Harambe…

Almal het maar ‘n opinie rondom die Gorilla-en-die-Kleuter tragedie.  Wat “awesome” is.  Ons is geskape om verskillende opinies te hê en elkeen het ‘n stem – gebruik dit.

Wat is mý opinie oor die storie?

Ek het die video ‘n paar keer gekyk en na mense se redinasies geluister.  Van ‘n afstand af geobserveer en gedink… “Methinks” maar net hoe de moer die kind in die eerste plek in daai “enclosure” gekom het?  Is dit nie maar onverantwoordelikheid van die dieretuin se kant af nie?  ‘n Kenner van gorillas en dieretuine het gister háár opinie oor die hele sage gelig en ek stem nogal saam.  Volgense haar vat ‘n “dart” ‘n rukkie om sy ding te doen en die kind kon in daardie tyd seergekry het.  Sy sê ook dat, volgens die gorilla se gedrag in die video, hy die kind meer gesien het as ‘n speelding as iets wat beskerm moet word – kyk net hoe die kind aan die arm gesleep word deur die water.  Die gegil en lawaai van die mense het hom ook begin ontsenu wat sy gedrag kon beïnvloed het.  Maar “nevermind” die kenners se opinies.  Dit is steeds moerse hartseer dat so pragtige gedierte moes doodgaan.  Dit is ook hartseer dat diere in aanhouding gehou moet word vir ons plesier, maar ons moet ook in ag neem dat baie dieretuine dit ook maar doen om bedreigde spesies te beskerm – en weereens is dit maar die mens se skuld, anders sou hulle nie bedreig gewees het nie.

As ‘n ma van ‘n kleuter wil ek nie graag ‘n opinie lig oor die ouers se onverantwoordelikheid nie, want kleintjies beweeg vinniger as lig.  Maar een ding kan ek sê… hier kom een moerawiese hofsaak.  Die Amerikaners “like” mos van “left right and centre” dagvaar!

Gister, toe ek oppad was om die Laatlam kleuterskool toe te vat, toe praat hulle oor die radio van die voorval.  Vóór my ry daar ‘n kar.  ‘n Tweejarige staan op die agterste sitplek en bekyk die wêreld.  Waai nog so ewe vir my.  Die kar draai ook in by die kleuterskool se “parking lot”.  Ek parkeer langs die kar.  Kyk so en sien die ma en ‘n ouer vrou sit voor en rol die vensters af.  Hulle sit nog so bietjie.  Steek elkeen ‘n sigaret op.  Die kind staan nog op die agterste sitplek.  Ek haal die Laatlam uit haar stoeltjie en kry al haar bagasie want dis mos “Playball” en “Swimkids” en “what not”.  Toe ek verby die kar loop, hoor ek hulle is in ge”tune” op dieselfde radiostasie as wat ek was.  Wou seker maar die storie van die Gorilla-en-die-Kleuter klaar luister.  En die vrou sê:  “Watse kak ma is dit?  Sy moes haar kind dopgehou het!”  En ek dink:  “Dafak”?  Jy en jou passasier sit en rook die kar blou met ‘n twee-jarige wat op die agterste sitplek staan – sy is nie eers vasgemaak nie!  Niks teen rokers nie.  Ek rook ‘n ding blou.

Mense wat so fokken oordeel!

download (5).jpg

2 thoughts on “Harambe…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s