Is dit net ek…?

Die Tiener se bevalling en haar baba-tyd het my erg getraumatiseer.

Ek het mos maar die swangerskap en die kind-grootmaak ding op my eie gedoen.  Maar dit is nie juis die punt nie.  Ek sê baie keer vir mense:  “Dit is makliker om ‘n kind alleen groot te maak as om getroud te wees”.  Deur die swangerskap het ek hordes boeke verslind en ek het ‘n normale geboorte en borsvoeding beplan.

My plan her gebackfire!

Ek het ‘n week vóór die bevalling by my ma ingetrek.  Die ginekoloog was “spot-on” met sy datums.  Volgens hom sou die Tiener min of meer op die 27ste Augustus haar verskyning maak.  Laat-middag die 27ste het ek in kraam gegaan.  Ek wil nie veel op die “experience” ingaan nie, maar drie dinge kan ek bevestig:

  • Ek het my ma gebyt só erg was die pyn.
  • Ná ‘n kraampyn sal jy nooit weer bang wees vir ‘n naald nie.
  • Nee, jy vergeet nie die pyn sodra daai bondeltjie eers in jou arms is nie. Ék het nie.

Om ‘n lang storie kort te maak:  My liggaam het in skok gegaan.  Ek wou nie ontsluit nie.  Daar was sulke groen foefies in die vrugwater – ‘n teken dat die baba in moeilikheid is.  En toe daal die Tiener se hartkloppie en hulle vind toe uit dat die naelstring om haar nekkie gedraai het.  Sy is die volgende oggend 2:10 met ‘n noodkeiser gebore.

Die pyn van die wond was onbeskryflik.  Dan het hulle maar vir my Pethidine ingejaag maar ek was so stupid en onbeholpe, Pethidine of de-not.  Níks wat ek gedoen het was reg nie.  Daar het ‘n vrou langs my gelê wat ‘n dag of wat tevore haar tweede kind ook met ‘n keiser gehad het.  Ek was so frustreerd want sy het rondgeloop en geborsvoed en gekoer en gekak en daar lê ek, en die Tiener wil nie “latch”.  Ek onthou haar man en hul ouer seuntjie was omtrent permanent by haar en die baba.  Ek het soveel pyn gehad, dat as ek wou (probeer) borsvoed, dan kon ek nie opstaan om die gordyn tussen ons beddens toe te trek vir ‘n bietjie privaatheid nie.  En op ‘n stadium toe dink ek net:  “Fok hierdie kak!”  En ek pluk daar ‘n vet “juicy” tiet uit – vóór haar man en kind.  Daai vrou het haarself amper betjorts!  Ons wit mense is mos maar baie diskreet met die borsvoed-ding.  Ek ook – maar as jy op pyn medikasie is dan voel jy vere!

By die huis gekom, begin my boobies swel, en swel… Die melk was daar, maar dit wou nie uitkom nie en die Tiener wou nie “latch” nie.  As ek so in ‘n warm stort gestaan het, dán het dit gespuit vir ‘n vale.   Later het my tatas so half vierkantig begin lyk.  Ek het gatvol begin raak vir vrouens wat kom kuier en dan aan my borste kom pluk en trek sodat ek net moes borsvoed – soos dit ‘n goeie ma betaam.  Jy is mos slang-kak se skaduwee as jy nie borsvoed nie.  My tepels het later gelyk soos moerbeie.  Ek was verby moedeloos.  Eendag het my ma net besluit genoeg is genoeg en pille gaan kry om die melk op te droog en ‘n blik Lactogen gaan koop.  Ai “shame” die Tiener was honger-verby teen die tyd wat sy uiteindelik kon drink.

