Die properse manier om te “poop”

Kyk nou díé stukkie bruikbare inligting waarop ek afgekom het…

Proper-bowel-movement

Né..?

Wat my laat dink aan die dag toe ek en die Mister en die kinders oppad terug was van die Kaap af.  Ons het ontbyt gaan eet in Laingsburg en toe is ons weer oppad.  Nou, enige iemand wat weet, sal vir jou sê dat daar fokhol aangaan tussen Lainsburg en Beaufort Wes nie.  Dis net polle, vlaktes en sand.  En windpompe – ek tel winpompe as ons deur die Karoo ry om tyd te verwyl.

So 45 minute uit Lainburg toe begin hierdie mamma mos ‘n aardigheid in haar derms voel.  Van my tienerjare sukkel ek met ‘n spastiese dikderm.  Of ek kak vir twee weke klippe, óf ek het spuitpoep.  My konstitusie het nog nooi behoorlik gefunksioneer nie – verál nie daardie dag in die middel van nêrens nie.

Ek begin toe in ‘n “panic” gaan want ek weet wat ek weet, en die laaste wat ek in daai wêreld was, was daar nie ‘n Shell Ultra City (of ‘n “decent” toilet “for that matter) vir ETLIKE honderde kilometers nie.  Ek tokkel so met die TomTom… niks… Ek foeter met my selfoon se GPS… NIKS – o, daar is ‘n sein maar geen kakhuis nie!  Ek slat in ‘n sweet uit en sê toe vir my man:  “Liefie, jy beter ‘n afdraai plek kry met ‘n boom of ‘n ding want ek gaan vandag jou BMW beskeit!”  en hy sê:  “Wat de moer, liefie jy was dan nou net toilet toe by Lainsburg?”  Sug…  Asof ek nou níé die geleentheid aan sou gryp as ek geweet het in waste penarie ek myself sou vind nie…

Hy ry en ry en ek knyp dat die are op my slape bult.  En die pad is besig want almal is oppad terug huistoe ná die Desember vakansie.  Ons sien toe langs die pad ‘n selfoontoring met ‘n hek wat oopstaan en manlief jaag dat die klippers en stof so spat!  Die toring staan toe op ‘n betonblok en is  omring deur ‘n paar droë bosse en polle.  Maar kyk, ek spring uit daai kar met die “Wet Wipes” en ek mik vir ‘n bos.  Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde het ek stil geraak en gekyk vir slange en toe gaan hurk ek (soos die foto hierbo) en ek skeit ‘n ding deurmekaar.

Toe ek nou klaar is en omdraai toe sien ek dat ek met my hele gat-kant na die pad se rigting toe gesit en skeit het.  Ek het soos ‘n regte doos gevoel, maar die gevoel van verligting was beter.

Tot in Beaufort Wes het ek nie die einde daarvan gehoor nie.  My man en die Tiener het hulle oopgeruk.

Nou moet jy weet, ek poep nie eers voor my man nie.

Êrens in die Karoo het ek ‘n deel van my trots verloor…

3 thoughts on “Die properse manier om te “poop”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s