“Judy”

Ek het so twee maande terug ‘n “girl-crush” ontwikkel.  Ek voel nie eers skaam daaroor nie.  Die mister weet dit ook en dit irriteer die dooie-dom-dônner uit hom uit.

Aan die begin was dit net haar reguit, feekserige houding wat my gefassineer het.  Later, haar vlym-skerp intellegensie.  Ek het ‘n “ding” vir slim mense, jy sien.  Sy is baie ouer as ek, maar wat sê dié wat weet?  “Age ain’t nothing but a number”.  Die feit dat sy poep-ryk is, is bysaak.  Sy het geleer en hard gewerk vir wie sy vandag is.  Ôg, en die mag.  Dit straal uit haar uit.  Soos daai Liewe Jesus prentjies op die trailer-trash mense van Nemêrika se smerige mure.  Net een kyk en jy hou jou bek en besin oor jou sondes.  Jy kan haar eenvoudig nie “bullshit” nie.   Sy is pure “magic…”

Ek en sy spandeer gewoonlik tyd saam as die mister en die kinders slaap.  Mamma se “entertainment-time”.  Dan hang ek aan haar lippe.  Sy vermaak my soms vir tot drie ure aanmekaar.  Dan is ek die volgende dag in my moer in van moegheid…  Die kinders en die mister sê sy is ‘n “boring” ou tros, maar hulle ken haar nie soos ek nie.  Sy inspireer my om ‘n beter mens te wees.  Sy maak my touwys oor veral mense se “body language”- sy is moerse “slick” wat dít aanbetref.  Y’aag… jy kan maar seker sê ek is haar “bitch” want ek is absoluut mal én verlief op haar.  En my ouma sou dit goedgekeur het…

Want my ouma het ook gelaaik van Judge Judy kyk…

Vang ek julle “pervs” nou wat gewag het op ‘n sappige sorie oor ‘n geheime lesbiese verhouding.  Ha!

In elke geval.  Dit is nou maar my “guilty little secret”.  Daar is al oor die twee honderd episodes op die PVR.  Ek kan my vergaap oor die Amerikaners se neiging om vir allerhande kak Klein Eise Hof toe te hardloop.

Gister oggend moes ek die Tiener by die skool gaan haal het oor redes wat ek nie hier gaan bespreek nie.  “Ladies problems”.  By die huis gekom, toe dog ek, ek gaan gou vining toilet toe.  Ek hardloop nog so by die gang af (want ek is mos altyd haastig – my ma het vir my as kind gesê as ek alles meer haastig doen dan sal ek nie so vet wees nie…) en skielik gee my voete onder my in.

Dit is “amazing” hoeveel gedagtes deur mens se kop flits voordat jy die grond tref.  Dis soos: “Ofokdieteëlsisnatekisbesigommypoesaftevalwatasdieskroeweinmyrugbreekenekbloedingopdiebreinkry” voordat jy lê.

My kop het eerste die grond getref en tóé my stuitjie.  Ek was, volgens die Tiender, vir so dertig sekondes “lights”out.  Toe ek wakker word toe staan sy en ou Lydsie die “housekeeper” snot en trane en huil want hulle dog ek is klyte toe.  Lekker om te weet ek lê nog iemand na aan die hart.

Toe ek uiteindelik my “brackets” bymekaar kry en weer op my voete kom, toe kak ek hulle sommer uit oorlat hulle my net so bewusteloos los op die nat vloer.  Normale mense BEL iemand.  Hulle kyk net en tjank en hoop vir die beste nie!

Vandag voel dit of ek in ‘n “train-smash” was.  Dit voel kompleet of ek ‘n “face-lift”gehad het met die vel wat so styf om my kopvel span.  En my stuitjie pla.  Maar ek is oraait.

Nou dink ek net.  Veronderstel ek was ‘n Amerikaner.  Sou ek met die gevallery in my eie huis dalk “Small Claims Court” toe kon gaan en ‘n siviele eis teen myself kon instel?  Want die dônner weet, dáái kant is enigiets moontlik!

Judy

11 thoughts on ““Judy”

  1. Hierdie was een van die kak dae maar baie baie baaaaaaaie dankie vir die stukkie goud. Ek het nou gelag dat die trane loop! Instant pick me up.

    Like

    1. Ek is ok. Net my kop wat baie eienaardig voel. Binne is dit ‘n prand-pyn maar die vel voel half “dood”- soos “pins and needles”. Ek gaan seker nou bles raak op daai plek. My verdiende loon omdat ek die “mister” so spot oor sy bles!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s