Pille vir Kersfees…

Ja, ja, ek lewe nog.

Soos elke jaar met die Feestyd sukkel ek maar net met die “Swart Hond”.  Wat maak dat ek kans sien vir niks nie.  Ek wil nie skryf nie.  Ek wil nie nuwe resepte uit toets nie.  Ek wil nie uitgaan nie.  Ek wil nie vriende onthaal nie.  Ek wil NÍKS.  Van nou tot diep in Maart gaan ek in ‘n “funk”.  As ek kon, sou ek verkies om vir vier maande in ‘n medies-geïnduseerde koma te gaan en eers wakker  word as al die chaos tot ‘n einde gekom het.  Dan is ek sommer lekker maer ook!

Ek is so twee weke terug dokter toe want ek het gedink ek het my kakebeen gebreek of iets.  Ons was een aand na ‘n musiekfees toe en een van die Tiener se maatjies was saam. Díé verdwyn toe tussen die massas mense en ek gaan soek haar toe en in die proses toe val ek my des moers!  Gesig in die grond!  My kakebeen was seer en die pyn het gekom en gegaan en toe dag ek laat ek maar die “music” gaan “face” en uitvind wat skort want om te eet het ‘n pynlike “struggle”geword.  Toe sê die dokter vir my, my kakebeen makeer fokhôl nie, “maar jy is besig om jou tande weg te kners… jy is al verby die plaatjie-stadium.  Defok, girl?!  Wie pis jou so af?” En hy blaai so deur my “file” en hy sê:  “Ek begin ‘n patroon sien.  Jy is nie lekker met Kerfees nie, né?” Teen díé tyd sit ek al onbedaarlik en ween.  Is so… ek “doen” nie Kersfees nie.  Ook nie Januarie as die skole begin en mens moet skarrel vir skool benodighede en atletiek en kak nie.  Ook nie finansiële jaarafsluiting nie.  Ek begin eers April weer mens voel, as dit koeler begin word en ek sweet nie tussen my boude en onder my tiete as die irritasie my pak nie.  Fok!  Dalk “doen”ek net nie Somer nie!

Die dokter skryf toe vir my Nuzak en Trepilene saam met die Venlor en Stilnox voor.  “Dan kom jy Maart terug en dan speen ons jou van die Nuzak en Trepilene.  Jy sal maar elke jaar dié tyd iets ekstra moet gebruik.  En jy moet vir hormoontoetse gaan – op die agtiende dag van jou siklus.  O, en as jou kakebeen nie regkom nie, dan kan ons altyd Botox spuit.  Maar die fondse betaal dit nie…”

So, met ander woorde, ek gaan dalk soos Ridge van Bold and the Beautiful lyk met sy mase kakebeen.

“Intussen… probeer sovêr moontlik in jou roetine bly, oppas vir alkohol met die medikasie, rus genoeg en bly uit die malls uit… Sien jou volgende jaar…”

Okey, dokey…

Intussen maak ek maar of Kersfees ‘n vreeslike “exciting” tyd is ter wille van my kinders want hulle verstaan nie dat daar mense is wat hierdie tyd van die jaar verpes nie.  Hel, ek het selfs gehelp om die kersboom op te slaan en ‘n kakhuisie vol mosterd gemaak om saam met die “Gammon” te eet.

Vuisvoos maar gefokus…

 

9 thoughts on “Pille vir Kersfees…

  1. 12 Oktober 2016. Ek haal jou aan, verbatum. “Drie maande is bietjie lank om so te loop voel, you don’t think?”
    Dis omdat jy geweet het joune kom nog, né?

    Sorry. Sterkte. Sien jou anderkant

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s