Berg-lekkerte

Jaaaaa… en nou bevind ek my weer in die kak-gat met sy vuil lug en Nigeriërs wat onwettige aborsies adverteer.  Ek HÁÁT hierdie satans-nes!

Hierdie naweek in die Drakensberge was fantasmagories.  Ek wens ek kon nóg ‘n paar dae gebly het.  Dit was werklik ‘n belegging in my en die Mister se huwelik.  Eendag, as ek ryk is, gaan ek vir my ‘n klip-huisie in die berge koop.  Party mense droom van seks op ‘n trein of op ‘n skoolhoof se lessenaar.  Ek droom van ‘n klip-huisie in die berge…  Ek mag mos maar.

3e942f3d12b47b80dc2c35c2cc58a095

Wat kan mens alles daar doen?  Jy kan jou Quad saamvat, as jy een het.  Ons het nie een nie.  Kyk, soms moet mens die stilte koester en ‘n Quad voel soms so asof jy Moeder Natuur in die gesig vat.  Daar is ‘n tyd en plek vir alles.  Hierdie plek is vir stil-raak.  Die wind in jou ore en die geknetter en sis van hout in die kaggel.

920494e68a899db494ede5600a4bcbe1

Jy kan gaan 4×4 en na die Retiefklip en “Kaalvoet Vrou”gaan kyk.  Wat ons gedoen het.  Net vir ‘n rukkie.  Om een of ander rede raak my derms omge-ally as ek grondpad ry.   Dit wil ook voorkom asof die beeste op die plaas ergerlik raak as daar viertrek-voertuie verby kom so mens kan nou nie gan putty-stoot tussen ‘n klomp bemoerde beeste nie (nie dat ek ene is wat my dinge graag in die buitelug doen nie maar my maag is WERKLIK nie homself die laaste tyd nie).  Ek weet nie.  Dalk dink hulle daar is voer of lek oppad.  Ek is nie ‘n plaaskind nie, ek sal nie weet nie.

Verder vreet, slaap, suip, lees en pangelang jy net.  Daar is ook nie TV nie.  So staal jouself.  Vat ook baie leesstof, “charcoal”en “lube”saam.  O, en daar is ‘n borrelbad en kaggel.  Baie belangrik – los die kinders en jou “laptop” by die huis.

870557a629551e6367dacf662aa0cd3f

Ná drie bottels Muscadel en drie lekker dik boeke is ek reg vir die paar weke voordat ons see toe gaan. My longe is oop.  My dikderm is skoon.  My nekspasma is iets van die verlede.  My vel lyk “gorgeous” en ek voel uitgerus.  Ek vee my gat af aan die Tiener se dikbek en die Laatlam se vloermoere.  Ek is so kalm soos ‘n dagga-walm (behalwe vir die Nigeriërs met hul pamflette).

Saligheid…

10 thoughts on “Berg-lekkerte

      1. Ek sou my kinders net gestraf het as ek hulle sou saamvat. Hulle sou net op ‘n klip in die wind gesit en snot pik het. Maar ja, couples moet tyd maak vir mekaar. So ook is dit goed om so een naweek ‘n jaar saam met ‘n paar vriendinne weg te gaan.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s