Spasie vir die nasie!

Nou die dag toe gaan ek gou Pick-n-Pay toe om krag en ‘n rook-dingetjie te gaan koop.  Geduldig val ek agter in die ry in en wag my beurt af.  ‘n Middeljarige vrou kom staan toe agter my.  Nee.  Sy het téén my kom staan.  As ek haar die kans gegee het, het sy seker bo-op my skouers kom sit.  Ek kon haar asem teen my nek voel blaas.  Ek sweer, ek sal ‘n aap kak!

Toe ek haar baie mooi vra om terug te tree, toe word ek toegesnou:  “Tsk… You racist bitch”!

OH, HELL NAHHH!

Nou kyk.  Ek beskou myself nie as ‘n rassis nie.  As ek gewoontes en tradisies van ander bevolkingsgroepe nie verstaan nie, dan gaan lees ek daaroor en probeer verstaan.  “Knowledge is power”.  Soos die geval met my bure wat die bokke so slag.  Dit het my erg gegrief maar ek het gaan lees oor hulle Christelike vakansiedae en tradisies en ek aanvaar dit nou, al wil ek soms daai arme bokke net gaan red.

Die meeste van my kliënte is swart.  Hulle noem my “sister” en ek noem hulle “my dear”.  Soms val hulle by my kantoor in met ‘n bottel koeldrank dan “chat” ons oor ditjies en datjies.  Die straatkinders wat soms my kar was noem my al “mamma” en as ene nou “cheeky” met my raak omdat hy te veel gom gesnuif het dan is daar altyd ‘n groepie wat hom kortvat en my beskerm.

Maar hierdie ding van mense wat so téénaan jou staan werk nie vir mý nie.  Ek moet soms die Tiener ‘n arm-lengte (wat vir my die aanvaarbare distansie is) wegstoot want soms sal sy óók so bietjie té naby aan my kom staan as ons in ‘n tou staan.  My een kollega wat in die “township” bly sê vir my dit is omdat hulle nie gewoond is aan spasie nie.  “Go and have a look.  Black people have more patience than white people because they are used to wait in long ques in over-crowded places.  They don’t even notice that they are invading your personal space…” 

Vanoggend toe gaan ek weer Pick-n-Pay toe (fok, ek weet nie waarom ek myself so straf nie want die local Checkers is BAIE beter!).  Wéér kom staan ‘n ou agter my, só teenaan my dat ek sy hempsknope agter teen my rug kon voel.  Niemand het agter hom gestaan nie.  Die plek is so stil dat daar net twee tille oop is.  Maar ek voel die woede in my opstoot en voordat ek iets kon sê toe voel ek hier kom een moerse hooikoors-aanval (die laaste week is daar sulke wit donsies orals in die lug en ek vermoed ek is allergies daarvoor).  En net daar, sonder om te dink, draai ek toe om (sonder om my hand voor my neus en mond te sit) en ek nies op daai man dat die snot so op sy skouer sit!  Ek sweer!  Ek wou nog keer maar daai ou was basies bo-op my.

Nou sit hy met snot op sy pers hemp en dít alles omdat hy nie weet van om mense se “personal space” te respekteer nie!

Mense van die nasie:  Ek is nie ‘n rassis omdat ek van jou verwag om my persoonlike spasie te respekteer nie.  Dit is ‘n higiëne-ding en dit laat my uiters ongemaklik en kwesbaar voel.  Dit is die rede waarom ek nie na “over-crowded” restaurante en drink-plekke gaan nie – “nevermind” die ras van mense wat om my saamdrom nie.  Ek het nie nodig om lyf-teen-lyf met ander mense te staan en te ruik wat jy vir “breakfast” gehad het nie.  Ek voel presies dieselfde as ‘n wit persoon so teen my staan.  So asseblief, hou op met die rasse-kaart!

 

 

2 thoughts on “Spasie vir die nasie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s