Wildsvleisch-rescheppie…

Aweh!

Daai wildsvleisie was toe ‘n moerawiese sukses.  Ek is baie “chuffed” met myself.  Ek het nou nie foto’s geneem nie, want wildsvleis (in enige vorm) is nie ‘n mooi gesig nie.  Ek gaan nou ook waaragtig nie die ding optof met blaartjies pietersielie en kersietamaties as hy reguit “deep-freeze” toe moet gaan nie.

Hier is my sukses-storie.  Ek het die Wildebees se fillet gebruik.

  1. Wapen jouself met ‘n goeie bottel rooiwyn. Verkieslik een met ‘n kurk-prop wat meer as R46,95 kos.  Kurk sit “magic” in die bottel.  Is nou maar net so.
  2. Moer die fillet in jou stoompot (ek gebruik nou net ‘n gewone ene want die elektriese stoompotte hou nie by my nie) met bietjie olie en braai tot bruin.
  3. O fok ek het vergeet! Gooi vir jou ‘n glas wyn en sit mooi musiek op – “whatever rocks your socks…”  Ek het sommer bietjie Muse opgesit.
  4. Braai ‘n groot, fyngekapte ui saam met die fillet.
  5. Gooi nog ‘n glas rooiwyn in en haal diep asem. Baie mense kan die reuk van wild “handle”, maar ék kan nie!  Suig maar ‘n peppermint, as jy moet, maar dit laat die wyn kak proe.
  6. Sodra die ui mooi bruin is, gooi jy die volgende in:  ‘n koppie water, ‘n koppie rooiwyn, ‘n koppie asyn en ‘n halwe koppie balsamiese asyn (ek dink dít was die wen-bestanddeel, alhoewel dit nie in die oorspronklike resep was nie).
  7. Verder: 6 Naeltjies, eetlepel droë roosmaryn, eetlepel droë tiemie, 4 lourier blare, baie swart peper en ‘n teelepel (of meer?) varsgemaalde knoffel.
  8. Gooi nog ‘n glas wyn (vir jouself).
  9. Ek het nie verder gesout nie want ek sal dit doen as ek dit weer opwarm en aartappels en wortels bysit.
  10. Nou stoom jy die vleis MOER-TOE. Ek het hom vir so drie ure laat stoom.  In daardie tyd kan jy nog ‘n bottel rooiwyn wegslaan.
  11. Sê vir jou man (of enige verantwoordelike volwasse persoon) hy moet die stoof se plaat afsit want jy gaan uitpass.. en die vleis kan droog kook en brand…

Geniet saam met ‘n lekker potbrood en REGTE botter…

2653a7fdb914f882940255f7f1a426d8

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s