Die “eerste keer”…

Een van die besluite waarmee ‘n vrou vir die res van haar lewe sal moet saamleef, is wie haar van haar maagdelikheid ontneem het.

“Wat is ‘n ou vliesie en ‘n bietjie bloed tussen twee onopgevoede mense?”, sal sommiges sê, maar op die rype ouderdom van 38 begin dit nou ‘n impak op my lewe hê.  Seker maar omdat ek die Tiener se ouderdom was toe dit gebeur het.  Omdat ek ook maar geglo het dit was die liefde van my lewe en dat niemand dit meer verdien as hy nie.  Ek was so fokken onnosel.

Almal gooi kak voor jou kop:  “No regrets” en “Don’t look back”.  Stront man!  Ek wens ek kon dinge oordoen.  As my man en kinders op die kaarte was nog voordat ek gebore was, dan sou hulle mos “anyway” oor my pad gekom het?  Ek glo nie in die noodlot nie.  Ek glo dat jy in elk geval opeindig waar jy moet, maar dat die verkeerde besluite jou ervaring kan befonkfooi en herinneringe kan versuur.

Ek en “my eerste” het vir agt maande uitgegaan toe ons besluit het om saam te slaap.  Ek sou sy eerste wees, en hy mýne.  Nou dat ek daaraan dink besef ek dat hy vir my gelieg het.  Ek wás nie sy eerste nie.  Hy was ‘n regte slet!

Dit het só vining gebeur en dit was ALLES behalwe spesiaal.  Ons was in ‘n vuil kamer met vuil beddegoed.  Dit het na tos, sweet en ou rook geruik.  Met Sepeltura in die agtergrond.  Daar was bloed en dit was séér.  Onvervuld.  Telleurstellend.  Alles beghalwe dít wat ek verwag het en wat ou tannies wat “gewag” het my vertel het.  Ná “dit” gebeur het, het dit gevoel asof álmal weet.  Ek dink almal hét seker geweet.  Dit is mos outjies se “bragging rights”.

Ons het op die ou einde twee jaar uitgegaan.  Elkeen sy eie rigting ingeslaan omdat dieselfde bedmaat hom begin verveel het.  Ek was stukkend maar ek het weer heel geword, soos almal belowe het.  Ek dink deesdae hóé dit sou gewees het as ek my bene toegehou het.

Gisteraand toe het ek weer een van my “night terrors” gehad en ek is reguit terug na daai kamer.  Die verbleikte blou “duvet” met die kom-en-sweet-reuk.  Ek is ‘n maagd.  Hy vroetel en vat en gryp en ek keer.  Ek skree en huil maar níks kom uit nie.  In die agtergrond het die een of ander liedjie gespeel waarvoor my ouma baie lief was en ek het begin huil want ek soek haar maar sy is dood.  En ek is náár want die stank wurg my.

Toe skrik ek wakker in ‘n plassie bloed en ‘n hart wat jaag.

Die fok weet ek wens dit kon anders wees.

Ek sou graag wou terug dink aan daai “eerste keer” met heimweë…

Mens is faktap as jy jonk is!

Chocaholic123-04_zpsd6cf3e05.jpg

images

 

3 thoughts on “Die “eerste keer”…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s