As grootmense hulle soos kinders gedra…

Ek bly in ‘n cul-de-sac en is vriende met twee van my bure.  ‘n Weduwee en ‘n ander paartjie.  Ek was aanvanklik skrikkerig om vriende met die hulle te word want my ouers was vriende hulle bure toe ek nog op skool was, en dit was ‘n hoernes van epiese proporsies!  Hierdie vriendskappe wat ek nou met die bure aangeknoop het is egter anders.  Ons kuier net een maal per maand saam want ek smaak nie van mense wat my drumpel deurtrap nie en gelukkig voel hulle dieselfde.  Dit was een van my grootste probleme in my “vorige lewe”.  My eksman se vriende en hul vrouens sou elke verdomde naweek by ons kom afpak en dan sou ek verveeld raak met die geselskap en sommer teef trek.

Verlede Vrydagmiddag toe maak ons groepie bure ‘n afspraak onder mekaar om die reëlings vir hierdie Saterdag se Stonehaven Spring Beer Festival te tref.  Ons het ‘n bussie gehuur want elke jaar is dit ‘n bakleiery wie huistoe bestuur want die “designated driver” raak altyd “sloshed” en dan is dit ‘n beslommernis om by die huis te kom.   Hierdie jaar gaan ons in style en ons gaan PARTAYYYYY laat die kak wit sit!

Die afspraak om reëlings te tref sou net vir so half-uur wees, maar dit eindig toe in een moerawiese partytjie wat eers ná 12:30 en vele bottels rooiwyn en “shooters” tot ‘n einde gekom het.

Die mister het mos ‘n enorme bedrag spandeer op ‘n “sound system”, “speakers” en ‘n “sub” (watookal dit is).  En as die musiek begin pomp dan begin die voete mos jeuk.  Op ‘n stadium het daar ‘n paar sekondes stilte tussen twee liedjies geheers en ons hoor toe dat een van die ánder bure ook aan de-party is met húlle nuwe “speakers”.  Die Weduwee vertel ons toe dit is die nuwe bure wat langs háár ingetrek het en sy “like” hulle fokhol!  “Kômmin soos grond, julle!  Die vrou loop die hele dag net en skree op haar kinders!”

Kyk!  toe draai ons hom full volume en speel kliphard “Moneytalks” van AC/DC.

Dan maak die buurvroue so:

headbang.jpg

Ek het net gesit en kiekies neem want my nek en kop was nog so bietjie seer na daai val op die nat vloer.

Lekker, man!

7 thoughts on “As grootmense hulle soos kinders gedra…

      1. Ek is gewoonlik ‘n nul op ‘n kontrak as ek so aan gehad het. Hangovers don’t go well with my hair color.

        Like

  1. Ooh so onbeplande kuier is altyd lekker. Nee wat julle het kompetisie daar suster… oor en weer geskree LOL
    Julle moet die Saterdag die Stonehaven Sprinag Beer Festival vreeslik geniet. Gaan al die Misters saam of is dit net julle girls?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s