39…

My 39ste verjaarsdag het gekom en gegaan.

Ek en die Mister is die Sondag voor my verjaarsdag Montecasino toe en het sommer die aand in die hotel oorgeslaap.  Eintlik vreeslik “tacky”.  Ek dink altyd wat die mense vóór my in daai bed gedoen het.  Of hulle in die stort gepis het en of hulle cocaine gesnuif het.  Vreeslike goed gebeur mos in hotelle.  Maak nie saak hoe kraak-vars-wit daai beddegoed is nie, ek vertrou dit nie.

Ek en die Mister het een keer ‘n troue bygewoon by die Pretoria Dieretuin.  Ons ken glad nie Pretoria nie en bespreek toe vir ons plek by die Hotel 224.  By die troue toe die gaste mekaar begin uitvra or wie wáár bly, toe stik die een ou so in sy dop toe hy hoor waar ons oorbly.  “Dude!  Die Duitse ooms vat die prossies soontoe… kyk maar mooi!”  Ffffrrrttttt….

Terug by Montecasino.  Ons het maar die hele dag gerol van die een kroeg na die ander, geëet en ja… so bietjie gedobbel.  En wéér geëet en gerol…

En met bietjie, bedoel ek BIETJIE!  Ek is só dankbaar dat die dobbel-gogga my nie beetgekry het nie.  Ek dink realiteit het ingesink baie jare terug toe ek met my eerste man getroud was.  Ons het een aand gaan dobbel en vreeslik gedrink.  En toe ek weer sien, toe het ek Lydsie (my “housekeeper”) se salaris heetelmal weg gedobbel.  Soos in POEF!  WEG! Bitter duur les wat ek daardie aand geleer het.

So ja, ek het maar gekarring op ‘n 5c masjien met ‘n R300.00 kaart wat die Mister my ge-“sponsor” het en weggestap met R1 800.00.  Not too bad…  Lekker seekos gevreet en ordentlike wyn gedrink met daai geld.  Maar dis nie my “scene” nie.  Fokkit!  Daai mense wat so in ‘n semi-koma sit en sommer drie masjiene gelyk speel.  En as jy so stadig verby hulle loop dan gluur hulle jou aan soos ‘n brandsiek-brak wat bang is dat jy sy been gaan steel.

Ons is die Maandagoggend terug huistoe want die Mister moes teruggaan werk toe.  BTW en Efiling ken nie van verlof nie.

En hier is die ONGELOOFLIKE brokkie nuus.  Ek was nugter op my verjaarsdag.  Ek kan nie onthou wanneer laas dít gebeur het nie.  Ek het vir my ‘n bottel Appletiser gekoop en in die swembad gaan sit vir die res van die dag en myself vreeslik jammer gekry.  Seker maar omdat ek ‘n Halloween-baba is en Halloween is van hekse en hekse is van die duiwel…

Eintlik héél kakkerig, maar dít is wat gebeur as jy op ‘n Maandag verjaar…

7b53829b92184f859f2849a45ab3eb2e.jpg

3 thoughts on “39…

  1. Jitte, lekker om van jou te hoor, het al gewonder wat van jou geword het.
    Nou maak jy my bang ek word ook een van die dae 39 en ek wil wil voorspel dat ek ook SOOO dag gaan he, dis nou te se as die vriedinne dit sal toelaat. Ja hotelle is funny plekke. Bly jy het lekker gerol van die een kroeg na die ander, geëet en bietjie gedobbel. En wéér geëet en gerol… LOL
    Hoe gaan dit met die tjankbalie en die trane?

    Like

  2. Ek verbeel my altyd ek voel heel aand bed bugs oor my loop. Gedink dis net ek wat so voel oor ‘n hotel. Ek is jammer ons doen nie Halloween nie, ek soek ENIGE verskoning om op te dress.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s