Ek gaan nou vandag seker in my moer in gestenig word, maar ek het ‘n opinie om te lug.
Sug… Waar begin ek?
Die “hare” kwessie wat nou woed in ‘n Pretoria skool. Wat ek nié voor gaan staan nie, is dat ék blameer gaan word omdat ander rassiges aan hulle hare torring omdat hulle soos ek wil lyk. Ék wat wit is? Hoekom nie vir Naomi Campbell en Beyoncé die skuld gee nie? Net soos wat die “celebs” wat in die media verskyn die skuld kry omdat jong meisies hulself uitsterf en soos pampoene lyk ná ‘n “spray-tan” sessie, moet ander ook seker die skuld kry omdat hulle nie hul “nativity” embrace nie? Waarom altyd die witmens stenig? Ek loop daagliks in skaamte oor wat my voorvaders aangevang het, maar die fok weet ek gaan nie kak voel oor my hare nie! Dit moet nou einde kry.
Toe ek op Hoërskool was, het ek my hare ge-“perm” want ek het mos net ses hare op my kop. Pappa, dan werk ek met daai “defuser” voordat ek skool toe gaan net sodat die prefekte my kan uithaal in die saal want ek hét immers soos ‘n kêffy-kat gelyk. Tóé gaan ek deur ‘n stadium dat ek my kuif “auburn” gekleur het – wééreens was ek in die saal uitgehaal. Destyds het jy nie detensie gesit of debiet-punte gekry nie. As jou hare nie die volgende dag reg was volgens skoolreëls nie, het die een of ander onderwyseres haar merk op jou handpalms gelos. Drie van die bestes. Jy het nie kapsie gemaak nie. Jy het nie gestry of koerante toe gehardloop nie. Jy het geloop sorg dat jy jou hare regkry want hulle gaan vir jou moer totdat jy, volgens húlle, “presentable” genoeg lyk om die skool met trots te verteenwoordig.
Maar díe ding met die kinders se hare laat my regtig kopkrap. Kyk, ek sê nou nie jy moet soos Diana Ross in skool uniform van ouds lyk nie, maar soms moet mens die kaart aanvaar wat aan jou gedeel is en die beste daarvan maak. Dit is onregverdig van die skoolhoof om van die meisies se ouers te verwag om ten duurste te betaal sodat hulle “anders” moet lyk. Hare is ‘n duur kwessie, of jy nou swart, wit, pers of groen is. Of jy nou wil vleg, verlengings wil insit, met jou “afro” spog, wat de fok? Solank dit mos net netjies is? Al waarteen ek hewig kapsie maak, is as die mammas die klein dogtertjies vat om vlegsels in te sit. Twee kantore van my af is ‘n haarsalon en daar is ‘n toeloop van mense wat hul klein dogtertjies (wat nog nie eers vas op daai twee beentjies staan nie) vat vir vlegsels. Dan skree daai arme kinders so. Daai vlegseltjies is so styf hulle lyk soos klein Chinesies as hulle daar klaar is. ‘n Kind van daai ouderdom moenie so gepynig word nie. Wat is nou mooier as ‘n klein swart dogtertjie met ‘n blink “afro’tjie”? Ek werk saam met ‘n swart dame wat nog nooit verlengings of vlegsels ingesit het nie. Sy dra haar hare met trots. Swart en blink. Soos ‘n “halo” om haar kop. Dit kán gedoen word!
Al stelling wat ek wil maak is, dat geen ras die ander een skuld moet gee omdat hulle nie tevrede is met hoe hulle lyk nie en sodoende genoop voel om te karring aan iets wat nooit werklik verkeerd was nie. Elke vrou, en daarmee bedoel ek ELKE LIEWE EEN VAN ONS, het ‘n kompleks oor iets. Ek hou nie van my dun, reguit hare nie. Ek hou nie van my sproete nie. Ek sou daarvan gehou het, om soos my swart eweknie, ‘n blasser vel te hê en bietjie meer lyf om my boude (want hierdie antie het nie boude nie – alles gaan na my pens toe!) te hê. Ek sien gereeld swart vrouens en ek beny hul dun middeltjies en voller lippe. Die een het altyd iets wat die ander een wil hê. Bewonder dit, moenie blameer nie. Dit is net sowel ek gaan lê nou op ‘n sonbed om bruin te word en ek kry velkanker, dan het ek die reg om vir Snooki van Jersey Shore die skuld te gee? As ek nou inplantings in my boude kry en ek kry sepsis dan kan ek vir Kim Kardashian blameer?
