Yummy-mummies, boelies en Sweet-Sixteen partytjies…

Kom ons skop vandag se stukkie af met Margaret van Wyk.

Gisteraand op Facebook sien ek ‘n spul “memes” en onsamehangende “status updates” en ek wonder toe:  “Wie de moer is Margaret?”.  Dis eers toe ek News24 gaan lees dat ek agter die kap van die byl gekom het.

Nou, kom ek sit myself in Margaret se skoene.  Ek het nou nie gaan kyk na die foto wat ge-“repost” is nie, maar as ek nou ‘n netjiese anatomie gehad het, dan sal ek  dit 100% gebruik om my huwelik bietjie op te “spice”.  Ek beplan om oor so twee jaar (as die Tiener se skewe kinnebak herstel is) my tatas bietjie te “panel-beat”, en JA, JA, JA!  Ek sal gereeld vir die mister fotos van hulle stuur – hoewel fotos van tatas meer aanvaarbaar is as ‘n foto van mamma se kwassie.  Kom ons wees nou nie dônners pretentious nie… dit is fantasties as ‘n vrou met groot kinders haar man nog kan verlei met stoute fotos.  En dit is fantasties dat sy lief genoeg is vir haar liggaam om dit te doen.  Ek beny haar want as ek kaalgat voor die spieël staan wil ek morsdood neerslat!  Vrouens moet doen wat hulle kan en waarmee hulle gemaklik voel om die huwelik vurig te hou want die meeste mans het nie die “guts” om te sê dat hulle eintlik van vulgêriteit hou nie.  Mans word nie gefassineer met soet woordjies nie.

As ‘n stoutgat kiekie aan jou man vir jou reg en natuurlik voel, gaan vir goud!

En die stuk kak wat die foto op sosiale media gesit het?  Pure boelie.  Ek kén haar soort.  Ek word daagliks omsingel deur hulle by die Tiener se skool.  Waarskynlik suurgat omdat sy nie ‘n “yummy-mummy” soos Margaret is nie.  As ék nou op daai groepie was, het ek al die mammas bymekaar geroep en gesê:  “Komaan girls, vee daai foto af.  Sy is deel van ons.  Kom ons ondersteun haar.  Kom ons gedra ons soos GROOTMENSE.”  Maar nee,  daar is altyd ‘n katjie-van-die-baan wat kak moet maak.

Toe gaan mense so vêr as om foto’s van haar kinders te gebruik om “memes” te skep.  Hoe fokken vrot is dít nie?  Jy is nét so skuldig soos die feeks wat in die eerste plek die foto geplaas het op sosiale netwerk.  Ons mense-nasie is besig om tot ‘n val te kom.  Geen gevoellente vir jou medemens nie.  Geen gewete nie.  Ons kan nie net vyf sekondes stil sit en dink aan die gevolge van ons aksies nie.  Daar word nie eers aan die kinders gedink net ter wille van ‘n faktap grap nie.

Nou het ek heerlik afgewen en fokus op ander dinge soos die Tiener se “Sweet Sixteen” wat ons vanaand gaan hou (sy verjaar Sondag).  Ek gaan dit natuurlik rustig vat want ek moet patrolleer.  Daar is mos altyd ‘n kakkerlak wat drank probeer insmokkel.  Ek soek nie mammas wat in my nek blaas oor’lat hul kinders met drank asems en kotsies by die huis aangekom het nie.  Ek moet ook taxi speel vir dié wie se ouers nagskof werk en hulle nie kan kom haal nie.  Sien, ek kan ‘n “decent” mens óók wees?

Ek dink nou aan mý “Sweet Sixteen” partytjie.  Wat ‘n aborsie! Een van die outjies wat ek uitgenooi het, het afskrifte van die uitnodiging gemaak en teen sy skool se kennisgewingbord opgesit.  Ons het my partytjie op ‘n plaas gehou en ek onthou nog hoe ek uitgekyk het oor die plaas en al die karligte sien aankom het op die grondpad.  Myself amper bekak want dit was ‘n spitbraai en daar was nie naastenby genoeg kos vir almal nie.  En die kinders het drank gebring.  Baie.  En dagga en drugs.  My “date” was só gerook hy het die hele aand met ‘n stut-pilaar gedans en gedink dit is ek.  Op ‘n stadium het hy tot die paal gesoen!  My ouers was befok oor die hele spektakel!

Kom ons hoop hierdie “Sweet Sixteen” is meer respektabel!

Lekker naweek, almal.

sweet 16

5 thoughts on “Yummy-mummies, boelies en Sweet-Sixteen partytjies…

  1. Jy is reg, jy vang meer mans met stout prentjies as met soet woordjies en meneer van Wyk is ‘n lucky dude. Jealous much hmmm hokkiegroepie? Ok, dit is nou regtig my laaste woord daaroor.

    My innige simpatie: beide omdat jy ‘n 16 jarige dogter in die huis het én omdat jy die partytjie spoognugter moet aanpak

    Like

  2. Baie sterkte. Kom ons hoop hulle ken jou as die kwaai tannie en waag nie om drank te bring(hahahaha, ok selfs ek glo nie eers wat ek hier skryf) maar mag dit ie te erg wees.

    Like

  3. Ooh die party klink lekker, ja en jy vertrek mos more met die bussie vir jou eie genot – so saggies op die drankies vanaand EN geniet more.
    Ag mense en hul gatgeiete… die koekke like nie die vrou se guts nie en hulle mans kyk seker porn ook… bo blink en onder stink.
    PS – al die grappies het my nogal laat lag, en sommige mense beweer die foto was toe nou nie vir “haar” man bedoel nie…. ag los ander mense…
    Ooh ek bollie in my broek as ek n sweet 16 soos joune moet beleef… die ouers

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s