Ontgif…

Hierdie week begin heel skeefgetrek.  Ek ken daai gevoel.  Ek kry hom so vier maal per jaar.  Gewoonlik oor Desember wanneer my hele roetine moer-toe is.  En dan vir die een of ander rede Maart maande – moontlik veroorsaak deur die anti-klimaks van finansiële jaarafsluting.  Die ander kere wat ek so voel, is ‘n “gamble”.  Ek voel vandag só.  Ek sal GROOT kak maak…!  Ek sien nie eers kans om te sukkel met die onderste kantoor se veiligheidshek nie.  Almal staan nog so en wag dat ek oopsluit toe sê vir hulle dat ek boontoe gaan na mý kantoor toe.  “Ek is mos net goed genoeg of vir twintig jaar al om julle nitty-gritty kak uit te sort.  Wag maar hier in die son tot die baas kom dat hý vir julle kan oopsluit…”  en daar gat ek…  Ek is gewoonlik die geduldigheid vanself en “nice” met almal maar vandag is nie daai dag nie.

Saterdag het ek myself heeltemal oor-eis.  Ek is eerlik.  Niks meer kinderpartytjies vir my nie.  Spur sal nou my voorland wees.  Ek het gister-middag nog blou “icing” van my mure afgekrap en die Laatlam wil niks weet van bad nie.  Sy loop al van Saterdagoggend met dieselfde rokkie rond en haar hare begin bietjie “funky” ruik.  Twee van die maatjies het ‘n paar houers “play dough” beetgekry en gedink dit sal oulik wees om dit in my matte in te trap…  Ja, fok die springkasteel.  Dis meer pret om skelm in ‘n kamer te gaan en kak aan te jaag met play-dough!

Die grootmens-“party” was ‘n opskop van epiese proporsies, maar ek dink my niere sê nou “hokaai”.  As hulle “mense” was het hulle ook nou seker “tyres” gebrand en biblioteke opgefok.  Mamma het hulle nou genoeg “for granted” gevat.  Ek weet nie of ek wil kak of kraam nie.  Ek is tot op die punt om myself te wend na “dodgy” websites oor hoe om jou niere skoon te “flush” en ‘n apteker het vir my selfs die raad gegee om ‘n blikkie bier te drink (daar is juis drie blikkies Windhoek Lager in die kantoor se kombuis se yskas maar ek dink dit sal die laaste strooi wees).    Ek is in pyn en ek moet dit maar sluk want om Maandae af siek te vat is taboe hierso!  Mense wat Maandae af siek is draai mos eintlik stokkies…

Anywhoo…  Saterdagaand toe die partytjie begin “fizzle” toe gaan ek badkamer toe om my gesig te gaan was (jy moet weet ek is nog heel ok as ek my gesig gaan was voordat ek ‘n kussing slat).  My vriendin wat van Alberton af gekom het om sommer oor te slaap, bars toe daar in.  “Wát is fout, Maatjie..?”  En ek dink ek het so bietjie dronkverdriet gehad en ek sê vir haar:  “Dolla, kyk hoe lyk ek.  Kyk hoe moeg is ek.  Onthou jy hoe ek parties kon hou tot die son opkom?  Kyk hoe lyk ek nou.  Ek word oud.  Alles hang…”  Ek trek toe my klere uit en ek gaan staan voor die vol lengte spieël met my kaal bolyf.  “Kýk hoe het hierdie kak my lyf verrineweer!”  En sy kom staan langs my (sy is vyf jaar jonger as ek en het nog nie kinders nie) en sy trek ook haar hemp en bra uit.  En so staan ons so langs mekaar voor die spieël, tiete all over the place.  “Ag nee girl… jy lyk nie so kak nie.  Al wat jy ekstra het is ‘n paar rekmerke en letsels waar jou keiser snitte was…”  En ek wil ween.   “Kyk hoe lob-sided is hierdie tiet, girl…”  En sy troos:  “Man jy kan dit alles weer mooimaak as die Tiener se tande klaar betaal is…”

Man, elke vrou het mos maar sulke vriendinne nodig. Sy lieg nie en sê jy lyk al te sexy nie, maar haar reaksie is ook nou nie ‘n klap in die gesig nie…

So ja, ek gaan nou vir ‘n paar weke bietjie goed wees vir my binneste.  Emosioneel én fisies.  Bietjie “detox” en van die giffies ontslae raak anders gaan ek teen Desember ‘n totale wrak wees.

 

 

3 thoughts on “Ontgif…

  1. Well, kyk so daarna, ek ken geen vrou wat ooit happy is met hoe sy lyk nie. En 10 jaar terug het jy tien teen een ook so gevoel, maar as jy nou daai lyf kon terug hê sou jy happy wees. En oor tien jaar van nou af, hierdie een wou hê. Sterkte!!!! Ek love jou mind, sonder om die lyf te sien, en dit tel in my boekies baaaaaaie meer.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s