Bo blink, onder stink!

Wee’ jy!  Mense kan darrem maar drolle wees!

Daar is ‘n ou oom wat ek al donkiejare ken.  Kom ons noem hom maar oom Piet.  Net om ekstra diskreet te wees.  Hy was destyds opsigter by die woonstelle waar ek en die Tiener gebly het toe sy nog ‘n pap-baba was.  Hy sou altyd Saterdae by my kom staan en gesels terwyl ek wasgoed ophang.  Dan moan hy oor al die kak in die land en gooi daai “K”-woord left, right en centre!  En dis “fok” voor en “doos” agter….  Maar anyway

Oom Piet en ek het nog al die jare kontak behou want my oupa ken hom goed en hy kom loer gereeld by my werk in om te kom groet.  Die ander dag toe kry ek ‘n “friend request” op Facebook van die oom en ek aanvaar toe maar want, ek meen, ek kén hom mos?

So ruk terug toe kom ‘n vriend na my toe, erg moedeloos.  “Maatjie, ek kom nie by my werk uit nie.  Jy ken mos vir oom Piet? Hy het ‘n ekstra selfoon waarvan die tannie nie weet nie.  Kort-kort kom hy met daai dônnerse foon na my toe want die ding is vrot van die virusse wat hy optel deur al die porn wat hy kyk…  I’m telling you!  Daai oom is BESIG!”  Ek lag toe my gat af want oom Piet kan skaars loop soos die oumens-siektes hom ry.  Wáár wil hy hom nog ophou met pornografie?  Maar ek hou dit toe vir myself want die fok weet:  Leef en laat leef!  Dis nie mý besigheid as hy skelm draties wil kap en sy data so wil mors nie.

Nou die dag toe sit ek dié op my Faceboek se “wall”:

14992003_10155389044238332_8039994479825972285_n.jpg

OH!

MY!

GREATNESSSS!

Sal die einste oom Piet my nie op Facebook aanvat en my uitkak oor’lat ek gekruide taal gebruik nie!  Jis maar ek strip mos my moer nét daar en ek dog by myselwers die skynheilige ou bliksem!  Gebruik die “K” woord so mildelik, vloek self soos ‘n matroos en perv so op sy selfoon dat die ding kort-kort ge”wipe” moet word!

Net gister toe kry ek hom weer in die dorp.  Dis net soentjies en drukkies van sy kant af (ek weet nie waarom wil oumense alewig soengroet nie, maar ok, dit is ‘n héél ander generasie waar dinge eenvoudig ánders gedoen word).  En hy tune my:  “Jong, watse stoute goed sit jy op jou Faceboek?”  En ek kap hom:  “Oom!  Moenie!  Moenie met my begin nie.  Oom kan bly wees ek het nie oom se naam geplank voor my 364 Facebook vriende nie!”

Die fokken “audacity”!

 

4 thoughts on “Bo blink, onder stink!

  1. Ja-Nee die met ‘n stel reëls vir jou, een vir my en dan een vir ons… SKYNHEILIG in hoofletters. Ek haat die alewige gesoenery, ek soen net my brak Bella, baie graag, en aanhoudend op haar kop… die res vermy ek altyd met, ai ek het ALWEER ‘n “pestelensie” en sal eerder nie soen nie, nou-nou kry jy dit ook. Ek gril vir soene want die hel alleen weet wat mense als met hul monde doen!!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s