Die Stiefpa – Hoërskool jare (Deel 2)

Ek was sewentien toe my ma my die blye nuus meedeel dat sy besluit het om my Stiefpa te skei.  Sy kon dit nie verdra om hom verder te deel met ander vrouens nie en sy aggressie was besig om sy tol te eis.  Ek was in ekstase!

Dit was ‘n smerige egskeiding wat maande lank gesloer het en ‘n moerse finansiële impak op my ma gehad het.  My ouma het selfs háár kar vir my ma geleen totdat sy weer op haar voete kon kom.  Gelukkig het my ma die huis gehou.  My Stiefpa is Kaap toe en ek kon weer asem haal.  Ek wou hom nooit, ooit weer sien nie.  Destyds het mense mos vreeslik gegons as jy aan’t skei was.  “Siestog… die arme kinders…” Maar in mý geval het ek soos ‘n verlamde gevoel wat weer kon loop.  ‘n Blinde wat weer kon sien.  Vreedsame aandetes.  Geen nagmerries nie.  Geen angstigheid as ek die motorhuis se deur hoor oopgaan nie.

Die Oktober/September skoolvakansie toe gaan kuier ek en my sussie vir my ouma en oupa in Southbroom.  Die skeisaak sou binnekort afgehandel wees.  Die een oggend toe ek wakker word, toe hoor ek my ouma en oupa ernstig praat in gedempte stemme.  Ek hoor toe dat my ouma histeries begin huil.  My oupa, kon ek sien, was duidelik ontsteld.  Op ‘n stadium toe kyk ek by die venster uit en ek sien my ouma se Merc stop in die “driveway” en agterna my peetpa met sý kar.  Ek was nogal heel verbaas om my ma te sien.  Sy het ons toe beveel om ons tasse te pak, ons gaan verder saam met háár vakansie hou.  Iets het my daardie oggend gepla en dit was my ouma en oupa se houding teenoor my ma.  Hulle het haar nie eers gegroet nie.  Net gevra dat sy die Merc se sleutels moet teruggee.  En daar gat ons toe saam met my peetpa.

Ons het by Sanlameer gestop by ‘n “chalet” en my peetpa is vort.  Steeds was ek baie “confuckulated”.  Ek is eerste by die voordeur in en toe word alles vir my mooi duidelik.  Ek het my tas neergesmyt, hoofslaapkamer toe gestorm, die hangkas se deur oopgepluk en daar hang die doos se klere in die kas!  My ma het hom teruggevat!  Dit het gevoel asof iemand my ‘n hou in die maag gegee het.  Nét daar, in daai kamer, het my lewe in duie gestort.

Jare daarná het ‘n vriendin van my ma my vertel dat sy saam met my ma Bloemfontein toe was vir die skeisaak.  Daardie selfde aand het sy my stiefpa teruggevat.  Wie doen so iets?  Vat iemand terug dieselfde dag dat die egskeiding gefinaliseer is na soveel maande se baklei?

Anyway, my ma wou nog “please and explain” toe kom my stiefpa daar aan.  Hy vra my toe om saam met hom te gaan stap op die golfbaan.  Ek het verskriklik gehuil en hy het my toe gevra waarom ek ongelukkig is dat hy en my ma weer bymekaar is.  Toe sê ek vir hom:  “Want ek like jou fokhol nie!” En wat sê hy vir my terug?  “Dis ‘n jammerte, want ék like jou nogal…”  Ek meen… wat de moer?  Om ‘n lang relaas nou kort te maak:  Hy het my belowe dat hy vir berading sou gaan en dat dinge sal verander.  Dat hy sal ophou rondneuk met ander vrouens en dat hy ‘n ernstige poging sal aanwend om my beter te behandel.  Ek moes dit maar aanvaar.  Op sewentien het jy mos nie ‘n stem nie.  Jy moet jou ouers se kak keuses maar opvreet…

Van my stiefpa se beloftes het net mooi níks gekom nie.  Dinge het beter gegaan tot ná Kersfees maar toe rafel alles weer uit.  Ek het my ontvlugting geneem in nagklubs en drank.  So nou en dan dagga ook.  Ek onthou ek was eendag mof gerook en toe kak my stiefpa my weer uit oor iets.  Ek het die TV se “remote control” opgetel, dit na hom gemik en gemaak of ek die volume sagter sit.  Daardie aand het ek oor ‘n agt-voet muur gespring en Vanderbijlpark toe ge-“hike” om te gaan uithang in die hole.  Dit voel soos gister nou die dag.

Verder was ons net weer by “square one”.  Uitkakery aan die etenstafel.  My stiefpa wat saans ál later en later huistoe kom, vrot van goedkoop parfuum.  My ma met die bitter trek om haar mond.  Dan het ek gewoonlik gaan lê in ‘n lekker “Bubblebath” en ‘n Camel gerook…  Tikkel, takkel, tokkel… ek voel fokhol…

tumblr_nm1p6b6iZh1urnwvbo1_500.jpg

9 thoughts on “Die Stiefpa – Hoërskool jare (Deel 2)

      1. Mens moet altyd jou kinders
        Eerste sit. Ek dink mens bly partykeer net omdat dit finansieel beter is. Maar geld is dit nie werd.

        Like

      2. Dis die ding. My ma was die een met die geld en hy het haar geroer met die egskeiding. Maar sy sou eventueel weer op haar voete gekom het want sy het haar eie (suksesvolle) besigheid en my oupa het haar huis en ons kinders se skoolfonds klaar betaal. Geld was nie werklik ‘n kwessie nie.

        Liked by 1 person

  1. Klink my jou ma het dit ook nie altyd maklik gehad nie, hy was n regte ou bliksem…. keuses, wat dan weer die kinders en almal om ons raak. Ai jy laat my nou wonder wat my kinders sal se hoe MY keuses hulle beinvloed het. *sug*

    Like

    1. Ongelukkig verkwalik ek my ma tot vandag toe daaroor. Deur haar keuses het ek ‘n kak kinderlewe gehad. Dit is waarom ek die Tiener met my lewe sal beskerm. Soms kak die mister haar (met rede) uit en dan vlieg ek hom in. Dis my kind en ek sal die uitkak-werk doen.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s