Champix, marmotte en “hot-flushes”…

Ek het Saterdag met Champix begin en ál newe-effekte (sover) is lelike naarheid en snaakse drome (ek het gisteraand gedroom ek gaan koop sexy lingerie en marmotte met tuxedos is winkel assistente – I shit you not!?).  O, o!  En hot-flushes.  Soos in erg!  Maar dalk is dit die homone.  Ek moet die einde van die maand vir jaarlikse spread-and-squeeze gaan dan sal ek sommer hormoon-toetse laat doen.

Volgende Maandag moet ek gaan vir die X-strale om te kyk hoe my longe lyk.

Volgens my dokter en die ingeslote pamflet kan ek ‘n week of twee ophou rook nadat ek die Champix begin gebruik het, maar ek druk deur en rook nie.  Dit is nog te vroeg om te sê of die medikasie die rook-lus onderdruk so ek wag maar geduldig.  Ek eet maar ‘n ou Feta-kasie of ‘n ding as die lus my pak en ek bly weg van stimulante soos koffie, Coke en drank (Vir nou!  Want dit is óf rooiwyn óf die sigarette wat moet waai – nie albei nie!  Ek voel ‘n veer vir die koffie en Coke…).  Ek is net skeit-bang vir my geestelike toestand sáám met die Champix maar my dokter sê hy dink ek sal dit maak met die Venlor saam.  Dit beter, want ek wil nie weer in die groen-dakkies beland nie.  Waar sien jy hospitale tap jou mediese fonds en jy moet jou eie bed opmaak en die enigste TV is die een in die gemeenskaplike saal?  En jy mag nie in die bed eet nie, maar in ‘n eetsaal!  Nee, kak!  En buitendien, dáár rook ‘n ou dat die kak wit sit, hoor!   Mens moet net, jy kan nie anders nie…

Die Mister het ook besluit om maar die rokery te staak en gaan Woensdag die dokter sien vir ‘n voorskrif.  Ek dink my man lief my eintlik, hoor!  80% Van ons vriende rook nie (of het ook opgehou) so ons kry baie ondersteuning.

My ma ondersteun my egter nie so baie nie.  Toe ek swanger was met die Tiener (ek het met albei my swangerskappe opgehou rook) het ek en sy hoeka eendag van die see afgekom, maar sy rook ‘n ding blou, hoor!  Die een sigaret ná die ander in die warm kar en ek sit daar, skeit-naar met my grote pens.  By Oranjeville se brug toe moes sy stop vir die aankomende verkeer en daar begin ek haar uitkak:  “Ma is dônners selfsugtig!  Wil ma hê en moet ma se kar bekots?!”  En sy druk daai rooi ge-cutex’de nael in my gesig en kak my terug uit:  “Ek het nie gesê jy moet ophou rook nie!  Bleh, bleh, bleh…”

Ek gaan net my gat aan haar afsmeer.  Ek doen dit nie juis omdat ek wil nie, maar omdat ek móét.

Soos my oupa vanoggend  gesê het:  “Jou ma se moer!”

 

tuxfront.jpg

5 thoughts on “Champix, marmotte en “hot-flushes”…

  1. Is dit net ek wat vashak by die marmotte in tuxedos? Ek lag nou dat die trane loop. Man, dit maak my dag. Byt vas met die rook ding. Jy gaan vir eers almal opdonner en dan as die drug uit is, is hy uit en jy kan proe wat eet jy. Hopenlik is dit nie soos ek wat toe eers geproe het watse kak kos ek maak nie 😉

    Liked by 1 person

  2. Werklik, julle is nou almal vir my snaaks. Ek lees met groot oë oor die rokery gedoente, dit klink vir my baie rof om op te hou. Alhoewel ek nog nooit ñ sigaret in my mond gehad het nie, het ek met ñ pa groot geword wat soos jou ma kon rook.En het ek gesien hoe sukkel hy om te stop. Jy is braaf, en dit klink of jy vasbyt en dit maak. Wonderlik. Sterkte, ook met die hallusinasies.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s