Enter Bitch-Mode…

O dônnertjie tog… hier kom ‘n ding, HA, HA!  Die Champix begin nou inskop, so julle gaan heel moontlik ‘n rukkie nie van my hoor nie want dalk gee iemand my aan by die Human Rights Commission…  dit is mos nou die “in-ding”.  Ek is besig om teen 220km per uur in bitch-mode te gaan…

Vanoggend toe staan ek op so befoeterd soos kan kom.  En ek is moeg.  DOOD-moeg.  Nie uitgeput nie.  Slaap-moeg.  As dit nie was vir al die op-en-af ryery wat vandag vir my wag nie, dan was hierdie bank in my kantoor my voorland.  En glo my, hy slaap baie lekker!

a4e24c03b91087079b48a61d769ea051.jpg

Ek het hom nog destyds gaan zooi by iemand wat vir my oupa huurgeld geskuld het.  Ek rol nog soos in die ou dae – ek vat jou shit as jy my nie betaal nie – niks se papierwerk en balju-sake nie.  Ja, ek weet dis onwettig.  Net ‘n throw-over en ‘n paar mooi scatter cushions en hy is slaap-waardig.  Maar nie vandag nie.

Ek het toe Maandag X-strale laat doen en die dokter het my gebel vir nog ‘n afspraak.  Hy is nie baie gelukkig nie.  Moontlike COPD (emfiseem) en letsels op beide longe.  Ek het gaan lees oor die COPD en my oge uit my kop uit gehuil, maar weereens – ek besef dat dit my eie skuld is.  It is what it isHoney Boo Boo se fieta Mamma June se gunsteling sê-ding.

Die een of ander gom-snuifer is vanaf die naweek besig om vir hom ‘n lekker plakkerskampie in te rig voor ons kantoor.  As ek soggens by die werk kom, dan het hy al gat skoongemaak en dan los hy al sy bokse en koerantpapiere en kak net daar en ons moet skoonmaak.  En hy pis sommer so halwe meter van sy “bed” af.

a7179f3402b2b63a5e976d8385a19482.jpg

Mens pis mos nie waar jy slaap nie?!  En die een ruit is poerdes nerdes gekraak en as mens kyk waar die impak was, dan was dit nie ‘n poging om in te breek nie.  Ek reken eerder die ou was gegom en toe steier hy en stamp sy kop teen die ruit.

a3a4874e93da9db745bd1479a689ae1e.jpg

Dit moes een koek-shot gewees het want dit is dik veiligheidsglas en die ruit is gekraak.  Daar was ook bloed op die koerantpapier waar hy geslaap het.  Ek het toe gister die gemors net so gelos en die polisie gebel want dit is nou elke oggend dieselfde storie en hulle het dadelik uitgekom.  FOKKEN WONDERWERKE IN ONS MIDDE! Hulle het toe seker deur die nag patrollie gedoen en vanoggend was dit duidelik dat ons gom-snuiwer nie gisteraand daar geslaap het nie.  O, en die polisie het die munisipaliteit gevra om dadelik die gemors voor ons kantoor te kom skoonmaak… EN DIT IS GEDOEN!  My kruisie was toe nou nie te versmaai nie, smaak dit my.

Ek wonder nou maar net, met die bemoerdheid saam, hóé ek sou optree teenoor die gomsnuiwer as ek hom in sy “kooi” moet vang?  Met sy gom-bottel langs hom en die reuk van urine.  Fok, ek sal vir hom pepper-spray en bliksem met ‘n sambok.  Dít is hoe ek voel!  Ek wil die KAK uit iemand looi!

Maar, dit moet iemand wees wat sóék daarvoor…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s