Die wiel, hy draai!

Ôg, ek weet, ek weet.  Ek was baie skaars die afgelope tyd.  Verlede week was een van my kollegas siek en ek moes vir haar instaan.  Snaaks hoe ek vir mense moet instaan, maar my dagboek en gemors moet saam piekel as ék op vakansie gaan.

Maandag toe is dit nou mý beurt.  Brongitus.  Maar die dokter was meer bekommerd oor my bloeddruk.  150/115.  Ek ken nie van daai goeters nie, maar volgens hóm is dit nie goed vir iemand van my ouderdom wat nie beduidend oorgewig is nie.  Ek besluit toe om die res van die week my twee glase osbloed vir die per dag te laat staan, goed te rus en my guava te “chill” (en om natuurlik my kruis te gaan maak).  Vanoggend toe gaan ek apteek toe sodat my bloeddruk weer geneem kan word:  157/109.  Met ander woorde, ek kan nou maar seker weer wyn drink want om ‘n geheel-onthouer te wees werk bepaald nie.   Dalk moet ek weer begin fiets trap.  Ek dônners HAAT oefening!

Maar kom ons skop nou nie die naweek af op ‘n negatiewe noot nie.

Jy ken mos van daai gesegde wat jou ma altyd vir jou sê as jy jou gat met ‘n man gesien het?  “Die wiel draai…” En dan wil jy haar nie glo nie.  Want die wiel moet NOU draai.  Nie môre, oor ‘n week of oor ‘n maand nie…  Hy moet draai as jý sê hy moet draai.  Daai wiel begin nou draai… ná sewe en ‘n half jaar.  En dit pla my so bietjie want lekker-kry en vergifnis loop nie hand in hand nie… maar moet nou nie om my “parade piss” nie!

Om ‘n lang storie kort te maak:  My tweede eks man het my vir een moerse “ride” gevat.  Ryk-gat wat hy is (of was) het hy my besteel.  Hy het ook iets ysliks rondgeloop.  Man, ek het nog gewag vir my ridder op sy wit perd, maar toe kry ek ‘n brommer op ‘n drol!  Hy het my vreeslik te na gekom.  Ons was skaars geskei toe maak hy so pragtige jong dingetjie swanger en trou met haar.  En ek was kwaad ouens, kwáád!  Want ek sit en poef van die ellende en hy gaan aan met sy lewe.  Hy het ‘n mooi, jong vrou.  Sy besigheid floreer.  Hy bly in ‘n kasarm van ‘n huis en ry die blinkste karre.  My gat was suur.

Die afgelope maand kry ek gedurig oproepe.  Dit het begin met ‘n agent wat stoorplek uitverhuur.  Sy wil weet waar hy is want hy betaal nie die stoor se huur nie.  Ek wou nog vir haar vra om die stoor vir my te gaan oopsluit want dalk is daar van my goed daar weggesteek maar ek bedink my toe.  Laat die verlede in die verlede.

Toe begin die bank en klerewinkels waar hy rekeninge het my bel.  Hulle is desperaat. Hulle soek hulle geld.  Ons het natuurlik nie kinders saam nie, so daar is geen rede vir ons om kontak te behou nie.

Mettertyd toe gaan snuffel ek so op Property24 en ek sien sy huis is in die mark.  En dit lyk KÁK, mense!  Beslis nie die huis en tuin wat ek so mooi versorg het nie.

Die eiendomsagent wat die huis aan hom doerietyd verkoop het en wie ek goed ken, kom skinder.  “Girl, daai huis is in die mark maar ons gaan hom nooit verkoop kry nie want hy het ‘n tweede verband uitgeneem en die plek val uitmekaar!  Ennn!  Sy vrou is ‘n teef!  Sy sit “square” op sy kop.  Die mooi blink kar het plek gemaak vir ‘n kombi want hulle teel apparently vreeslik aan.  ENNNNN!  Sy het probeer om ‘n kleuterskool oop te maak van die huis af en dit het gevou.”

Lekker man,  LEKKER!

En hier sit ek.  Nog steeds in my huisie wat sy sussie opgefok het en nie ‘n sent huurgeld voor betaal het nie.  Maar my huisie is kláár betaal.  My Golfie sonder “aircon” wat ek destyds kontant gekoop het op ‘n veiling omdat hy my uit ‘n kar bedônner het,  staan en wag vir die Laatlam.  Geen skuldeisers bel my nie.  Die skoolfonds is betaal.  My yskas is vol.

Ek lewe “modest” maar ek is eerlik.  Ek kak nie bietjies-bietjies elke keer as my selfoon lui nie.  Ek is nie bang om in die posbus te kyk nie.

Ek weet ek is nou ‘n regte biets, maar bliksem dis LEKKERRRR!

Karma.jpg

6 thoughts on “Die wiel, hy draai!

  1. Ek weet nou nie baie van ekse en sulke goete af nie, my no #1 klou nog soos ‘n neut. Sy sê sy sy het my getrou vir my sexy lyf en my baie geld en sy sallie loop voor sy nie een van die twee gekry het nie.
    Wat ek wel weet, soos daai Afrikaanse sanger gesê het, is dat ek definitief ook nie liewe Jesus is nie. Die dag as sy my wel los vir ‘n sexy lyf en baie geld . . . nee wag, enigiets wat ek nou sê kan gebruik word as bewyse.
    ‘n Mens hoef nie altyd ‘n jintelman of ‘n dame te wees nie. Jy mag jouself somtyds verlekker in ‘n ander se poefparade, veral wanneer dit iemand is wat jou kort gedoen het.

    Like

  2. In vandag se lewe kry mens min van –
    ‘n Ridder op ‘n wit perd…. maar baie van –
    ‘n Doos op ‘n donkie…..
    Ja, ek glo beslis aan – DIE WIEL DRAAI. Ek weet mens moet nie lekker kry nie, maar heng… Dit wat jy saai sal jy maai.
    Slaap rustig en in vrede – dit is lekker, ne. Mens moenie ander mense behandel soos jy nie behandel wil word nie.

    Like

  3. O gonna, giggle ek nou agter my hand want toe ek die lees dink ek aan my eks. My verneuk met verdomp alles en toe dit als oor is het hy nogal vir my gesê “niemand sal ooit vir jou lief wees nie want jy’s ‘n bitch.” Toe loop hierdie bitch hom raak die ander dag en nou ja, kry ek lekker dat my tone krul. Hy is nou so groot soos ‘n corsa. Ek’t hom lankal vergewe maar my magtig, ek mag so bietjie happy dance oor dit!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s