Daar is geen humor in politiek nie…

Die Mister het al gesê dat ek ‘n fucked-up’erige sin vir humor het.  Ek is die ene wat ná ‘n begrafnis almal nooi vir ‘n party en dan doen ons die “Limbo” in my kombuis, sommer met die besemstok.  Seker maar oor’lat my sin vir humor my deur baie trane en maagsere aan die lewe gehou het.  Maar soms is dit seker maar onvanpas.

Dinsdag toe hoor ek een moerse “commotion” in die gang buite my kantoor.  Ek het nie eintlik iets daarvan gedink nie want mens dink soms daar is ‘n slang tussen ‘n groep mense losgelaat, maar dan “chat” hulle eintlik net.  Dit is maar die kultuur en ons moet dit aanvaar.  Toe ek op ‘n stadium uit my kantoor uitgaan, toe sien ek bloed op die vloer en mure en glasstukke op die vloer.  Blykbaar het twee EFF lede mekaar bygekom met ‘n stukkende glasbottel.  Dat dinge só kak gaan in hierdie kontrei dat ek nie eers ‘n wenkbrou gelig het nie.  Ek het hulle net gevra om die gemors skoon te maak.

Hulle kantoor was Woensdag én gister gesluit en ek vermoed dat dit as gevolg van die “insident” was.  Vandag is hulle weer op hul pos en daar is weer lewe in die gebou.  Ek sit toe Prince se liedjie “Raspberry Beret” kliphard op en maak of ek sakkie-sakkie in die gange terwyl ek vir hulle sing.

Hulle vind my glad nie “amusing” nie.  Dat mense so suur-gat op ‘n Vrydag kan wees!

raspberry

raspberry2

raspberry-3

3 thoughts on “Daar is geen humor in politiek nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s