Operasie reg-ruk…

Dit gaan goed. Wag, laat ek dit eerder nie hardop dink of sê nie.   Wat sê my vriendin altyd?  “Ek voel content…”  In balans?

So paar dae ná die Laatlam se atletiek-insident het ek en die Mister ‘n ernstige gesprek gehad.  Ons stamp lelik koppe oor die Laatlam se opvoeding en dissipline.  Ek is die streng een wat glo in roetine en struktuur (behalwe naweke, dan kan mens mos bietjie negotiate).  Hý is weer ene wat glad nie sy stem verhef nie en toelaat dat sy dogtertjie oor hom loop.  Ek glo dat die plat-hand op sy tyd wondere verrig en hý glo weer dat pakslae grens aan mishandeling. Dit irriteer my so!  Dan sê ek vir hom:  “Kyk hoe awesome is ek!  Ék is gebliksem as kind!”

Ons het mekaar halfpad ontmoet en ooreengekom om ‘n paar basiese reëls vir die volgende drie maande vir die Laatlam  neer te lê om te kyk of dinge dalk beter gaan.  Nie moerse goed nie.  Baby-steps.  Die hele huishouding kan nie omvêr gegooi word vir ‘n vierjarige nie.

Ons klink soos regte asshole-ouers maar dit gaan beter.  Sommer baie…

  • Geen lekkers, chips, koekies en kak tussen maaltye nie. As sy honger is dan kan sy ‘n vrug of yogurt kry.  Ná aandete kan sy EEN lekkerny kry.
  • Ons koop net Saterdae ‘n 2 liter gaskoeldrank. Dit is die gaskoeldrank vir die gesin vir die week.  Verder kan sy melk, water, tee of vrugtesap drink.
  • Die Laatlam se kamer is haar enigste “angry-zone”. As sy wil huil van woede en kwaad is, mag sy dit slegs in haar kamer gaan doen en geen ander vertrek in en om die huis nie.  As sy haar stem teenoor ons verhef dan vat ons haar ook onmiddelik na haar kamer toe.  Ons wag nie tot dit eskaleer in ‘n volslae cat-fight
  • Sy mag vir ‘n maand glad nie saam met ons winkels toe gaan nie omdat sy haarself nie kan gedra nie. As dit weer gebeur, dan word sy vir nog ‘n maand ge-“shop-ban”.
  • Etenstyd is etenstyd. Bad-tyd is bad-tyd en slaap-tyd is slaap-tyd.  Soos ek genoem het kan mens naweke so bietjie onderhandel.
  • Met bad-tyd dan begin ons die geraas in die huis afskaal en ligte sagter stel. Teen die tyd dat sy klaar gebad is, is sy baie rustiger en reg vir haar bed-tyd stories.
  • Ek het ‘n klomp van my kuns-goeters, verf, embellishments, glitter, krale, gom en papiere uitgehaal en vir haar gegee om haarself besig te hou. Sy kan vir maklik ‘n uur haarself so besig hou.

Vir eers is dit ál aanpassings wat ons gemaak het maar die verskil in haar gedrag is merkwaardig.  Ons beleef nou net so een keer elke tweede dag ‘n uitbarsting en sy gaan nou selfs na haar eie bed toe as sy in die aand moeg raak – ons het ons bed weer terug!

Die kind is baie eienaardig…  ek sien die laaste tyd op haar dresser lê klein stukkies papier wat opgeskeer is en dan gooi ek dit weg.  Later lê daar weer flentertjies papier.  Ek hou haar toe dop.  Sy vat ‘n vel papier, skeer hom en sit die papiertjies op die tafel in haar kamer.  Later, as sy weer in haar kamer kom, dan skeer sy verder… tot daar net piepklein stukkies papier oorbly wat ek dan weggooi.  Dan begin sy net van voor af.  Ek weet nie… dalk is dit haar manier om stoom af te blaas.  Maar, sy lyk gelukkig en dit is al wat nou saak maak.

Dalk is daar is tog ‘n liggie in sig!

 

7 thoughts on “Operasie reg-ruk…

  1. Dit is beslis n baie goeie begin, dalk is nog veranders nie nodig nie, ek dink hierdie behoort defnintief te werk.
    Snaaks die papiertjies wat sy so skeer. Ons het spoeg en plak gedoen en die papiertjies so klein geskeur en geplak, weet jy waarvan ek praat, miskien moet jy vir haar van daai papier kry met die gom agter dan kan sy skeur en plak.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s