“Meskel”

Daar het vroeg verlede jaar Etiopiërs langs ons ingetrek.  Een aand verlede jaar toe sit ons in die stik-donkerte buitekant en toe hoor ons die aardigste geluide van hulle erf af.  Boerbokke, gereed om geslag te word.  Weet julle hoe daai diertjies tekere kan gaan in ‘n stil “suburb”?  Weet julle hoe vreesaanjaend dit klink, verál saans tydens “load shedding”?  Die kinders was heel ontsteld.

Daarná het dit ‘n paar keer wéér gebeur, totdat die mister die hele ritueel van die slagting moes aanskou (hy wil mos oor die muur loer!) en toe kry hy ‘n properse hoer-beroerte!  “Listen here!  We don’t operate like that here!  We have kids!  For fuck sakes!”  het hy tekere gegaan.  Die man (sy naam is “Satellite” – verbeel jou dít!) het toe na ons toe gekom en om verskoning gevra.  “We are good Christian people, but this is part of our tradition.  We will try to make it less obvious”.  Apologie aanvaar.  Ek het die gesondheidsinspekteur toe alreeds gekontak en mens kan eintlik nie iets daaraan doen nie.  Solank hulle nie die perseel gebruik om vleis te verwerk en dit aan die publiek verkoop nie.

Vir baie lank weet ons van geen verdere slagtings nie.  Tot gister…

Toe ek ná werk by die huis kom en by die agterdeur instap toe hoor ek die geblêr.  Ek kyk toe by die opwaskamer se venster uit en sien twee boerbokke in hul agterplaas rondloop.  En my moer is gekoer!  Ek soek júís iemand om my frustrasies op uit te haal.

Ek gaan toe op die internet en gaan lees ‘n bietjie na.  Gister was ‘n Etiopiese Christelike vakansiedag genaamd “Meskel” en word al langer as 600 jaar gevier.  Deel van die feesvieringe is om ‘n bul of bok te slag.  Die dier moet eers deur ‘n ouer lid van die familie “geseën” word vóór die slagting.  Met die slagting moet die dier aan die regterkant val – wat seker die rede is waarom daar twéé bokke was – net vir ingeval die eerste een links val.  Bwaaahahaaa!

Hierdie fees kan tot ‘n week lank duur.

Hoewel ek bly is dat ek eers bietjie navorsing gaan doen het, is ek steeds nie baie “chuffed” dat hulle die bokke sommer daar aan die anderkant van ons muur slag nie.  Ek sweer!  Die bokke het nog so tekere gegaan, toe hóór ek hoe word ‘n mes geslyp op ‘n klip.  Binne minute toe heers daar totale stilte.

Sug…  Mens moet seker ten minste ‘n poging aanwend om mekaar te probéér verstaan om in vrede te kan saamleef.  Maar hierdie paloekas wat die kampusse so verwoes…  Níks kan dit regverdig nie!  Ek is bereid om tyd te vat om te leer van ander se tradisies en gelowe – maar ek sál nie probeer om barbaarsheid te verstaan nie.

goats.jpg

meskel.jpg

7 thoughts on ““Meskel”

  1. Eks baie bly ekt nie sulke vaste tradisies nie en daardiw mense verstaan seker nie hoekom dit vir ons n issue is nie. Maar ek dink dis wreed. Dis nie meer die steen tydperk nie, hulle kan daar ver in veld hulle tradisies doen, nie in n agterplaas van n huis nie… As ons hulle in ag moet neem kan hulle maar ons ook in ag neem wat nie gewoond is aan sulke dinge

    Like

  2. SE GAT! Ek sal dit ook verdomp verloor. Ek kan ongelukkig nie so iets hanteer nie. As die land in duie stort en ons moet ons eie vleis op die tafel kry, sal ek darem lekker smul aan groente want ek het nie die hart vir slag nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s