“Eendag”… As ek ryk is…

Veronderstel een moerawies bedrag geld kom my nou toe.  Vandag.  Ek praat nou nie van een miljoen rand nie want eintlik kan mens fokhol met ‘n miljoen doen nie (behalwe om dit net so te bêre in ‘n Money Market en te hoop vir die beste).  Wat sal ek nou doen as ek vandag ‘n kakhuisie vol geld moet kry?

Eerstens sal ek vir niemand vertel dat ek skielik poep-ryk is nie.

Dan sal ek dadelik my kantoortjie oppak en so maak:

444a15e80cc41cc0e5cfbe6cf021d3e8.jpg

Want ek pes hierdie bedryf waarin ek werk!

Ek koop vir my só ene:

L494_16_EXT_LOC02_SC_04_ms_1_293-182896_450x259.jpg

Ek is nie gepla oor wiele nie maar díé nommertjie maak my opgewonde. Ôg, dit maak my sommer horing!

Dan sal ek ‘n Europese toer vir my en die Mister reël wat oor twee maande strek.

757b0304d1e337a9d7cb7b3bc74bf85a.jpg

Ek sal nogsteeds in my huisie bly want ek bly in die befokste-lekkerste huisie in die land.  Ek sal net so hier en daar iets “stunning” aanbring, soos:

5cef6ba5d40a4fd7fe0cff88178a00f4.jpg

64cf1f2490482ecea999eedcd805cdf4.jpg

Ek sal ‘n vakansiehuisie in Heroldsbaai koop.   Net nie op ‘n Golflandgoed nie – ek sal nie lekker aard by só plek nie.  Ek soek ‘n huis OP DIE STRAND!

b5b898b33cf508f22f49e0bfaacb848d.jpg

Ek sal heel waarskynlik ‘n trust-fonds skep om vir kômmin, nikswerd vrouens se sterilisasies te betaal want daar bestaan werklik mense wat nie kinders moet baar nie.  Ek sal ook mildelik skenk aan die weeskinders wat deur hierdie vrouens in die steek gelaat is.

images

Ek sal my tieties weer laat styfmaak.  Maar nie groter nie.  Ek soek nie liter-tiete nie.

06a2173708a68362eec03d9dbeffb78f

Ek sal geld gee vir my skoonouers – net oor’lat hulle vir my so oulike man grootgemaak het en omdat hulle my nooit kak gee nie.

5a33fb3a57ee39691a2e9816e868d942.jpg

Ek sal vir die Tiener op ‘n Contiki toer stuur omdat my sussie daai voorreg gehad het en ek níé.  Ek is nou nog pissig vir my ma oor dit!

fd7350c8a3dcd31cd9f33cd6ebf786a6.jpg

Ek sal vir my ‘n krat vol Absenthe laat invoer want ek het al die “fake” weergawe gedrink maar ek het nooit die feëtjie gesien nie.

dbf35fbc4500747c680e8720ccf97374.jpg

Die res sal ek my belê sodat my kinders elders oorsee vir hulle ‘n ordentlike lewe kan gaan maak en ek en die Mister by hulle kan gaan bly as ons iemand nodig het om ons “nappies” te ruil…

 

 

5 thoughts on ““Eendag”… As ek ryk is…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s