Seks ná kinders (nie vir sensitiewe lesers)

Ek dink gereeld daaraan hoe kinders mens se sekslewe verander.  Gewoonlik nie ten goede nie.

Ek wonder ook altyd oor die seksuele sy van ‘n verhouding as paartjies toelaat dat hul kinders by hulle in die bed (of kamer) slaap.  As ek nou byvoorbeeld saam met mammas kuier en hulle laat val dat sussie ‘n bed met hulle deel, dan is my eerste vraag (heel ontaktvol) gewoonlik:  “Maar, hoe spyker julle?”  Die antwoord is gewoonlik:  “Baie saggies…”

Nie dat ek en die mister nog nooit ons bed met die Laatlam gedeel het nie.  Ek glo mos ‘n siek kind word vinniger gesond as hy of sy by die ma slaap.  Dan hoef mens ook nie op en af te hardloop tussen kamers nie.  Jy reik net deur die nag kort-kort uit om te voel of die bloeitjie koorsig is en nog knus toegemaak is.  Die Laatlam het ook die gewoonte om net so voor die son opkom uit haar kamer weg te loop en tussen ons te kom inkruip.  Dan broei ons lekker tot so sesuur.

Ek het ‘n tannie geken wat vyf kinders gehad het.  In haar kamer het ‘n enkelbed gestaan en elkeen van haar kinders het op daai bedjie geslaap totdat die volgende een gekom het.  Hoe doen mens dit?  Hoe hou mens jou bek “in the heat of passion?”  Of, soos ek en die mister wat albei rook en baie onfiks is.  Dis ‘n gehyg en gesuis en gespartel as die lus ons pak.  Dink aan katte wat paar…  Dít is hoe ons longe klink.  Ek weet nie hoe sal enige kind ongesteurd kan slaap nie.

Verstaan my mooi.  Ek oordeel nie.  Elkeen moet doen wat hy of sy goeddink.

As ek en die mister in die week nou klaar geëet en al ons dinge gedoen het, dan is ons gewoonlik té verrinneweer om eers te dínk aan seks.  So, ek sal hom so drie-uur wakker maak (of hy vir my) en dan sal ons nou maar opvang.  Met ons vrot-asems en al!  Dan moet ons, ons gatte roer want ons is bang die Laatlam word wakker en vang ons “red-handed”.  Vanoggend was dit weer “sulke tyd”.  Toe ek opstaan om my klere uit te trek toe wys die DSTV se digitale horlosie 3:03.  Toe ek opstaan om weer aan te trek, toe is dit 3.12. Tjoef-tjaf!  Wat het geword van “foreplay” en “afterplay”.  Dit is ‘n gejaag na wind want ons wil net nie die arme Laatlam traumatiseer nie.

Voor die Laatlam nog ‘n gedagte was, het die Tiener een oggend (ná ‘n aand propvol aksie) na my toe gekom en my ‘n stywe drukkie gegee en gesê:  “Is mamma ok?  Ek en Ananda (die maatjie) het mamma gehoor huil gisteraand”.  Ya right…  Die mure het ore…

O, o!  En mense wat die “Sondag-middag-knippie” ding doen.  Verál die ouer gardes.  Hoe kry mens dit reg as jou pens vol skaapboud, soetpatats en “pudding” is?  Fok, dan wil ek net op die bed neersuig en slaap.  Niks se ge-“hanky-panky” op ‘n vol maag vir my nie, dankie.

Soms, net SOMS gebeur dit dat die Laatlam en die Tiener sáám vir 24-uur nie by die huis is nie.  Wat ook nie veel beter gaan nie.  Dan sal ons op ‘n “date-night” gaan en gewoonlik só gespat raak dat die Mister té bang is om aan my te raak want netnou bekots ek hom.  Na só ‘n aand word ek dan gewoonlik kaalgat en koud op die sitkamerbank wakker met my een voet op die vloer want die aarde draai, jy sien.  Maar ten minste het ek dan probeer?  Is mos?

Nee wat, ek verwonder my aan mense wat ‘n aktiewe, gesonde sekslewe het terwyl daar nog kinders in die huis is.

Ek dink ek gaan Vasiline aan ons kamer se deurhandvatsel smeer…

foreplay

3 thoughts on “Seks ná kinders (nie vir sensitiewe lesers)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s