Ek speel nie saam nie!

Ek het Afrikaans grootgeword, maar daar was nooit regtig Afrikaanse musiek in ons huis geluister nie.  Ja, daar was Carike Keuzenkamp se kinderplate en my ouma was baie lief vir “Hak hom Blokkies” van David Kramer.  Soms bietjie Coenie de Villiers en Laurika Rauch.  Nice goed, die bietjie Afrikaans waaraan ek blootgestel was.  My oupa was ook lief daarvoor om vir my “Spoetjies” te sing as hy nou ‘n Mainstay’tjie te veel ingehad het, want van die bietjie Ierse DNA wat ek geërf het, moes ek mos nou met ‘n spul sproete opgeëindig het…  (Wyse raad:  Rosyntjies vat nie sproete weg nie.  Jy eindig net op met meer spuitpoep as wat jou liggaam kan verwerk)

Ek het grootgeword met Julio Iglesias, Bee Gees, Frank Sinatra, ABBA, Carpenters en what-not.  My ma het weer gehou van Queen, CCR, Rolling Stones, Fleetwood Mac, Roxy Music en The Doors.

Ek was vir die eerste keer bloodgestel aan die Panties-en-Plakkies kultuur toe ek ná skool vir ‘n jaar Potch toe is vir ‘n “afrondingskursus” (fokop gewees maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…).  Ons eerste “social” was ‘n dans by die Impala.  Dit was my eerste- en my laaste keer by daai plek.

Met die intrapslag toe kom sit so dik-gat pampoenboer by my.  “Sê my, pop… Naai jy?”  Ugh… met daai soet-suur brandewyn asem met knoffel ondertone – seker ‘n mossel-fokken-starter by die Spur gaan vreet om sy maag te smeer vóórdat hy strate toe is om kwas te gaan soek.  Oombliklik het ek kômmin Afrikaanse musiek en jagse dronk-gat studente met khaki-klere en lelike skoene met mekaar vereenselwig.  Nét daar is my verhouding met “main stream” Afrikaanse musiek geruineer.  “Don’t judge me”!

Deur die jare het daar so hier en daar ‘n Afrikaanse sanger/groep kom nesskop in my hart.  Valliant Swart, Chris Chameleon, Karen Zoid,  Heuwels Fantasties, Franscois van Coke… eintlik het ons oorgenoeg talent in hierdie land.  Maar sodra daar ‘n “backtrack” begin pomp dan trek ek my neus op ‘n plooi.

Ek het hierdie ding op Facebook verlede week raakgeloop en ek het gekraai!

14519774_1790427201242442_5721194081531545490_n.jpg

Nou hoor ek daar is ‘n bootreis wat geadverteer word.

fr_2016927115929.jpg

Nee dankie!  Ek speel nie saam nie!

7 thoughts on “Ek speel nie saam nie!

  1. PRESIES!! Ek en manlief het so amper nie tot trou gekom omdat ek “sokkie” musiek op sy playlist raak geluister het. Hy het belowe dis nie syne en dat dit nooit weer sal gebeur. Ek sal ‘n vriendskap bou of breek op watse musiek jy luister

    Like

  2. ‘n Mens kan nie regtig die kunstenaar (of sogenaamde kunstenaar) kwailik neem nie. Hulle gee maar net wat die mark wil hê. Die mense wat na die stront luister en die platemaatskappy wat dit maak behoort teen ‘n muur opgelyn te word en gebrainwash word met behoorlike musiek tot hulle weet hoe dit klink

    Liked by 1 person

  3. Oeg nee kyk, die tjiekielieng-tjiekielieng-koor maak my spiere net so pap.

    Ek is ook afrikaans maar my pa het na goed soos Uriah Heep, Black Sabbath, Led Zeppelin, The Rolling Stones ens geluister. DIS MUSIEK. Gelukkig het ek my pa se musiek smaak geërf!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s