Mr. Tifo en Diddle Daddles

Ná die dag wat ek gister gehad het, het ek besef dat die “anger management” klasse wat ek bygewoon het tóg ‘n bietjie gewerk het.

My dag het afgeskop met ‘n afspraak wat ek met die ene meneer “Tifo” van die munisipaliteit gehad het want daar is een moerse bôggerop met my oupa se rekening.  Ek praat van ‘n R50 000 “foutjie”.  Die munisipaliteit erken die “foutjie” maar:  Ta-daaaaaa:  “We don’t know how to rectify it.”  Volgens mý moet ons dan nou vir die volgende agt maande of so ‘n NUL-rekening kry.  Dit is nou al twee maande en die “foutjie” is nie reggestel nie en toe kry ek ‘n “wit briefie”.  Die “wit briefie” beteken jy sit in kak-straat en jou krag gaan afgesny word.

Ek het lesings geneem, foto’s gedruk en alles mooi uiteengesit sodat selfs ‘n graad-eentjie dit sal verstaan, maar “Eish, I don’t knowwww”.  Toe maak ek ‘n afspraak met die ene “Tifo” wat dalk, nét DALK, ene is met ‘n paar pitte wat nie aangestel is omdat hy die Burgemeester se sussie se kind se agterkleinkind is nie, maar omdat hy ‘n “performer” is.

Ek kom daar aan en “Mister Tifo” sit daar op sy troon.  En toe ek sy “body language” opmerk toe dog ek by myself:  “Girl, jy beter nou jou guava chill, want vandag sleep die munisipaliteit se sekuriteit jou hier uit” want in die verlede sou ek sommer mense se “files” van hul lessenaars afgegooi het en die rook uit hulle gevloek het.  Want mens ook maar nêrens bring nie.  Behalwe dalk in ‘n koue sel vir ‘n paar ure.

As ek en jy ‘n besigheidsafspraak het (en die munisipaliteit IS immers ‘n besigheid) dan sit jy mooi regop agter jou lessenaar en jy stel jouself voor.  Jy sit nie so nie, bra: (Die engelse noem die “slouching”)

Slouching

slouch

asian-man-slouching-in-chair

Jy kan net sowel op die kakhuis met my sit en stront praat.

Ek het seker tien minute van my asem gemors.  State, rekeninge, bewyse en foto’s van meters aan hom voorgelê (waarna hy nie eers gekyk het nie) en al wat hy kon sê is:  “Eish, you know madam… thee system she’s off”.  Is die “system” dan ‘n vrou dat sy besluit sy “switch” aan en af as die regte knoppies gedruk word?  Daar is nie eers notas gemaak nie!  Nou vra ek jou met trane in me oë:   Hóé stel jy so ‘n persoon aan?

Hierdie debat raak al afgewater.

“Mister Tifo” sal my bel wanneer die “system” weer aangaan.  Ek is nie positief nie.  My selfoon nommer lê teen die tyd êrens in ‘n snippermandjie. Daai menses sal net één dag dink hulle kom by hul werk aan dan sit daar net een groot gat.  Soos een van my eks “boyfriends” se ouma eenkeer gemaak het.  Die oupa het elke aand ná werk by ‘n hotel gaan sit en suip dan kom hy by die huis en soek kak met die tannie.  Een dag toe het sy net genoeg gehad en die Hotel gaan opblaas met TNT – maar ons praat nou van baie dekades terug!  Ek voel nou soos daai ou tannie.  Ek sal ‘n ding mál bom!

Maar ek tel tot twee honderd en hou my “pose”.

Ná werk toe gaan ek Pick ‘n Pay toe en ek koop vir die Laatlam die nuwe “strawberry” Diddle Daddles.  Dis poep-lekker!   Sy het so paar geëet toe begin sy hartverskeurend huil want die popcorn is “lelik”.  “Ek wil nie lelike popcorn eet nie, mamma.  Kyk hoe lelik is hulle!  Ek soek net die mooies”.  Ja, klein “issue”tjie teenoor hoe die res van my dag verloop het, maar dit was die laaste drupel in die emmer water.  Toe gryp ek daai pak popcorn by haar en ek vreet dit alles op.  Tóé ween die kind éérs want ek het haar lelike popcorn EN die mooies alles opgevreet!

Maar ek voel so bietjie kalmer…

11fcaeaec1188d04b3cf86566126be56

6 thoughts on “Mr. Tifo en Diddle Daddles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s