Sharp-mieliepap!

Ek is “high on a happy vibe” vandag!

Die Tiener het toe nou nie dieët “issues” nie.  Voordat ons dokter toe is, toe maak ek haar skooltas oop en haal haar kosblik uit.  Die kosblik was leeg.  “Kan mamma asseblief vir my yogurt ook insit skool toe?” Verligting!

Volgens die dokter het sy die een of ander virus in haar oor wat haar duiselig en oor die algemeen sleg laat voel.  Haar cholesterol is hoog, afgesien van die feit dat sy binne haar BMI val, maar cholesterol kan ook voorkom by mense wat nie oorgewig is nie.  Haar suiker is ook laag.  Ek het haar vanoggend gevat vir ‘n reeks bloedtoetse, maar ek is positief.

Gisteroggend laterig toe begin ek opmerk dat my blaas vol voel, maar as ek by die toilet kom, dan is dit net so plassie pieps.  Ek vra toe by die spreekkamers of hulle my urine ook sommer kan toets want ek kén die aanloop van ‘n blaasinfeksie en ek wil dit keer voor dit hand-uit ruk.  Die naweek is op ons, mense!  Maar toe ek in daai koppie piepie toe voel dit of my derms knoop.  Dônner ek het amper omgekap in daai kakhuis van pyn!  En toe “check” ek daai bietjie piepie so en toe “freak” ek uit!  Verder wil ek nie uitbrei nie.  Iemand mag dalk net sy/haar Oatspap opgooi!

Die eerste vraag wat die dokter vra nadat hy daai “dipstick” in die urine gedruk het is:  “Is jy dalk swanger?”  Het jy al gesien hoe klim ‘n 38-jarige ‘n spreekkamer se mure uit?  Daar was klonterigheid in my urine en toe dink hy dit kan dalk tekens wees van ‘n miskraam.  Dokter sê toe vir my dat ek een MOERAWIESE blaas-infeksie het en dat hy nie kan verstaan waarom ek nóú eers voel dat iets nie reg is nie.  Álles aan die “dipstick” was verkeerd.  Witbloedselle, suiker, blah, blah…. Hy het vir my drie tipes antibiotika voorgeskryf en die urine weggestuur vir verdere toetse.  Sê nou net my lewer en niere het besluit om op te pak van al die rooiwyn?  Ek dood!

My ‘oorle “antie” Marie het altyd gesê blaasinfeksie is as gevolg van “sexual over-indulgence” maar die dokter het my verseker dit is nie die geval nie.

Kan mens so besig wees met die lewe dat jy vergeet van jou fisiese gesondheid?  Dat die hekse in jou kop so besig is om met jou emosies te lol dat alle pyn verdoof word?

Manlief vra my toe vanoggend:  “Hoe lyk jou piepie?”  ek antwoord toe:  “Cloudy, with a chance of meatballs”.  Hy het amper ‘n kat geskiet!

Maar ek is vandag dankbaar want 1) My kind het nie die een of ander eetsteurnis nie en 2) EK HET GESLAAAAAAP!!!!

Ek voel “Sharp, mieliepap”, soos die Laatlam altyd sê!

2e79ba85130f3123f547a40c3946c38d.jpg

2 thoughts on “Sharp-mieliepap!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s