Swart (of grys)

Mense soos ek word nie tegemoetgekom in klerewinkels nie.  Daar is vir my nie ‘n groter gat-kramp as om vir myself klere te koop nie.  “I’m telling you” ek sal by die Jehova’s Witness aansluit net om die druk van gesofistikeerd-aantrek te vermy.  Verkieslik met ‘n swart of grys rok.

Dit is so vandat ek op skool was.  Ek het deur die “Blossom” stadium gegaan:

aa04b83b1e756743280691ef4c8ab108

En toe gaan ek deur die “Grudge” stadium:

images (1)

49d696bb4aef499007d07bbcd318256c

Dáár het ek half-en-half vasgehaak.  My ouma het altyd vreeslik gekerm oor my swart klere en ‘n ou sondagskool juffrou het vir die hele dorp vertel ek is ‘n satanis – ek het nou die dag my ma daaroor uitgekak.  As iemand sulke stront oor mý kinders praat dan sal hulle in hul eie “yard” gebliksem word!

Ek het my nie opgehou met hierdie modes nie.  Die motte het dit opgevreet:

download (7)

Ek hou van mooi lyk nes enige iemand anders, maar ek is glad nie ene wat die modes slaafs navolg nie.  Ek sweer, as dit nie was vir my wilde verbeelding nie, dan het ek ook tweedehandse swart of grys klere gaan uitkrap in daai bondels wat die Nigeriër voor ons kantoor uitpak.  Maar my moed begewe my want ek is bang ek eindig op met ‘n dooie prostituut se klere… Of dat ek dalk terrorisme finansier.  Ek verkies gemaklik (en swart of grys).  Dit moet voel of ek oppad kooi toe is, maar dit moenie so lyk nie.  My sielkundige sê party mense is sensories baie sensitief en ek is dalk so met my vel.  Niks moet druk en skaaf nie.  As ek ‘n paar skoene koop en dit knyp my, gee ek dit dadelik weg.  As my bra my pla, dan trek ek hom uit.  Sommer so in my kantoor.  Die ding het al uit my swart handsak uit geval toe ek eendag vir die “car-guard” geld gesoek het.

Ek hou van lang, vloeiende kledingstukke – verkieslik swart of grys, maar dit moet my nie vormloos laat lyk nie.  As ek eendag oud is, dan gaan ek met sulke lang swart (of grys) “kimonos” rondloop, “bloody mary” en sigaret in die hand.  Kaalvoet.  Met ‘n swart blom in my grys hare.  Sonder ‘n “panty” en “bra”.  Ek gaan “full-blown commando” gaan…

In die winter kom ek nogal met baie weg want ek kan “leggings” dra.  Swart of grys.  Almal sê ek het mooi bene.  Met stewels – swart of grys.  Maar dít wat ek bo-oor dra, is nou ‘n perd van ‘n ander kleur (?)…  Dan sal ek nou die winkels kaf-draf op soek na iets moois en ek sal iets “gorgeous” sien, iets swart of grys – en dan is dit ‘n “size” 40… en ek sal deur daai hangers “flip” en die “sizes” gaan net groter.  Of ek sal iets in my grootte kry en dan span dit oor my pens, of nog erger, hy maak so plooi agter op my rug as ek myself ‘n drukkie gee.  ‘n Pragtige patroon met die lelikste materiaal of kleur – álles behalwe swart of grys.  Dan wil ek daai winkelpoppe sommer bliksem.

Dieselfde geld vir denims.  Ek hou van die ou “bootleg”.  Maar deesdae kry jy óf die “ou-tannie” denims wat tot net onder jou tiete kom (die Tiener vrek oor dit) of jy kry die “skinny jeans” waarvoor jy Vaseline nodig het om aan te trek.  Sug…

Ek is so spyt dat ek nie toegelaat het dat my ouma my geleer het om naaldwerk te doen nie. Ek wou mos eerder net gaan gat-skuur…

aaaaa

Ek meen, ek ry tot ‘n swart kar.  Maar daai is eintlik ‘n kak idee want jy sien elke merkie.  Self Jeremy Clarkson stem saam met my.  Jy kan nie wen met ‘n swart kar nie.  My volgende kar sal grys wees.  So donker “charcoal” kleur.

“The struggle is real…”

7 thoughts on “Swart (of grys)

  1. Ek het nou weer lekker gelees en lekker gelag, ek geniet dit hier by jou blog.
    My vriendin praat my gereeld aan oor ek altyd net grys dra… ek zoot altyd alles op met n magdom krale om my nek. Een ding wat EK glad nie het nie, is mooi bene… ek het sulke vet, oos-wes kniee…. my oudste het die mooiste bene. Bootleg werk ook vir my want ek kan plat skoene en ook tekkies saam met dit aantrek, maar ek het ook nou eerder daai skinnies wat jy amper aan verf. As ek my sin kon kry sal ek elke dag n denim aantrek, stylvol met mooi bykomstighede en mooi skoene – maar tog lekker gemaklik. ooj ja en grimering

    Like

    1. Ag dankie skattie. O ja moenie die grimering vergeet nie. Ek gaan haal nie eers pos uit sonder grimering nie want ek lyk soos ‘n albino. Ek het darem ook vrouliker geraak met die krale en “what not” of ‘n serp.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s