“Suiwer”

Ek weet nie hoe gaan ek vandag my oë oophou nie!

Gisteraand was die eerste keer dat ek uitgegaan het sedert ek uit die “psych ward” ontslaan is.  Mens onttrek jouself mos maar van die samelewing as jy depressief is.  Om eerlik te wees – ek wíl nie meer uitgaan nie.  Om self “groceries” te gaan koop is vir my ‘n bron van groot irritasie.  Ek soek nie baie mense om my nie en te veel lawaai laat my “panic”.  Maar die aand het heel lekker uitgedraai.  Ons het eers ná elf by die huis gekom en toe drink ek my slaappille – so ek moet my oë vandag met tandestokkies oophou. So, as my skryfwerk bietjie onsamehangend is, is dit omdat ek einlik nog maar vreeslik deur die kak is en my brein soos watte voel.

Hier het so paar maande terug ‘n vrou by ons begin werk.  Hoe kan ek haar beskryf?  Suiwer.  Ek ken net drie “suiwer” mense – dié vrou, ‘n vriendin waarmee ek maatjies is sedert ons nege jaar oud is en Hodor.  Maar Hodor is nou dood so ek ken net twee suiwer mense.  Wat beteken “suiwer” vir my?  Hulle is só goed dat mens voel hulle hoort nie in hierdie besmette samelewing van ons nie.  Soos engele.  Of klein kindertjies.  Of diere.  Mens wil hulle net beskerm en keer dat hulle nie deur die wêreld ge-“corrupt” word nie.  Jy voel jy kan hulle met jou diepste, donkerste geheime vertrou want hulle laat jou veilig voel en hulle oordeel nie.  Dit is min dan sulke mense jou pad kruis.  Die ander dag was een van ons base bitter lelik met dié kollega van my en dit het gevoel of ek hom ‘n kop-klap kon gee!

Is jý so bevoorreg om ‘n “suiwer” mens te ken?

Gister toe is daar omtrent ‘n honderd EEF lede wat hier onder gestaan en sing het.  Dié “suiwer” kollega van my, wat baie mooi kan sing bygesê (soos die engel wat sy waarskynlik is), het toe voor daai lotte gaan staan en “De La Rey” en “Die Stem” begin sing.  Klip-fokken-hard!  Ek het die “commotion” in my kantoor gehoor maar dit geïgnoreer want sulke stront gaan gereeld af in ons kant van die SBD.  My amper bekak toe my ander kollegas my vanoggend daarvan vertel.  Waarom het hulle my nie laat weet nie?  Ek mis ook al die pret-en-drama.  Verlede week het twee van my kollegas baklei en die een het amper die ander ene gebliksem – ek?  Salig onbewus van al die aksie!

Anyhoo… laat ek aangaan met my dag wat soos ‘n mistige berg voor my lê.

Lekker naweek, nê?!

23b9d804fb5c4d54e79f144f0dcf2cdc

2 thoughts on ““Suiwer”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s