Feminis? Ek? ‘Tsek!

Die Mister sê ek is ‘n opperste feminis.  Ek stem nie eintlik met hom saam nie.  Ek glo maar net dat, met huwelike wat nie hou nie en vrouens ál meer op ‘n ryper ouderdom trou, hulle moet kan self- sien-kom-klaar.

Ons sit toe mos so gisteraand om die kospotte en ‘n wyntjie drink, en ek vertel hom hoe party van my vroulike huurders my kan irriteer met hul onbeholpenheid.  Daar is al gevalle gewees dat ek ten duurste moes betaal vir ‘n elektrisiën en dan is dit net ‘n gloeilamp wat geblaas het.   Of ‘n stram motorhuisdeur en rasende hekkie wat net bietjie spook-pis kort.  ‘n Kombuiskas wat los hang wat net nodig het dat jy die skroewe weer bietjie styf draai.  Ek het al daai nitty-gritty goed self gedoen toe ek gehuur het.  Die kontrak bepaal immers dat die huurder die wooneenheid in stand moet hou.  O, en die Vader behoed hierdie vrouens wat vir ‘n loodgieter inbel as hulle “husse met lang” ore in die toilet afgespoel het.  Waar is die mense se “street-savvy”?

Fok tog!

Ná die nuutste episode van Game of Thrones het die Mister sy hande in die lug gegooi.  Ék persoonlik dink dat Sansa Stark, Cersei Lanister en Daenerys Targaryen op die einde teen mekaar te staan gaan kom.  En oppas maar vir daai heks Melisandre.

2a49cde8f10441596c0da30a4d56b061

“Hierdie storie gaan net oor ‘n feministiese spul!  Geen wonder jy het so obsessie daarmee nie!”  reken hy toe.  “Mansmens!”  Druk ek toe my vinger onder sy neus, “As ek ‘n feminis was dan het julle almal gekak in hierdie huis.  Net omdat ek ‘n stel tiete en ‘n va-jay-jay het beteken nie ek is beperk nie.  Daar is net seker dinge wat ek kan doen wat ander vrouens nie kan doen nie.  Net soos wat daar sekere goed is wat ánder vrouens kan doen wat ék nie kan doen nie!  Soos om ‘n tyre om te ruil!”  (For shame, ek weet!)  Ek was sommer die bliksem in!  Moet alles ge- “label” word in die lewe?  Swart, Blank, Gay, Hetero, Bisexual, Christen, Ateïs, Demokraat, Kommunis, Kapitalis, Feminis, “Your Highness”…?

Maar ja, vrouens moet regtig leer om reg te kom met alledaagse dinge.  Ek ken ‘n vrou wat skielik weduwee geword het op agt-en-veertig.  Sy sit letterlik in kakstraat.  Sy kan nie kar bestuur nie.  Was nog nooit in haar lewe agter ‘n stuurwiel nie.  Sy moet daagliks op ander staatmaak om haar rond te karwei.  Haar oorle’ man se kar staan daar.  Klaar betaal.  Nou wat nou?  Sy besit nie ‘n selfoon nie want sy het nog nooit een nodig gehad nie.  Sy weet nie hoe werk die internet nie.  Haar man het álles in die huis behartig.  Ek glo nie eers dat sy kan “budget” nie.  Wat gaan van die vrou word?  Ek dink so aan haar en in my hart voel ek jammer maar aan die ander kant voel ek eintlik dat dit effens pateties is… Sy is nog jonk.  Hoe gaan sy “survive”?

‘n Vriendin van my het op die ouderdom van ses-en-dertig weduwee geword.  Vir die tweede keer.  Sy bedryf vrou-alleen een van die meer suksevolste besighede in ons dorp.  Sy was by haar man se sy vir die drie maande wat hy pankreas kanker gehad het.  Sy het kind-grootgemaak en versorg.  “Battles” baklei ná sy dood met stiefkinders, die boedel en ‘n oneerlike besigheidsvenoot van haar man.  Tussendeur het sy berge gaan klim en fondsinsamelings help behartig vir kankerlyers én nog daai kasarm van ‘n huis onderhou.  Daai is mos nou ‘n vrou wat kan!  Nie omdat sy enigsins ‘n feministiese haar op haar kop het nie, maar omdat vrouens soms moet baklei om kop bo water te hou.  Want ons kan nie gaan lê nie…  Ek is so trots op haar ek kan poep!

Dít wat my vriendin is, wens ek elke vrou toe want hulle is in staat daartoe.  Nie om fokken “pads” in die toilet af te spoel en te wonder waarom die water opstoot nie!

528c9b6446cfbaf6f66379245edbe476

4 thoughts on “Feminis? Ek? ‘Tsek!

  1. Ek sal van my kop af raak as ek so pateties was. Ooh heng NEE sulke vrouens iri vir my. Hule ken ook.mos net die pad werk toe en na die naaste mall toe. Verder as dit kan en wil hulle nie ry nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s