“THROWBACK THURSDAY…”

  1. “Where Did Our Love Go”- Soft Cell
  2. “Howlin’ For You”- Black Keys
  3. “I don’t Like Mondays”- The Boomtown Rats
  4. “Electric Avenue”- Eddy Grant
  5. “Safe And Sound”- Capital Cities
  6. “Take Me Out”- Franz Ferdinand
  7. “Heathens”- Twenty One Pilots
  8. “Life Is Life”- Opus
  9. “Mystify”- INXS
  10. “Keep Em’ Separated”- Offspring

Snaaks (toeval?) dat The Boomtown Rats en INXS op dieselfde speellys is vanoggend.

Ken julle die storie van Bob Geldof, Paula Yates en Michael Hutchence?

Bob Geldof van The Boomtown Rats was getroud met Paula Yates.  Hulle het drie dogters gehad:  Fifi Trixibelle, Peaches en  Pixie.  Paula Yates het ‘n “affair” aangeknoop met Michael Hutchence van INXS.  In 1996 is Yates en Geldof geskei en ‘n bitter oorlog het gewoed oor toesig van hul kinders.  Dieselfde jaar het sy en Hutchence ‘n dogter saam gehad – wag vir dit:  Heavenly Hiraani Tiger Lily – ag wee’ jy!  Die “celebs wat hulle kinders sulke kak name gee, maar anyway

Die twee was nogals lief vir dwelms en sulke kakkies.  Hutchence is in 1997 oorlede nadat hy homself in ‘n hotelkamer gehang het.  Vreeslike kak dag vir my gewees daai!

mh.jpg

Michael Hutchence (INXS)

Yates het beweer dat hy dood is as gevolg van ‘n “sex-game-gone-wrong” maar die speurders wat die saak ondersoek het, het gevind dat Hutchence hom vergryp het aan drank en dwelms en in die proses erg aan depressie gely het waarna hy sy eie lewe geneem het.

Geldoff het toesig oor al drie dogters gekry nadat Yates probeer selfmoord pleeg het.

Yates is in 2000 dood aan ‘n “heroin overdose”.

py.jpg

Paula Yates

Wat my so verstom van die hele storie is dat Geldoff hom ontferm het oor Tiger en haar as sy eie groot gemaak het.  Hoe “awesome” is dit nie?

bg.jpg

Bob Geldof (The Boomtown Rats)

In 2014 het nóg ‘n tragedie vir Geldof getref.  Yates en Geldof se middel-kind, Peaches (25) word dood aangetref – ook as gevolg van ‘n dwelm-oordosis.

peaches-geldof-11.jpg

Peaches Geldof

Hel man, dat één man soveel kak-en-drama moet deurmaak.

Respek!

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s