Puffity-puff…

Voorspoedige 2017 vir julle lotte!

Ek is nie ene vir daai “New Year, New ME” stront nie want mens plank gewoonlik net jou naam!  Die 1ste (of eerder, die Maandag ná die 1ste – verál as jy ‘n vroumens is) dan begin mens mos die Nuwejaar  met ‘n “Wha!”.  Dan vertel jy almal op Facebook hoe jy gaan ophou rook, by Virgin Active gaan aansluit en in die proses dertig kilogram gaan verloor.  ‘n Maand daarná is jy héél bedroef want jy rook tien sigarette per dag méér en jy vreet skelm witbrood in die nag as almal slaap.  Nee fok, ek bly weg van Nuwejaars voornemens.

Ongelukkig moes ek, HEEL’EMAL teen my wil, ‘n moerse verandering aan my leefstyl gemaak het.  En hierdie hart is nie wit nie, hoor..!

Kersdag toe begin my stem weggaan.  Ek gaan nie dokter toe nie en vat maar hier en daar ‘n sopie Dillinct en pop so nou en dan ‘n Corenza C en ‘n ACC en gaan maar so hoes-hoes en kruisbeen (want dit gebeur as vrouens ouer raak…) deur die Feestyd.

Dinsdag toe die Mister wakker word toe is hy skuins bedônnerd:  “Gaan nou net dokter toe asseblief want jy hou almal uit die slaap uit met jou gehoesery!”  Ek maak toe maar ‘n afspraak by my Plan B-dokter se vennoot want my Plan A-dokter (wat nie ‘n vennoot het nie) is op verlof, so ook my Plan B-dokter.  Intussen het ek ook middeloor-ontsteking ontwikkel so dis veilig om te sê ek was poer in my moer in.

By die spreekkamer toe besluit oom dokter dat dinge maar oes klink en dat hy ‘n longfunksie-toets gaan doen.  Ek blaas en roggel en ek dog so, “O fokkies dis hospitaal toe met jou!”  en ek smaak nie van hospitale nie.  Ok, ok as jy vra vir goeters vir pyn dan “dope” hulle vir jou al te heerlik maar ‘n hospitaal is ‘n plek van hartseer en ellende en ek voel dit aan.  Dit spook erg in hospitale…  En hulle het nie “full bouquet” DSTV nie.

Ná vyf pogings om ‘n longfunksie gedoen te kry (omdat ek begin roggel, hyg en hoes sodra ek in die pypie begin blaas) toe sê die dokter vir my dat, behalwe vir die feit dat ek longontsteking het, ek aan die begin-fase van Emfiseem is.  Ekke wat maar 39 jaar oud is.  Ek ken nie eintlik die oom dokter nie maar ek skree toe sommer:  “Fuck me sideways!” Nou toe nou!  Dit is wat gebeur as jy op vyftien dink jy is ‘n mêrrem en begin rook.  Want dit is mos “kief” en “cool”!  Tsk!  En, terloops, ek kén Emfiseem.  My ouma se suster is oorlede met ‘n suurstofbottel langs haar.  Dis ‘n lelike siekte.  Vieslik!  Jy versmoor jou dood…  Lank en stadig en pynlik…  Vir jouself en almal om jou.

By die huis gekom het ek ‘n laaste sigaret gerook en verskriklik gehuil.  VERSKRIKLIK!  Dit is vandag Vrydag. Ek is steeds op antibiotika maar elke sekonde is ‘n marteling.  Regtig.  My linker-hand reik die heeltyd uit na niks.  Níks…  Wat moet my linkerhand nou doen?  Snot pik?  Met my tiet speel?  Ek kou Stimorols, drink groentee en suig aan selderystokkies.

Snaaks genoeg het ek met albei my swangerskappe ophou rook sonder “fits and fiddles” maar die Mister sê dit is omdat ek opgehou rook het met die oog om weer te begin rook.  “Keep your eye on the prize!  Lekker Kent Menthol’tjie as jy uit die hospitaal ontslaan word!  Byt net vas…”

Ek het gister uiteindelik my Plan-A dokter in die hande gekry en gaan hom vanmiddag sien.  Ek soek ‘n tweede opinie aangaande die Emfiseem en hy sal vir my moet help met nikotien verplasingsterapie of iets.  Nikotien-verslawing is nie net bloot ‘n slegte gewoonte nie.  Dit is ‘n VERSLAWING en my kop sê vir my:  “Kommaan ou girl!  Jy kán deurdruk!  Ruik hoe lekker ruik jou klere en hare!”  Maar my liggaam sê:  “Teef!  Hey, teef!  Hoe lyk dit met ‘n paar lekker pulle daar?!”

Ek suffer, man.  SUFFER!  Soos ek hier sit sal ek teeblare óók rook!

My wilskrag hang aan ‘n draadjie…

b270655ae68f706cc99e5bff00d4465a

8 thoughts on “Puffity-puff…

  1. Hoor by die dokter van Zyban … 3 maande later en jy is ok … tot jy weer een aansteek. Daar is nie iets soos ‘n eks-roker nie, dis soos drank. Hoop dis nuus is beter.

    Like

  2. Man, ek vertel jou. ‘n Maand nadat die van Helsdingen my forseer het om op te hou rook, toe begin my smaak terugkom. Daai linkerhand (wat nou mos nou net staan en idle) stop my gevreet met alles wat lekker is, so vinnig as wat my kakbene kan process.
    Vroeg Maart is dit 11 jaar. Ek mis my pyp. Ek mis my kamele. Maar my asem en my klere en my mouterkar ruik so lekker…en as jy my nou wil ontvoer gaan jy some heavy lifting moet doen. Wen-Wen!

    Sterkte né. Daai issie maklik nie. Ook nie lekker nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s