‘n Lekker Ou Jan…

Vandag het een van my kollegas verjaar en ons sit toe so om die een lessenaar en koek-en-tee.  Die gesprek begin draai om die outjie wat vroeër vanoggend ons fotostaat masjien se ink kom aflewer het.  Mooie kind.  Nou, hier in mý kontrei gly jy van jou stoel af as jy ‘n mooi man sien want hulle is so skaars soos opregte Pastore.

Só gee elkeen haar opinie oor wie nou regtig “saxy” (soos my een kollega die word uitspreek) is.

Die ene se ogies dop toe so om en sy vertel hoe “saxy” Axl Rose is…

Axl Rose 1

Ek reageer toe met ‘n geskokte:  “Goeie fok!  Wanneer laas het jy hom gesíén?  Hy is leliker as polony!”  En ek wys toe vir haar ‘n meer onlangse foto van hom:

Axl Rose 2.jpg

“Nee dônner jy het nou my bubble gebars!” gril sy.  Die man verouder beslis eerder soos ou melk as goeie rooiwyn.  “Ok, ok dan is dit Clint Eastwood…” sê sy toe…  Nie my koppie tee nie, dankie…

Die ander ene sê toe hoe mooi Adam Tas en Gerrie Pretorius vir haar is.

Adam Tas.jpg

Adam Tas?  Ék sal hom “have”.  Lekker paar stêrre aan hom, daai een.  Maar Gerrie Pretorius doen dit nie vir my nie, jammer.  Hy lyk vir my so bietjie “boring”.  Soos ‘n suutjies-poep.

‘n Ander ene roep toe uit:  “Oe, oe… Richard Gere en George Clooney.”  Ja, ja almal “drool” oor hulle.  Dit is eintlik al afgewater.

Die verjaarsdag meisie vertel toe oor haar admirasie vir Blake Shelton.

Blake S.jpg

Hy is so-so… “En Manie Jackson, Ray Dylan en Steve Hofmeyr.” Ag nee, ERNSTIG?!

Die baas kom toe uitgestorm en vra of ons spulletjie op hitte is…

Mý Lekker ou Janne?

Jared Leto van 30 Seconds to Mars.  Selfs een van my gay vriendinne reken sy sal “straight” gaan vir hom.

Jared Leto

Adam Levine van Maroon 5 

Adam L.jpg

Chris Martin van Cold Play – hy is seker nou nie sy ma se mooiste nie, maar hy is talentvol.  Ek hóú van slim.  As die Mister my los dan gaan ek hom trou.

Chris M.jpg

Gerhard Butler

Gerhard B.jpg

 

Seth Rogan – Nie iemand wat jy sommer in ‘n kamer vol mense sal raaksien nie, maar sy stem maak my absoluut liries!

Seth R.jpg

Russel Brand.  Ek weet nie.  Hy doen dit net vir my.  So asof jy “freaky” seks met hom kan hê.  Die vooruitsig van die onbekende…  Gaan jy met ‘n glimlag wakker word of gaan hulle jou lyk êrens in ‘n hotelkamer kry?

Russel B.jpg

Nuno Bettencourt van Extreme.  Ek en die Mister was in 2014 by die “Kings of Chaos” konsert en hy het “dit” nogsteeds…

Nuno

Nuno 2

Gabriel Macht.  ‘n Man met ‘n ordentlike “suit” kan nogal my onverdeelde aandag kry.

Gabriel M.jpg

John Mayer

John M.jpg

Jeremy Allen White van Shameless

Jerremy A.jpg

Wyle Michael Hutchence van INXS.  

Michael H.jpg

En natuurlik ‘n paar manne van “Game of Thrones”:

John Snow (Kit Harington)

John S

John S 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Khal Drogo (Jason Momoa)

Khal D

Khal D2

Ramsay (Iwan Rheon) – ek weet hy is die duiwel homself, maar “day-um”…

Ramsay 1

Ramsay 2

Jaqen H’ghar (Tom Wlaschiha) – Hy sal maak dat ek my naam vergeet!

na 2

na1

Ja… ‘n ring maak ‘n gat toe, maar nie ‘n mens se oë nie!

12 thoughts on “‘n Lekker Ou Jan…

  1. ‘n Ring maak nie die oë toe nie maar die hand wat die ring draai mur daai selfde oë sommer gemaklik toe, veral as man-man die fout begaan om tydens ‘n openbare uitstappie saam met die van Helsdingen poppie sy nek om te ruk om ‘n paar bene agterna te staar.

    Dit het slegs 5 dae geneem voor die uwe darem weer ‘n bietjie uit die linkeroog kon sien.

    Codesa is gehou en die kompromie aangeteken in klousule 136 paragraaf 2, subseksie 14 van die prenup. “Bene mag agterna gekyk word slegs wanneer die aksie NIE gepaard gaan met enige merkbare beweging van die lyf of nek nie”

    Liked by 1 person

  2. As menz ‘n man beskou (mooi/lelik makiesakie) dan wonder menz altyd hoeveel vroue in sy lewe was/is moeg vir sy shit? Veral as sy oë bietjie wreed lyk (of AF lyk).

    Menz perv oor geen ander man as menzseMan nie. Maar …. Bruce Willis, Indiana Jones, Thornbirds se Father – al was hy gay. Die jonger latte wil menz stuur om te gaan werk, die ouer bome wil menz dalk net so ‘n bietjie koester …..

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s