Dolle Dinsdag… en ‘n fetish!

Vaanaand gaan my huismense sop kry.  Hulle almal se ma’s se moere!  Verskoon asseblief as hierdie skrywe gepeper is met spelfoute maar ek is moeger as ‘n Durban hawe-hoer…

Ek het ‘n lelike Déjà Vu oomblik Dinsdag gehad.  Hier by 9:30 toe lui my selfoon en ek sien dit is die kleuterskool.  Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde dink ek aan die dag toe daai einste kleuterskool my bel met die nuus dat daar ‘n voorval was en dat ek die Tiener dadelik moet gaan haal.  Om ‘n lang storie kort te maak, sy het vir ‘n maatjie weg gehardloop, in ‘n paal vasgeneuk en haar gewrig gebreek.  Sy was dieselfde ouderdom as wat die Laatlam nou is… Ek sweer ek wóú nie my selfoon antwoord nie!

Soos die duiwel dit wou hê, het die Laatlam óók haar gewrig gebreek.  Op twee plekke.  Nogals die “slim hand”.  Soos wat dit klink het sy per ongelik ge”trip”, maar sy vertel ‘n ander storie.  Volgens die Laatlam het die maatjie haar enkel vas-gegryp terwyl sy gehadloop het en toe val sy.  Voila!  Gewrig moer-toe!  Die maatjie se ma moel vreeslik kak maar ek wil nou niks meer weet nie.  Wát ookal gebeur het, dit was ‘n ongeluk.  By the way, die Laatlam het nou haar les geleer want as ons twee saam bad en ek wil uitklim dan moan sy want sy wil altyd hê ek moet nog ‘n rukkie bly.  Sy het die lelike gewoonte om my dan aan die enkel te gryp… amper al ‘n paar keer my gat afgeval.

Ek en die Laatlam is toe in die Jeep oppad hospitaal toe en ek wil net kots want die handjie lyk ál te aardig en misvormd.  Kyk, skree kan daai kind skree.  Die naaste privaat-hospitaal is berug vir swak diens, maar hulle was baie flink met die X-Strale en alles wat daarmee saamgaan.  Ons is tjoef-tjaf gehelp want die Laatlam was besig om die pasiente te ontstig… dink ék.

Ná die X-Strale moes ons jaag na die buurdorp om ‘n Ortopeed te gaan sien want dié plek is so faktap dat die professionals nie naby ons wil kom nie.  Kak dorp.  Kak mense.  Kak Hospitaal.  Kak salaris…  Ek baklei gereeld met my oupa:  “Waarom het julle jul heil hier kom soek?  Kyk na hierdie plek!  Nou sit ons hier opgeskeep!”

By die Ortopeed gekom, toe wag ons so halfuur met die Laatlam wat toe al skree soos ‘n hyena met ‘n tand abses.  In die spreekkamer gekom, kyk ek die mannetjie so:  Muis-vaal koddige mannetjie met grys hare en ‘n brilletjie op sy neus.  En so bietjie aan die suurerige kant.  Maer… o, so maer… As jy die Mister langs hom gaan loop staan maak dan gaan my man obese lyk – en mý man is hoeka so fyn besnede.  Ag shame… ek wou net vir hom ‘n vetkoek en bier gee want hy lyk glad nie happy nie…  Ek sien toe die foto teen sy muur.  Drie laaities.  Orrelpypies.  En ek dink so:  “Kán die ou ooit ‘n knippie vang?  Hy lyk dan so stuck-up!”

Ná ons afspraak met die Ortopeed het alles baie vining gebeur.  Vorms ingevul, ingeboek by die kindersaal, wéér vorms ingevul, geweeg en gemeet en toe ek wéér sien toe stoot hulle my jongste in die teater in.  Só wag ek en die Mister in spanning vir die Laatlam om uit teater te kom.  Dit was die langste uur van my lewe.  Ek het nog vir niemand vertel nie, maar een van die lelike Champix drome wat ek gehad het was dat my kinders doodgaan.  Mens weet nooit wat verkeerd kan gaan onder narkose nie…  My kop het vreeslik met my gelol in daai rukkie.

Nodeloos om te sê het sy all smiles uit die narkose ontwaak.  Nie soos my sussie destyds ná haar mangel-operasie nie.  O, nee!  Sy het daar opgevlieg, haar hospital-jakkie afgeskeer, die Suster op die hand gebyt en onder die bed gaan (probeer) wegkruip.

Om en by 21:00 het die Ortopeed UITEINDELIK by ons uitgekom want ek het gevra dat die Laatlam ontslaan word as alles reg is.  Kyk tjom… toe kom daai Ortopeed mos daar aan met sy scrubs en what not’s en deurmekaar hare.  En ek sien hy lyk gelukkig.  Toe dink ek:  Dié ou smaak nie van die spreekkamer nie.  Nee, hy wil in die teater wees, dís waarvan hy hou.  Dit maak hom gelukkig.  En ek kyk hom so… en mense, ek is getroud en ek LIEF die Mister, maar my hormone skop nét daar in en hoe méér hy praat hoe meer aroused raak ek.  Ek is ‘n siek fokken vroumens, ek wéét!  Dis mos nou die lelikste groen, daai jakkies!  En die hoedjie en goeters wat hulle oor hul skoene moet aantrek…  Ek weet nie wat is dit met my nie.

Toe ons uiteindelik ná tienuur oppad huistoe is toe vra ek die Mister wat die Ortopeed gesê het.  “Maar sweetie, jy was mos daar…?”  Ok, whatever…

Die Laatlam is dood-dollies maar sy slaap sleg in die aand want sy het pyn.  Ek is so moeg dat ek vanoggend voor ‘n trok ingery het.  Hy het my net-net gemis…  Fok!  Ek móét seker ‘n doel hê in hierdie lewe.  Al is dit net om kinders met gebreekde hande se holle af te vee en te perv oor dokters in scrubs…

Weet iemand waar ek ‘n teater-outfit kan koop?

2383572.png

6 thoughts on “Dolle Dinsdag… en ‘n fetish!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s