Omkoop-en-opmaak…

Gister in Chekers toe staan daar ‘n jongerige ou voor my in die tou.  Ek kyk so na die bos pienk rose en teddiebeer groter as die Laatlam en sê skaamteloos vir hom:  “Óf jy het Pa geword, óf jy het kak aangejaag…”  Hy antwoord my toe so ewe skaam:  “Ja, ek het kak aangejaag.”  Ek dink so by myselwers hoe klein bietjie dankbaar ek is vir Vader Tyd want wát moet ek nou op mý ouderdom met ‘n teddiebeer maak?

Soft Toys was nog nooit my ding nie…  Op hoërskool het ek met ‘n outjie uitgegaan waarvan my ouers níks gehou het nie.  “Hy is kômmin, man!  Hy kom haal jou dan met ‘n Taxi om jou fliek toe te vat!  Hoekom kan sy pa julle nie vat nie?”  Soos gewoonlik het ek my eie hart gevolg… want mense wat taxi’s kan bekostig het eintlik geld!  Is mos!?

Ek en Louw het een dag ‘n lelike uitval gehad.  Die volgende dag toe wag hy vir my by die skool se hek, drie OK-Bazaar sakke in die hand. “Dis vir jou…” Daardie drie sakke was prop-vol soft-toys en ek het dit vreeslik vreemd gevind.  Ek meen, een soft toy’tjie is seker genoeg vir ‘n opmaak-geskenk.  Maar dríé sakke vol?  Oi!?  Toe ek vir hom vra waar hy al die goed kry toe verduidelik hy vir my dat hy hulle almal gevang het in daai masjiene waar jy geld ingooi en dan die tang so moet manoeuvre om ‘n goedkoop stuk fluffy kak van China (destyds nog Hong Kong) te vang.  Noudat ek daaraan dink, vermoed ek dat hy eerder êrens ingebreek het.  Mens hoor mos maar baie stories nádat die liefde geroes het.  Regte blerrie juvenile gewees!

Een middag toe kom Louw na my huis toe.  Ek onthou dit só goed.  Ek het nog in ‘n funk gegaan want dit was ‘n Donderdag en ek mag nie in die week kuiergaste gekry het nie.  “Ek gaan net vyftien minute bly… belowe.  Dan kom die taxi my haal.”   Ons het buite by die swembad gaan sit en hy het diep in my oë gekyk.  Hy vertel my toe dat hy college gelos het en Migdal (waar de moer dit ookal op die map is) toe trek om konstuksiewerk te doen.  Ons het toe uitgemaak en betraand afskeid geneem.

‘n Bietjie meer as ‘n week daarná toe kry ek sy niggie by ‘n skool sokkie en ek vra haar hoe dit met Louw gaan daar in Migdal (fok, bestaan die plek ooit?).  Na afleiding van die uitdrukking op haar gesig kon ek agterkom dat kak afgegaan het waarvan ek geen clue het nie.  “Nee dolla.  Louw het stront aangejaag!  Hy het een aand by die club gaan kuier en ‘n vyftien-jarige girl met die naam van Ragel de Beer (tue story) opgetel en haar in sy pa se kar beetgekry.  Sy is swanger en hulle moet trou.”

My eerste gedagte was dat, die ÉÉN fokken aand wat hy sy pa se kar leen en nié ‘n taxi hoef te vat nie, jaag hy kak aan!  Een moerse tranedal het gevolg.  Daarná het ek myself blameer want ek wou nie dat hy naby my blommetjie kom nie toe gaan torring hy aan ‘n ander meisie s’n.  Tóé gaan ek deur die bemoerdheid stadium waar ek die soft toys wat hy vir my gevang (of gesteel) het met darts gegooi het.  Toe gaan ek aan met my lewe… soos dit hoort.

Ek en die mister het net so ná Kersfees ‘n uitval gehad.  Ek kan nie eers onthou waaroor nie.  Al wat dit kon wees, is dat hy homself weer intellektueel verhewe bó my gehou het want dit is al waaroor ons baklei.  Hy het soms die lelike gewoonte om te dink dat, omdat hy ‘n graad het en ek níé, hy my intelligensie kan onderskat en dit pis my gruwelooslik af!

Die volgende oggend toe ignoreer ek hom soos ‘n stopstraat.  Dis hoe ek rol.  Ek gaan slaap kwaad vir hom en ek praat vir ‘n dag nie met hom nie.  Die huweliksberaders sal nie saam stem nie maar dit werk vir óns (die mister weet dit nog net nie).  Dis net, ek kan so ongelooflik fokken VIESLIK raak as ek kwaad raak dat ek nie verantwoordelikheid kan vat vir wat uit my mond kom en vir dit wat volg nie.  So, dan bly ek stil vir so ruk en dink so bietjie oor die hele scenario.  MAAR!!! Maar… as ek my stilstuipe breek, dán praat ons wel.  Soos beskaafdes.

ANYWAY… (ek raak nou langdradig).  Later die oggend bring my man vir my ‘n boksie, mooi toegedraai in geskenk papier, kantoor toe.  ‘n Kiss-and-make-up geskenkie.  Ek loer hom so sideways terwyl ek die geskenk oopmaak en Ta-raaaaaa!  ‘n Fan.  Soos… ‘n Waaier. Daai kleintjies wat jy in die USB port indruk.  En nee, dit was nie bedoel in ‘n grap soos:  “My liewe vrou… jy moet bietjie afkoel” nie.  Die mister het net nie ‘n clue nie!

Baie, BAIE eienaardig!

b3ca1ec4b0b824fa489acd1d6d21cf8c

Dan dink ek aan Louw met sy simpel soft toys.  Aan ál die ander met hul angeliere (ek HAAT angeliere!), parfuum, DC’s en ander bederfies.  Ek dink aan my eks man wat rondgeloop het en al sý opmaak-geskenke:  Juwele, selfone, ‘n kamera, ‘n Cricut masjien van oor die R5 000, ruikers, spa-treatments, skoene, sonbrille…  Materiële dinge sodat ek alles gelate moes aanvaar …  Hush-money…

 Ek soek níks in ruil vir vergifnis nie.  Werk net aan jouself en probeer om nie oor en oor dinge te doen wat my moer strip nie.  Capish?  Heh?

Ek kan sweer ek het die ander dag vir Louw op die R59 sien hitch-hike… Die taxi-dae seker long gone…  Ek wonder of die taxi soms die getaway-car was?

4 thoughts on “Omkoop-en-opmaak…

  1. As ek die hel in is en jy bring vir my n bos blomme, is daar net een plek vir hulle – die asblik.
    Ek kry ook stilstuipe en gaan slaap ook kwaad. Ooo eks baie lelik as ek kwaad is. Dis baie beter vir mense as ek eers afgekoel het!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s