Vet en vreedsaam…

Ek praat altyd van die Laatlam, paar eintlik het ek twee Laatlamme, twee vrek-stoutes bygesê…

Eers het ek een van hierdies gehad…

f0e4f39ac2f5274ce2d19e37db851f91

…En so met die kinders saam het ek besef dat dié Pekingese van my ‘n kak idee van epiese proporsies was.  Maar jou honde en katte is óók mos jou kinders so mens probeer maar aanpassings maak.   En jy aanvaar hulle met hul foute. Maar o weë…

As jy nou ‘n ou tannie en/of oom is wie se kleinkinders nie baie kom kuier nie, “by all means”.  Of as jou kinders al groot is, “go ahead”.  Maar Pekingese “like” níks van vreemdes en kindertjies wat wil vat en speel nie.  Dat ek nog nie hof toe gesleep is oor dié hondekind van my wat sóveel van my kind se maats al gebyt (einlik net geknyp) het nie, weet net die gode alleen!  Hulle wil net eet en met rus gelaat word.  Sy baas (gewoonlik die een wat van kleins af sy kos vir hom gee) mag hom maar soms ‘n bietjie pamperlang en verder is dit “hands off”.  En van kos gepraat… Loop net moerse draaie om sy kosbak want hy sal selfs vir Kobus Wiese ore aansit!  Een ding wat ek van hom kan sê, is dat hy onberispelike toiletmaniere gehad het – van kleins af.  Waar sy kak-plek was, weet ek tot vandag toe nie.  Maar drolle hoef ek nooit opgetel het nie.

Twee en ‘n half jaar terug is die Pekingese doodgery want ons het laat bou by ons huis en een van die bouers het die hek oopgelos.  Hy was elf jaar oud.  Ek het besluit om nooit weer van dié bedonderde goedjies aan te skaf nie want Laatlam was daai tyd twee jaar oud.

Toe ons agt maande daarná begin praat van ‘n nuwe stoepkakkertjie (ons erf is te klein vir ‘n groot hond) toe wil die Mister belê in ‘n Jack Russell.  Vir ‘n fok nie!  Dan wil ek eerder nie weer ‘n hond hê nie.  Ek en man nommer twee het een gehad.  Met die skikking het ek die Pekingese gevat, en hy het die Jackie gevat.  Ons het nie eers gestry daaroor nie.  Jack Russells is net eenvoudig een van daai honde wat te besig is vir my.  Fokkit, toe ek en die Jackie saam nog in een pretjie was moes ek elke oggend loop en stukke van sy kombers en struike wat wortel en al uitgetrek is op die grasperk gaan optel.

Ek besluit toe om ‘n teler te soek en een van hierdie oulike goedjies aan te skaf.

6ac33c59569c069026ded852d2ae8f0e

Ek “like” van klein hondjies met plat gesiggies wat vet en vreedsaam raak en in die son lê en bak.  En hulle moet kinder-vriendelik wees.  En sy moet mooi stil op my skoot lê voor die TV dat ek haar kan streel – soos in die “movies”.  Só gaan doen ek my navorsing want die hond móét met kinders oor die weg kom en nie bedônnerd van geaardheid wees nie.  Hulle moet net blaf as dit nodig is.

O, moenie dat die mooi prentjie bo julle mislei nie.

Ons gaan koop toe Laatlam #2.

Te pragtig!

10407570_10153832081833332_2382708657437117196_n.jpg

Ek vat haar saam werk toe vir die eerste paar weke dat sy nie eensaam by die huis hoef te wees nie en sy pas mooi aan.

Toe raak sy groot…

d25f1a56ae87093bed9f5fbbc84ef785

My Petunias word uit die grond geruk.  Gate word gegrou.  Ek koop speelgoed wat soos dildo’s lyk (hulle pryse word afgemerk want niemand wil só ding in sy “yard” laat rondlê nie).  Ek steel die buurman se kinders se tennisballe wat in my erf beland.  Ek belê in touerige speelgoed, “chew-toys” en daai grillerige hoewe en die Tiener gaan stap smiddae met haar.  Toe dit somer was het sy selfs saam met ons geswem – sy LOVE dit!  Maar sy stel absoluut niks belang in haar “toys” nie.  Sy wil net goed opneuk.  My kussings, komberse, skoene.  Sy is letterlik ‘n “little weapon of mass destruction.  En ek sweer sy pis “acid” want daar waar sy piepie, daar vrek goed!  Ek wens ek kan haar urine bottel en dit as “weed killer” en miergif gebruik!

2f78a3f9700521c96d59ab2d022c9365

Nadat sy die eerste keer op hitte was het ons haar laat steriliseer soos goeie troeteldier eienaars doen.  Toe “scheme” ek sy gaan nou vet en vreedsaam begin raak.  Toe nou nie.  Die gate word ál groter en dieper en as sy en die laatlam vir té lank stil raak, dan kom mens op súlke goed af! (en voordat julle my by die SPCA aangee – Laatlam het haar met rooi verf beetgekry)

263c19a206d2e055b0c9e26397feb867

Ek kontak toe ‘n kennis wat ook Pugs het en vra hom wanneer dié laatlam nou vet en vreedsaam gaan begin raak.  Hy lag, en sê net:  “Ek het agt van hulle.  Almal is “reggemaak” en hulle raak nie rustig nie.  Pleks jy eerder vir jou ‘n Jack Russell gekoop het?”  WTF!?  En hy stuur my ‘n foto van sy tuin.  Dis net rooi grond.  Geen gras.  Geen struike.  Fokhôl!

Sug…

Ons agterplaas is uitgelê met bakstene.  Daar is so bietjie grond maar ons gee nie veel aandag daar nie.  Ons skuif toe maar haar huisie en haar mandjie en alles agterplaas se kant toe.  Dit lyk of sy gelukkig is.  Behalwe dat sy nou die dag op die tafel langs die wasgoeddraad gespring het en probeer het om die wasgoed te hap, maar ek was haar gelukkig een voor.  Die grond wat daar is word omkgedolwe maar dit is ook “ok”.  Stadig maar seker begin my grasperk ook weer ‘n tweede asem kry.

Vrydagmiddag toe speel ek met haar.  Ek het ‘n dik trui aangehad en dít is hoe my arm lyk.  Nie dat sy my opsetlik seergemaak het nie.  Sy wil net nie vet en vreedsaam word nie.

a405a3e4ad2b7287a9ecf8e358355554

Soos met ons mense, sal dit (die “vet en vreedsaam”) seker eers met ouderdom kom.  Maar vir nou gebruik ons maar geduld en aandag met albei Laatlamme.

2 thoughts on “Vet en vreedsaam…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s