”

  1. Ooh hoe lekker lag ek vir jou en ek voel ook jammer vir jou en vir haar – dit is nie maklik nie.
    “Dan beter sy nóú mos leer om alleen te sien kom klaar!” Dan beter jy ook nou maar leer om minder “ape-shit” te gaan sodat jy n beroerte voorkom.
    En, laatlam, hoe is haar persoonlikheid? Kan sy vir haarself fight?

    Like

  2. Ek praat nou seker uit my beurt uit, maar die ou wat die trok bestuur sal beslis nie oraait wees nie. Hy kan self sterf of ernstig beseer word. Verder sal hy aan erge trauma lei wat ‘n skaduwee op die res van sy lewe kan laat val.
    En die ongeluk kan ook ander voertuie betrek.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s