‘n Lekker moan-sessie

Kan ek maar so bietjie negatief wees?

Hierdie dag het kak begin en ek voel so aan my kwas hy gaan kak eindig!

Ek en my ma haak weer van gister af.  Ek weet nie wat haar ry nie, maar as sy weet wat in my gemoed aangaan vandag, dan sal sy net hierdie één keer van my kys af klim, want vir “petty” kak het ek nie lus nie.

Ek was gister by die psigiater om my medikasie te hersien.  Ek vertel hom toe dat ek seker drie aande geslaap het die hele maand vandat ek op die Dormonoct is.  Hy sê toe hy dink dit is omdat ons die Venlor se dosis verdubbel het (dit skei adrenalien af) en beveel toe aan dat ek Dopaquel saam met die Dormonoct saans drink.

“O HELL NO!”

Kom ek vertel julle wat het gebeur toe ek ‘n jaar terug op Dopaquel was…

Eers kom ek agter die skaal begin oos neig.  Érg oos.  Ek drink toe maar ‘n ou waterpilletjie want ek neig om water terug te hou, maar die skaal tune my elke dag poef.  Kyk, slaap het ek geslááp!  Maar dan staan ek soggens op en die kamer is vol leë bordjies, bakkies, sweets papiere, leë pakke chips, “peanuts” in die bed.  En ek “scheme” toe maar my man en kinders sit en peusel saans in my kamer voor die TV terwyl ek uitgepass lê van die slaappil.  Een oggend toe kak ek die hele spul uit! “Nee hel man!  Gaan bêre die skottelgoed in die kombuis en gooi die papiere weg nadat julle so gevreet het.  Hou op om my kamer so te bemors.  Ons is nie fietas nie!”  En my man laat val die bom:  “Liefie, dis nie ons nie.  Dis JY wat so eet in die aand.”  Slat my met ‘n piesang!  Toe vreet ek myself in ‘n koma sonder dat ek dit weet.  Ek het dadelik die pille gelos en ná ‘n paar maande se gewroeg het ek weer begin slaap sonder medikasie.  Tot laat Desember verlede jaar… toe begin die slapelose nagte weer

Toe gee ek mos verlede maand in en my medikasie word aangepas.

Lang storie kort.  My psigiater is ‘n goeie driekwart-uur se ry van my af.  Hy besluit toe om vir my dan eerder Stilnox saam met die Dormonoct voor te skryf want duidelik werk die Dormonoct nie op sy eie nie.  Klaar by die dokter jol ek lekker harde musiek in die kar oppad terug na my “hometown” want ek gaan mos nou BAIE lekker slaap vanaand.  Ek was so opgewonde soos ‘n kind wat ‘n nuwe Playstation “game” gekry het.  Mense wat nie sukkel met slaap nie, sal nie verstaan nie.  Dit maak jou mál, fokken MAL om vir maande aanmekaar net hier en daar ‘n “decent” nagrus in te kry.  Jy is “moody”, jy kry sakke onder jou oë, jou vel raak lelik, jy word maklik siek en alles is net ‘n gemors!  Ek is al so gatvol om snags as ek nie kan slaap nie Judge Judy te kyk (wat ek “record” op die PVR want ek reken die ouvrou is baie wys) ek kan kots in my mond!

By die apteek gekom, sien ek hulle haal ‘n botteltjie pille van die rak af wat vaagweg bekend lyk.  Ek vra hulle wat dit is, want daai lyk mos darem baie soos Dopaquel – daai ene wat my so laat vergryp het aan al die nannas.  Toe het die Psigiater per ongeluk Dopaquel in pleks van Dormonoct voorgeskryf.  Ek het my amper bekak.  En ja… ek het nie ‘n oog toegmaak gisteraand nie.  Ek sit met ‘n “hangover” en ek het nie eers gedrink nie.

En die laaste strooi?

Ek het vir die Tiener ‘n afspraak gemaak by die dokter want sy is nie vir my lekker die laaste tyd nie.  Sy kla oor kopsere, duiseligheid, moegheid en lusteloosheid.  Ek is versigtig vir suiker of ‘n yster tekort so ek wil maar net seker maak alles is oraait.  Ek sit vir haar gesonde kos in skool toe en ek sorg dat sy soggens Oats eet saam met ‘n vrug of yogurt.

Vanoggend toe gaan soek ek van my klere in haar kas want soms raak die “housekeeper” deurmekaar met ons klere.  Maar ek maak daai kasdeur oop en dis net “printouts” oor hoe om gewig te verloor aan die binnekant van die kasdeure geplak.  En ek dog by myself:  Ek hoop nie die kind is besig om haarself uit te sterf om gewig te verloor nie.  Sy is lekker lank en glad nie vet nie.  Sy moet net leer om mooi regop te loop want die tieners loop mos so asof hulle “Mount Everest” op hul skouers dra.  Dan wil ek ‘n ding mos ‘n kop-klap gee.  As jy mooi regop loop en sit dan lyk mens ook maerder.

Daar is ‘n urine-toets wat die dokters doen en onder andere kan hulle daardeur bepaal of jy baie lank terug geëet het – ek weet want toe ek Bulimies was het die dokter een keer getoets of ek dalk ‘n blaas-infeksie het en toe kak hy my uit want hy kon sien dat ek besig was om myself uit te sterf.  Ek gaan vra dat hy daai toets doen en as dit so is dat sy nie eet nie, dan is ek in my moer in sáám met my kind!

Weet julle hoe moeilik is dit om jouself lief te kry?  Dis ‘n eindelose “struggle”.  Maak nie saak wie wát vir jou sê nie:  As jy glo jy is vet en lelik dan kan NIEMAND anders jou opinie verander nie.  Ek wíl nie hê my kind moet so voel nie.  Ek sien al klaar in my geestesoog hoe ry ons weer, soos verlede jaar, twee tot vier keer per week op en af tussen sielkundiges – POEF! R1 400.00 net vir die Tiener vir ‘n stuk of agt sessies want die mediese fondse boef mens mos!

Hel man, as tieners maar net weet hoe “roller coaster” die lewe met jou ry as jy daai eerste rekeninge in die pos begin kry, vir papsmere en mammogramme moet gaan en ‘n huisverband moet betaal.

Ek gaan my blog se naam verander na “Pille en Trille”…

dec317fff672d3865bc41fa04250f140

 

 

5 thoughts on “‘n Lekker moan-sessie

  1. Hel girl dis omtrent n mondvol. Maak nie saak hor baie k@k jy het en hoe akkies jy voel nie…. jy het n ding met woorde en skryf. Ek neem aan die skryf maak jou ook beter voel. Heng ek hoop regtig jy kan bietjie slaap. My vriendin was lank op slaappille, oppad werk toe het sy my die oggend n storie vertel en die moddag oppad huis toe dieselle storie vertel… tot ek besluit het nou maak ek my mond oop. Die vrou VERGEET…. sy het dit eers aan oud word toegskryf… bollie, ek kon die kommer op ha gesig sien. En toe, toe is dit die slaappille wat haar so laat vergeet.
    Ai ek hoop jy is verkeerd oor jou tiener en ek hoop jou dag word beter.

    Like

    1. Ag thanx, man. Ek haat slaappille soos die pes maar ek is so desperaat. As ek enige onraad merk sal ek dit (weer) stopsit. Ja die Tiener, ek hoop my vermoedens is ongegrond.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s