Tjank-gat

Die wêreld se grootste tjank-gat bly onder my dak!

Die Laatlam huil deesdae oor álles.  As sy my vang skelm tjoklits eet, dan tjank sy.  As ek vir haar die verkeerde swembroek inpak vir haar swemlesse, dan tjank sy.  As die kakpapier opraak terwyl sy putty-stoot, dan tjank sy.  As sy dors is, dan tjank sy.  As haar hande taai is, dan tjank sy.  As die hond haar per ongeluk omstamp, dan tjank sy.  As haar oë oopgaan, dan tjank sy.  Die geraas is besig om my teen die mure uit te dryf…

Die afgelope twee weke gaan ek deur moerse uitdagings en dit frustreer my grensloos.  Baie van ons besigheid gaan deur staatsinstansies en hulle het nou die wonder van elektronika ontdek.  Alles moet moet ge-“submit” word op hulle webtuistes.  Dan is dit “tax clearance certificates”, besigheids-registasie vorms (wat hulle laat kop-krap want die maatskappy is al in 1969 gestig so die oorspronklike vorm lyk soos iets uit ‘n museum), gesertifiseerde bankstate, FIKA en al daai kak waarvoor ek nie tyd het nie.  Die dag toe ek Pastel onder die knieg gekry het en internet betalings kon maak in pleks van hordes tjeks en bankstrokies uitskryf, het ek besluit om te stagneer want ek het nie gedink dat tegnologie verder sou “evolve” nie.   Nou moet mens oral registreer en hordes dokumente laat beëedig, “scan” en “sub-fokken-mit”.  Kyk, en as daai dônnerse sisteem my uitgooi of om my sonder enige rede “reject” dan wil ek my lessenaar omgooi!  En NIEMAND kan my help nie want die hele spul wat sáám met my werk het óók besluit hulle stagneer so ek sit in kakstraat.  En ek kry NIKS uitgerig nie!  Dit is blerrie irriterend!

Ek sit ook met ‘n lelike ding met ons munisipaliteit en ek sukkel al van April af om dit uit te sorteer.  Hulle het derduisende rande ge-“over-charge” op ‘n rekening.  Ek moes dit noodgedwonge betaal.  Hulle het erken dit was ‘n fout van hulle kan af (ene Tifo, die drol!) maar reguit gesê dat hulle nie weet hoe om dit uit te sorteer nie.  Met ander woorde, ek verwag om vir die volgende twee jaar ‘n nul-rekening te kry, maar dit is nie die geval nie…  Niks word reggestel nie.

Verder gaan die lewe aan by die huis en ek moet taxi speel laat die kak wit sit!  Ek ry myself des-moers.  Verál vir die Tiener en haar maats.  My etensuur word opsy gesit om rond te ry.  Ek is móég.  Moeg vir die Laatlam wat tjank.  Moeg vir die Tiener wat rondgery moet word.  Moeg vir my werk.  Moeg, moeg, moeg!

Maandag-oggend toe gaan stap ek en skielik begin ek tjank.  Ek het Maart-maand (wat ek van kan onthou) laas gehuil.  Anti-depressante het soms ‘n lelike manier om mens emosioneel “dood” te maak, so ek huil bitter min.

Later die oggend sit ek en hare droogblaas, midde-in die chaos in ons huis (met die Laatlam wat êrens in die huis loop en tjank).  En skielik begin ek wéér tjank.  Die Laatlam kom die kamer in gesuiker en sy sien haar ma is aan te-huil.  Dadelik hou sy op en troos my.  Tjoep-stil…

By die werk gekom.  Toe tjank ek WEER (maar kyk, TOE is die krane oop!).  My ma (vir wie ek werk) troos my en bel die mister.  ‘n Uur daarná kom die Mister by my werk aan.  Teen daardie tyd toe lyk my oë al soos muishond-poessies-ná-paartyd van al die gehuil.  Hy en my stiefpa gryp toe in,  maak ‘n paar oproepe en begin toe goed “submit” wat ek vir ‘n dônner nie ge-“submit” kry nie.  My kollegas skarrel rond en maak afskrifte van dokumente en skandeer dit om die lewe vir my makliker te maak.

Later die middag toe gaan haal ek die Tiener by die skool om haar na haar ekstra Wiskunde klasse te vat.  Daar gekom, toe begin ek huil toe die onderwyseres met my kom gesels.  Láter die middag begin twee ander mammas (wie se kinders óók by dieselfde plek ekstra klasse kry) my Whatsapp.  Hulle bied aan om uit te help met die rond-geryery.

Terug by die werk, toe kom ons bode om vir my die munisipale rekeninge te bring.  Ek het daai papiere net so een kyk gegee toe tjank ek weer.  En ou Alice troos net…  Die volgende dag toe kom sy na my toe met die nuus dat sy die munisipaliteit se finansiële bestuurder (NOGAL!!!) gaan sien het en dat Tifo knie-diep in die kak is.  Sy het ‘n afspraak met hom (die finansiële bestuurder) gemaak vir vanmiddag en hy het belowe dat die kwessie met die rekening vandag uitgesorteer sal word.

Later die aand toe kyk ek “Happy Feet” saam met die Laatlam.  Toe tjank ek weer… vir oulaas…  daai pikkewyntjie se hartseer blou ogies…

 

Uit met die tissues!

128546690837.jpg

12 thoughts on “Tjank-gat

  1. Hahahahaha!!!!! Die laatlam het ‘n ding begin lyk dit my. Ek huil so baie dat ek dink mense verwag dit so die trane gaan my niks help behalwe om beter te voel

    Liked by 1 person

  2. Jitte vrou ek het gewonder hoekom was jy so lanklaas hier op die blogs – en daar sit en pis jy deur jou oe…. sorry!
    Hoop jy geniet die Mister se bederf vir jou bday! En mag die laatlam tog ophou huil en eerder lag.
    Strongs Girl!
    ps. MY gehuil bring my nerens!!!!

    Liked by 1 person

  3. Om heeltyd sterk te probeer wees,word nie altyd waardeer nie.Soms is dit nodig om ook bietjie in duie te stort en die lot om jou ‘n groot skrik te gee!
    Kyk net hoe vinnig is alles uitgesorteer.Moet dit nou net nie ‘n gewoonte maak nie,anders sien hulle deur jou plannetjies…LOL!

    Like

  4. Ek het nou lekker vir jou gelag. Ten minste is jou lewe nou bietjie uitgesorteer. Ek wil ook mal word as ek nie papierwerk vir ‘n mens in sy hande kan gee en in die oe kyk terwyl ek verduidelik nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s