“Throwback Thursday…”

Ek is amper oor die hond se stert.  Die syfers vir Saterdag se bedrywighede is in – 18 Volwassenes en 8 kinders vir Saterdagoggend en 24 Volwassenes en 5 kinders vir Saterdagmiddag/aand.  My boeke is afgesluit en vir ‘n verandering skuld niemand ons geld nie en ek kan begin fokus op die naweek.

My selfoon het ek afgesit en ek luister nou musiek (gestel op “random”).

Die eerste tien liedjies is asvolg:

  1. “Black Velveteen”– Lenny Kravitz
  2. “The Devil You Know”– Jesus Jones
  3. Better Be Home Soon”– Crowded House
  4. “Beside You”– Iggy Pop
  5. “Never Gonna Dance Again”– Seether
  6. “Good Grief”– Bastille
  7. “Renegade”– X Ambassadors
  8. “Voshaarnooi”– Jakkie Louw & Kevin Leo (ek is BAIE vol kak is as dit by Afrikaanse musiek kom… die Mister sê dis ‘n opperste skande!)
  9. “Rocket Man”– Elton John
  10. “She’s Electric”– Oasis

Ek gaan nou afsluit vir die week aangesien ek môre die heeldag agter die kospotte gaan spandeer.

See you on the flipside…

05a1908e825c1e954b694dd6c85ddb84.jpg

Iggy Pop

 

8 thoughts on ““Throwback Thursday…”

  1. Ek kan niks doen met mense wat kak smaak in musiek het nie maar met iemand soos jy kan mens die wêreld oorneem. Geen wonder die parties is legendary nie, die smaak in musiek is top notch. Voshaarnooi is my en Manlief se song. Ek het die “kerkie” binne gestap op daai een.*SUG*

    Like

    1. Jislaai ek dink daai song is pragtig om vir ‘n troumars te gebruik! Soms sal iemand nou karring met die “bluetooth” en musiek van hul selfoon af stroom en dan stop ek hulle sommer in hul spore. My party. My huis. My musiek.

      Liked by 2 people

      1. Daar was nie ‘n droë oog gewees. As ek my gat wip vir Manlief, dan speel ek ou voshaarnooi en onthou hoe blêrrie lief ek vir die ou poepkop is 😉 Ek sal nooit my musiek op ‘n ander ou se party speel, skande! dis erger as poep in die geselskap

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s