Twee weke ná die bevalling is ek en die Tiener weer terug na my woonstel toe.  Behalwe dat ek baklei het teen nageboorte-depressie (onthou, daar is ‘n GROOT verskil tussen “baby-blues” en nageboorte depressie) kón ek net nie regkom met die Tiener nie.  Sy het geskree van die môre tot die aand.  Sy het gesukkel met krampe en winde.  Haar dag en nag was omgeruil.  Álles was net nie hoe ek dit beplan het nie.  Ek was voos.  Soms het ek haar sommer in die middernagtelike ure in my kar gelaai en om-en-om-en-om die dorp gery want dit het haar rustig gemaak.  Maar wat doen jy as daar niemand is om te help nie?  Jy gaan maar aan.  Later voel dit asof jy op “auto pilot” is, afgesien van al die chaos om jou.  Maar in jou binneste wil jy eintlik daai babatjie voor iemand se voordeur gaan los – net vir ‘n paar dae…

Dinge het beter geraak toe ek terug is werk en toe die Tiener vier maande oud was. Toe raak ek darem bietjie meer beholpe.

Die Laatlam se geboorte en alles daarná was anders.  Die pyn van die keiser was aansienlik minder en ek het van die begin af besluit om te bottel-voed.  Ek was net ‘n dag later as die ander mammas ontslaan want my hande se palms het geel begin raak en hulle wou my nog ‘n aand daar hou vir observasie.  En toe ek al daai leë hospital wiegies so sien in die gange, tóé kry ek “baby-blues” en tjank.  Toe my man my die volgende dag kom haal en ek sien ‘n bedelaar-kind by die “robot”, toe tjank ek.  Toe ek my hond sien, toe tjank ek.  Toe ek sien daar is nie melk in die yskas nie, toe tjank ek.  Ek was erg emosioneel vir ‘n dag of drie maar ek kon “cope”.

Nou begin van ons vriende eers babas kry en ek sien baie mammas by die kleuterskool wat hul eersgeborenes na die baba-klassie bring en ek is vrek-nuuskierig.  Dan vra ek hulle oor die bevalling en alles daarná want ek hoop iemand het, nés ek hierdie vreeslike pyn gehad en alles het net skeefgeloop.  Maar neeeeee!  Of die baba het uitgegly, óf dit was van die staanspoor af ‘n beplande keiser.

Dan vra ek hulle oor die borsvoed-winde-en-slaap-kwessie:  “Ôg, sussie is so soet.  Ek borsvoed haar en dan lê ek haar net neer.  Soms moet ek haar wakker maak om te voed”.  Of “Hy skree net as hy ‘n vuil doek het.”  Baby-blues:  “Wat is dit?  Nee man ons straal van happiness… Jy sien mos”  Dan wil ek slange vang want dit voel asof ek die enigste ma is wat álles agterstevoor gevang het met my eersteling. Wat hierdie jong mammas rook weet ek nie.  Hulle lyk so mooi op die kiekies wat in die teater geneem word net ná die baba gebore is.  Die borsvoeding loop vanaf die begin af seepglad.  Hulle ken van winde uitvryf en sweef op ‘n wolk van “glorious bliss” en dit vat sommer die piss uit my uit.

Ek wil net ééndag ‘n nuwe mamma by die kleuterskool se hek voorkeer en haar vra hoe dit gaan, en dan moet sy op-crack en vir my sê:  “Dit is kak!  Ek kan nie!  Hoe gaan ek hierdie kind groot kry?  Ek weet nie wat ek doen nie… Kyk hoe lyk my tiete van die melkkoors”  En dan wil ek haar ‘n drukkie gee en vir haar gaan kuier en die babatjie net vir so uur of twee vat sodat sy kan rus.

Maar nee, die hele spul word heel waarskynlik Prozak ingejaag saam met die “Pre-natal vitamins” sonder dat hulle dit weet…  Hoe kry hulle dit reg?

10 thoughts on “Is dit net ek…?

  1. Ag ek dink in elk geval die mammas lieg almal met oop oë, selfs hier by ons kleuterskool. Want, let’s face it, babas is beslis nie vir pissies nie. Ek dink dis net so moerse kompetisie tussen die ma’s om te kyk wie is die gelukkigste en wie se kinders is die maklikste – ek weet, want ek werk met ‘n spul vrouens. Vooraf is dit DIE BESTE BLESSINGS en by die huis k@k hulle af.