Nee wat, dit gaan nie af by my nie. As jy nie gelukkig is met jouself nie en jy verander aan jouself en kom sodoende in die kak om watter rede ookal, is dit deur jou eie toedoen. Niemand anders s’n nie.
Ai ja. Reels is reels ook. Dis nie witmense wat reels maak nie. En eks nie seker waarvoor die bohaai gaan nie, eerlik ek voel dis net n nuwe ding na die kampus en universitiet ding.
LikeLike
Dit is juis die ding. Dit gaan nie meer oor reels nie. Dit gaan oor mense wat mekaar blameer want dit is gerieflik.
LikeLike
Baie gerieflik. Ag as dinge so aan hou kan ons kinders dalk eendag dieselfde kaarte speel
LikeLike
Ek het ‘n kompleks oor Engels praat. Ek kan sekere donderse engelse woorde net nie uitspreek nie! Die internet help jou deur die woord vir jou in ‘n Engelse “stem uitspraak’ te gee. Die meeste aanlyn woordeboeke help daarmee.Maar as jy nou skielik ‘n toespraak in Engels moet gee is die internet gewoonlik nie beskikbaar nie. Ek gaan nou maak soos die SAUK. Hulle praat enige van die 11 tale as hulle krieket op SAUK 2 uitsaai.
LikeLike
Ek het van jongs af baie Engels gelees want Afrikaanse boeke was daai tyd baie “prim”. Dit het baie gehelp. Van almal by my werk praat en skryf ek die beste Engels. Om voor ‘n gehoor te praat is ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit gaan baie oor selfvertroue.
LikeLiked by 1 person
cheetahs – jy is seker (soos ek) ek bebore Vrystater… afi “states”
Ek sukkel ook met daai Engelse woorde en die uitspraak…
LikeLiked by 1 person
Ek is ‘n Vrystater ja!
LikeLiked by 1 person
Baie netjies gedoen. Dis regtig goed gesê en ek stem met jou saam. Hou op skuld uitdeel, die witperd is al vrek gery
LikeLike
Nee kak ek gaan nie nog die verantwoordelikheid van die nasie se hare ook nog dra nie!
LikeLiked by 1 person
https://cheetahs.wordpress.com
LikeLike
Mense moet leer dat daar gevolge is en dat verantwoordelikheid aanvaar moet word.
LikeLike
Ja nee, ek stem saam, ek gaan nie k@k voel oor my blink reguit poniestert nie! Ek dink die hele storie is belaglik, dalk beide kante toe? Punt is, die kinders behoort te leer en nie hulle met crap op te hou nie. Sien gisteraand die ander skole het die strate ingevlieg ter ondersteuning. Gmf.
Oh well, dalk oor ‘n paar jaar het ons nog ‘n vakansiedag om die bloedjie te onthou wat die “rassistiese haarreëls” tot ‘n val gebring het. 🙂
LikeLike
Ek het baie jare skool gehou en moet eerlik sê: ek kan nie verstaan waarom daar al die jare oor die hare gekerm is nie. Ek dink dit was omdat die hoofde al die jare mans was. As ‘n kind se hare netjies is, waarom worry oor die kleur? Ek verstaan as die hare in die kind se oë hang kan hy/sy nie mooi sien nie maar al hierdie outydse reëls maak geen snaps verskil aan die die kind se akademiese vorderin g nie.
Ok ek trek ‘n streep by ‘n kind wat luise het maar verder behoort mense hulle oor ander goed te kwel.
LikeLike