Die Stiefpa – Hoërskool Jare (Deel 1)

In 1991 is ek hoërskool toe en het my ouers besluit om terug te trek na waar ons oorspronklik vandaan gekom het om nader te wees aan die besigheid wat hulle by my oupa-hulle oorgekoop het.

Hulle het ‘n huis laat bou in die “lanie” gedeelte van die dorp en vriende gemaak met die straat-“snobs”.  Bo blink en onder stink.  Ry met hulle fênsie karre op en af en “entertain” dat hulle ogies ná die tyd soos muishond-poesies ná paar-tyd lyk, maar “back at the ranch” is dit ‘n rond gehoerery onder mekaar.  En ‘n tydig en ontydige bloedbad omdat pappa vir mamma ‘n paar snot-klappe gee.  Niks beters as die skuim van die dorp nie.  Dit was maar net mooi weggesteek agter agt-voet mure in ‘n pragtige, boomryke straat.  Dit het my altyd gegrief dat my ouers so status-bewus was en altyd ‘n opinie gehad het oor my vriende wat uit die gopse kom, maar in hul binnekringe het baie onheil gebroei.

My stiefpa het ook vir hom ‘n klein “empire”tjie met gom-gat besigheids-kennisse bymekaargemaak en gereeld na werk saam met hulle gekuier – “om besigheid te praat”.  Hierdie mense was vir my baie “dodgy” – altyd besig met goed want eintlik niks met die familie besigheid te make gehad het nie.  Ons het omtrent net drie maal ‘n week as gesin saam gesit vir ete.  Vir ‘n slag kon ek weer ontspan aan tafel.  Behalwe dat my ma omgekrap begin raak het oor my stiefpa se gefuifery.  Dan loop sy daai gang op en af en ek sien hoe sy besig is om opgewen te raak.  Die dag as hy wél betyds vir ete huistoe gekom het en ek gehoor het hoe die motorhuis se deur oopgaan, het ek letterlik angstig begin raak.  “Wat gaan vanaand gebeur?  Wat het ek vandag weer verkeerd gedoen?  Gaan ek weer gestraf word, en hoe?”  As hy dronk was, dan kon ek hom “handle” want dan was hy en my ma aanmekaar.  Dan het hy my uitgelos.  As hy nugter was, dán het ek gekak.

Ek en my ma se verhouding was teen daardie tyd heeltemal tot nuut.  Ek was maar net ‘n bywoner wat gereeld “baby-sitting” vir my sussie moes doen want my ouers het ‘n baie bedrywige sosiale lewe gehad.

Dit is ook toe my stiefpa se rondlopery hand-uit begin ruk het en vir baie vernederende oomblikke gesorg het.

Ek was so standerd sewe toe ek een oggend opstaan om kerk en Sondagskool toe te gaan.  Ek het maar altyd alleen gegaan.  As jy nie gereeld kerk bygewoon het nie, het hulle geweier om jou voor te stel en aan te neem.  Niks met die Here te doen nie.  Eerder wat die mense sal dink…  In elke geval, my stiefpa het vir my gesê ek moet terug klim in die bed en verder slaap en nie kerk toe gaan nie.  “Eienaardig,” het ek gedink…  Hy is toe alleen kerk toe.  Die volgende dag toe ek by die skool aankom, toe kry ek so paar snaakse kyke.  Pouse toe sit ek en my gay “boyfriend” (dis ‘n storie vir ‘n ander dag) en gesels en hy vra:  “Hoe voel jy oor jou pa se getuienis gister in die kerk?”  Ek weet toe van niks.  My stiefpa het toe in die erediens opgestaan en in detail bely oor sy rondgeneukery.  Voor maklik twee honderd en vyftig mense – waarvan baie in my skool is.  Selfs die skoolhoof en van my onderwysers.  Goeie fok ek het amper ‘n aap gekak! Ek wonder of my ma dit sien kom het en of sy nét so onkant gevang was die volgende dag?

Seker ‘n jaar daarná toe kom my pa vir ‘n aand nie huistoe nie.  Toe hy wél die volgende oggend daar aankom, toe is sy Merc opgedonner en dit kom toe uit dat hy die vorige aand saam met ons dokter se vrou rinkink het.  Die dokter het sy vrou kort daarna geskei.

Net daarná toe vermoed my ma weer dat dinge nie pluis is nie.  Sy volg hom toe ná werk Spur toe en vang hom waar hy besig was om een van hul werknemers in die badkamers te spyker.  Sy het hom daai aand só hard gebliksem dat sy ore vir twee weke pers was.  Én sy het die vrou se man gaan vertel – ‘n onderwyser – en hy het haar pimpel en pers gemoer daai selfde aand.  Sy is ook onmiddelik ge”fire”.  Tot vandag toe verag ek die eienaar van daai Spur want hy was huisvriende met my ouers en het van al my stiefpa se badkamer-kapperjolle geweet.  Drol!

Eendag toe het my stiefpa my uitgevang vir hulle jok – daai storie van “ek slaap vanaand  by my maatjie” maar in the meantime hang ons in die hole rond?  Ja-daai ene!  Ek is weer badkamer toe gestuur het en moes my romp opgelig het vir hom om my te slaan.  Toe sien hy ek het ‘n “g-string” aan en hy verloor dit.  Tóé val die houe en hy skree:  “Die enigste verskil tussen jou en ‘n hoer is, is dat ‘n hoer geld vra…”  Ek het omgedraai en my vinger in sy gesig gedruk en geskree:  “Ek?  ‘n Hoer?  Ek wéét van al jou bywywe en die dokter se vrou!  Jý is ‘n hoer!”  Hy het begin huil en weggeloop.

Nés ek begin trots voel het omdat ek vir eens vir my ma baklei het en my man teenoor hom gestaan het, toe kom my ma uit die kamer gestorm en skree op my:  “Ek is telleurgesteld in jou!  Hou jou bek van jou pa af!”

55510c322c8289c7a8c2ad1d281d3f2a

d837466fd55455b8dfefc5c3e68e087c

6 thoughts on “Die Stiefpa – Hoërskool Jare (Deel 1)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s