Korttermyn planne vir ‘n suur gemoed…

Howdy, my papawers!

Met die wat ek opgehou rook het en die Laatlam se drama was die jaar vir my sover baie kakkerig.  Om nie te praat van die politieke situasie in ons land nie.  Fokkit!  Dit is makliker om ‘n Chappie uit King-Kong se holhare te kam sonder om ‘n p-klap te kry as wat dit is om van ‘n korrupte leier ontslae te raak!

17554141_1419172171478149_6644711209344198938_n.jpg

So met die depressief’geit besluit ek toe om ‘n paar events vir die jaar vorentoe te beplan.  Net om myself so bietjie op te beur want dit voel of ek my polse wil afkou!

Later hierdie maand gaan ons klomp vriende weer ‘n bussie en ‘n cooler bag vat – hierdie keer De Vette Mossel (Parys) toe.

vette mossel.jpg

Junie-maand het ons kollegas ‘n 80’s aand by die “Barnyard” in Drie Riviere.  Terloops, die base is nie genooi nie.

58d5152c1a5f7.png

DAN vat ons gesinnetjie sommer ook ‘n langnaweek vir ‘n vinnige wegbreek Clarens toe.  Oulike plekkie gekry by Kiara Lodge.

1.KiaraLodge - Exterior_675x320_crop_50.jpg

Ek wil beslis weer na die “vulture hide” in Golden Gate gaan.  Die Laatlam was ‘n jaar oud toe ons laas daar was – met die dummy nog in die bek en die aasvoëls wat in die lug bo haar kop sirkel.  Skrikwekkend en asemrowend terselle’tyd…

Self-drive-Vultures-Restaurant-10-.jpg

Oktober word ek veertig en die Mister dring aan daarop dat ek ‘n partytjie hou.  Ek het besluit op ‘n “Glam Rock Party”.  Te fokken kief vir woorde!

Einde Oktober trou my sussie en sit ons af Langebaan toe.

33939b98443b20f2321a7249e3ecfefc.jpg

Ek is nogal kriewelrig daaroor want dan sien ek my stiefpa weer… maar dit gaan nie hier oor my nie.

Desember se vakansie in Diaz Strand is geboek!

diaz.JPG

Ek dink dit is genoeg om ‘n smile op my gevreet te sit!

6 thoughts on “Korttermyn planne vir ‘n suur gemoed…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s