    2 van my 3 seuns was prem gebore, die oudste op net voor 30 weke en die middelste net voor 32 weke. So my planne het ook heeltemal gebackfire. Ek het nie eers melk gehad nie en my kind het 24 uur feitlik geskree. Tot ek hom op ‘n bottel gesit het. Met die derde een het ek sommer die bottels ingepak hospitaal toe, want ek het teen daai tyd GEWEET ek het nie melk nie, maar is nogsteeds omtrent op die brandstapel gebrand daaroor. Voeg by dit alles dat ek selfs feitlik nog ‘n kind was en jy het ‘n resep vir chaos.

    So ek erken sommer dit was vir my ‘n nagmerrie! 🙂

    Like

      1. O want die een moet altyd meer GEBLESS wees as die ander. Gee my so kramp in my gat.

        Dink dis die rede hoekom ek nie werklik vriendinne het nie. Hierdie voorgee kan ek nie verduur nie. As ek wil vloek wil ek vloek. As ek wil drink wil ek drink. En as dit kak gaan gaan dit kak. en klaar!

        Liked by 1 person

  2. Hulle speel n movie voor ander by die huis gaan dit beslis nie so rooskleurig nie. Jy is noe die enigste een nie, beslis nie. Jy hoor net nie van hulle “doings” nie… eendag as hulle jou ouderdom is sal hulle die guts he om al die vuil lappe uit te pak. Vir nou moet hulle gesigte opplak vir die wereld daar buite.
    Mmmm baba’s …. nou op 38. Nee dankie ek is broeis maar sit gaan gou oor as ek n driejarige n vloermoer sien gooi. Baba vat ek enige tyd maar van 3 jaar af … nee dankie. Dai “fokkenfours” werk nie vir my nie. Moet se my 2 tieners sal die baba lag-lag grootmaak.

    Liked by 1 person

      1. Tans moet ek taxi vir die tieners se sosiale lewe…. dit beperk my social lewe… ek kan nie wyn drink en taxi nie…. 😂 maar dis lekker om saam hul jonk te wees

        Like

  3. Ek is n mamma van vier kids en hulle is almal nog bitter klein en elkeen se geboorte was n heel n ander storie. Die eerste was ek dom verby. Ekt nie n boek van n dagoud gelees nie, gedink daars nog tyd…toe wil baba uit. My borste was al in die hospitaal oorvol en melkkoors…dis onmenslik seer en probeer dan nog n klein mensie kry om daaraan te drink ( het dit met al vier gehad) dan byt ek op my tande want ek is mos n goeie mamma. Party aande skree baba vir ure en ure gooi op dat dit lyk soos n boog….
    Ja ek was moeg ens ens ens

    Maar ek moet bieg ek love die klein babatjies…ek love die klein lyfies…ek vat die min slaap die ongemak!! Hierdie tantrums en terug praat stadium. Elke saterdag rugby ens ens is vir my n helse uitdaging

    My vriendin het nou n babatjie tweede een en sy haat die baba stadium. Ek love die baba stadium

    Dis hoekom ons almal verskil. Maar ek dink enige mamma wat se n baba is n breeze lieg, want dis bitter baie harde werk en n helse uitdaging!!!

    Jy is nie alleen nie.

    Like

    1. Holy Moly ek is nie gemaak vir 4 kids nie! Ek het respek vir enige iemand wat meer as twee het. Jou vriendin is ‘n ster om so eerlik te wees. Gee hulle vir my tussen vier maande en ‘n jaar want dan is hulle cute. Tot en met ses, dan sal ek hulle weer vat en as die hormone begin inskop dan is dit ‘n battle van epiese proporsies!

      Like

      1. Dankie, maar dit klink baie erger as wat dit is. Soms raak dit moeilik om jou aandag te verdeel, veral op die dae wat jy net bietjie tyd vir jouself wil he, maar andersins hou hulle mekaar besig en kan ek rustig sit en ‘n koppie koffie geniet terwyl my vriendinne rondhardloop 🙂
        Dis baie beter om eerlik te wees as om op jou eie te suffer..
        Ek moet se ek sukkel met die stadium van: “maar my juffrou sê….”

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s